Foto’s: Skoolkinders betoog in Jhb-middestad

Foto: @Willie_Venter/Twitter

Foto: @Willie_Venter/Twitter

‘n Groot groep skoolkinders betoog in die Johannesburgse middestad.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die groep het voor die departement van onderwys se gebou gestaan en het later na Albertina Sisulu- en Eloffstraat beweeg.

Volgens berigte is die leerders nou by die provinsiale wetgewer se gebou. Minnaar sê die groep maak hulself glo aan wangedrag skuldig deur straatsmouse se stalletjies te vernietig.

Vier kinders is intussen na ‘n hospitaal geneem nadat hulle glo deur winkeleienaars aangerand is. Minnaar sê die winkeleienaars het die vier seuns glo aangerand nadat die seuns hulle winkels of stalletjies geplunder het.

Minnaar sê daar is nie toestemming gegee vir die optog nie. Hy sê hulle hou die situasie dop.

Volgens berigte is die studente-organisasie Cosas verantwoordelik vir die optog. Dit is egter nie duidelik waaroor die leerlinge betoog nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

Ja, en word een of meer geklits deur ‘n rubberkoeel is almal verkeerd behalwe die vandale.

MARIETJIE: Ek wonder of Malema nie die voorbok is nie – aanhitsing ?

Marietjie ·

Trippie – dis presies wat hy doen met sy uitsprake en alewige opruiende optrede. Die jeug sien dit en volg sy voorbeeld.

Nicolette ·

Ons het die kinders uit ons kantoor venster dopgehou….hulle gesien hoe hulle velle ‘airtime’, hoender en koeldranke bgryp en weghardloop…van vroeg af leer die klomp om soos ongemanierde brokkies aan te gaan! Wonder net wie hulle rolmodel is?

Demokraat ·

Dis net te verstommend hoe sake gedurende die afgelope sowat 20 jaar in Suid-Afrika onder swart-bewind verander het – selfs skoolkinders staak en betoog in hul duisendes in opruiende wyse buiten al die eise wat hulle aan die Owerhede stel. En die ergste is dat hierdie wettelose optredes geduld word selfs al is daar nie eens toestemming verkry vir die betrokke betoog nie !!

Elizabeth ·

Skoolkinders betaal nie belasting en het myns insiens nie juis ‘n sê nie, BEHALWE as hul wil kla omdat hul nie handboeke kry nie. Andersins moet hulle skool toe gaan en LEER. Nie net leer wat voorgeskryf word nie, maar sommer MANIERE en RESPEK vir ander se goed ook.

Marieta ·

Elizabeth, ek stem amper heeltemal saam met wat jy daar se. Skoolkinders behoort agter die skoolbanke. En die belangrikste wat hulle moet leer, is RESPEK en MANIERE. Tuis sowel as op skool. Ek weet baie gaan nou weer se dit is die ouers se verantwoordelikheid om dit te doen, maar as jy in ag neem dat onderwysers in meeste gevalle meer tyd bedags saam met die leerlinge deurbring, as die ouers wat voltyds moet werk juis om die hemelhoe skoolfooie te kan bekostig, dan sal mens nogals verwag dat die onderwysers bietjie meer invloed op die kinders sal he en bietjie meer “effort” moet insit. Maar deesdae is die meerderheid van die onderwysers nog minder in die klas as die leerlinge. Daar is ‘n tekort aan handboeke en ander basiese noodsaaklikhede en die regering maak net verskonings. Ek sou dan juis se die kinders se griewe moet aangehoor word. Maar nou ja, ongelukkig is die voorbeelde wat hul kry van hoe om op te tree, einste die van barbaarsheid. En dit van kastig sogenaamde leiers.

Peter Says ·

Ons Soek, Ons Wil He, maar ons wil nie daarvoor betaal nie, hulle word van jongs af opgelei….

Mariette Manser ·

Dit is skokkend en lagwekkend terselfde tyd. Betoog vir beter onderwys, beter kos, geen disipline, gratis Universiteits opleiding en n Ipad – al wat ek kan se is eish…eish …eish. Maar nou ja in my opinie is ons Demokrasie al lankal iets van die verlede en Kommunisme aan bewind. Verswak die jeug, maak hulle oproerig, en ons het geen toekoms

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.