[Foto’s] Skote klap by betoging in Pta

Foto: ANA.

Foto: ANA.

Die polisie moes vandag rubberkoeëls gebruik om skares uiteen te jaag tydens die optog in Pretoria uit protes teen die groot getal buitelanders in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het gesê veiligheidsmaatreëls is getref om te verseker dat die optog vreedsaam verloop.

Voorvalle van xenofobiese geweld het die afgelope paar weke in Rosettenville in Johannesburg asook in Mamelodi en Atteridgeville in Pretoria voorgekom. Verskeie huise is aan die brand gesteek en talle winkels is geplunder. Altesaam 42 verdagtes is intussen in verband met hierdie voorvalle in hegtenis geneem.

ʼn Groot groep betogers het in Pretoria-Wes se rigting beweeg, ʼn deel van die stad wat grootliks deur buitelanders bewoon word (hoofsaaklik van Pakistan en Somalië).

Vroeër vandag is talle besighede wat deur buitelanders besit word, geplunder en aan die brand gesteek. Sewe mense is in hegtenis geneem in verband met die plundery.

Ná die rubberkoeëls afgevuur is, het die skare enkele oomblikke uitmekaar gespat, maar blitsig weer hul optog voortgesit nadat hulle met die polisie gesels het.

ʼn Groot groep buitelanders het intussen ook ‘n groep gevorm en dit het tot ʼn konfrontasie gelei tussen die twee groepe. Albei groepe het wapens soos bakstene, stokke en knuppels by hulle gehad.

Die polisie het vinnig opgetree en tussenbeide getree. ʼn Polisiehelikopter was ook in die lug te sien.

Een buitelander het op die polisie geskree terwyl beamptes ʼn stok by hom afgevat het. “Ons sal mekaar doodmaak vandag as dit is hoekom julle hier is. Dit is ons huis en ons besighede dié en ons sal dit met ons lewe verdedig. Julle het ons al te lank uitgebuit. Ons is nie meer bang nie!”

Die polisie het vas bly staan tussen die twee groepe terwyl beledigings heen en weer geskree is. Een Suid-Afrikaner het geskree: “Gaan terug na julle tuislande toe. Julle is peste en rotte, gaan weg – ons het julle nie in die land nodig nie. Ons sal julle nou doodmaak. Voertsek.”

Pres. Jacob Zuma het ook vandag ʼn beroep op optoggangers gedoen om nie gewelddadig te raak nie. “Die situasie het baie ernstiger geraak in die lig van die huidige dreigemente van geweld en voorvalle van intimidasie en vernietiging van eiendom wat op buitelanders in Suid-Afrika gemik is,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

Uiteindelik begin die mense op grondvlak die waarheid sien en besef hulle dat hulle van basiese lewensnoodsaaklikhede – soos werk, kos, behuising, elektrisiteit, water, welvaart en voorspoed – in hierdie land beroof word, deur MENSE WAT NIE HIER HOORT NIE!!! Hier in die Wes-Kaap (ten minste, waar ek bly) is daar nog relatief min van dié inboorlinge uit Wes-, middel- en Noord-Afrika, maar dit is stadig-maar-seker aan die toeneem. Wat van daardie ‘scam’ wat ontbloot is êrens in die Oos-Kaap, waar Pakistani’s vir R200.00 vir hulle ‘n Afrika-bruid kan koop en so SA burgerskap kan kry? Ons eie mense het nie werk nie, het nie kos nie, kry nie huise nie ens. ens. omdat sy ‘agbare’ gerespekteerde Zuma eens op ‘n tyd gesê het: “One continent, one country”. O ja, behalwe om so af en toe te hê-hê-hê-hêêêê daar in die Parlement en jaar-na-jaar vrou te vat en kind te maak, kan hy darem nog ander ‘wyshede’ ook kwytraak, soos dat Afrika die wêreld se grootste kontinent is ……

Irene ·

Zuma se hul moet nie moordadig raak nie het hy al iets gese as hulle wit ou mense so martel en dood maak

jaco ·

maar in die volgende verkiesing stem die hele atteridgeville en mamelodi weer ANC. So al hierdie optogte en aanvalle op buitelanders is eintlik verniet. dit dien geen doel nie en niks gaan verander nie.

Charlotta ·

Mooi. Raak ontslae van al die buitelanders. Ons het hulle nie nodig nie. Meer werk vir die Suid Afrkaners

Pik ·

Stadig met kommentaar jou witvel gaan nog dieselfde vra is die land om net n lewe te kan maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.