Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die groep het voor die departement van onderwys se gebou gestaan en het later na Albertina Sisulu- en Eloffstraat beweeg.
Volgens berigte is die leerders nou by die provinsiale wetgewer se gebou. Minnaar sê die groep maak hulself glo aan wangedrag skuldig deur straatsmouse se stalletjies te vernietig.
Vier kinders is intussen na ‘n hospitaal geneem nadat hulle glo deur winkeleienaars aangerand is. Minnaar sê die winkeleienaars het die vier seuns glo aangerand nadat die seuns hulle winkels of stalletjies geplunder het.
Minnaar sê daar is nie toestemming gegee vir die optog nie. Hy sê hulle hou die situasie dop.
Volgens berigte is die studente-organisasie Cosas verantwoordelik vir die optog. Dit is egter nie duidelik waaroor die leerlinge betoog nie.
- Foto: @Willie_Venter/Twitter
- Foto: @Willie_Venter/Twitter
- Foto: @Willie_Venter/Twitter
- Foto: @vanschalks/Twitter
- Foto: @vanschalks/Twitter
- Foto: @UlrichJvV/Twitter
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Julius Malema het hulle mooi geleer.
Ja, en word een of meer geklits deur ‘n rubberkoeel is almal verkeerd behalwe die vandale.
MARIETJIE: Ek wonder of Malema nie die voorbok is nie – aanhitsing ?
Trippie – dis presies wat hy doen met sy uitsprake en alewige opruiende optrede. Die jeug sien dit en volg sy voorbeeld.
Ons het die kinders uit ons kantoor venster dopgehou….hulle gesien hoe hulle velle ‘airtime’, hoender en koeldranke bgryp en weghardloop…van vroeg af leer die klomp om soos ongemanierde brokkies aan te gaan! Wonder net wie hulle rolmodel is?
Dis net te verstommend hoe sake gedurende die afgelope sowat 20 jaar in Suid-Afrika onder swart-bewind verander het – selfs skoolkinders staak en betoog in hul duisendes in opruiende wyse buiten al die eise wat hulle aan die Owerhede stel. En die ergste is dat hierdie wettelose optredes geduld word selfs al is daar nie eens toestemming verkry vir die betrokke betoog nie !!