[Foto’s] Skote klap by winkelsentrum wat pas open

Die polisie en paramedici buite Springs Mall. Foto: Via @tshepomoswa / Twitter

Die polisie en paramedici buite Springs Mall. Foto: Via @tshepomoswa / Twitter

Talle mense is vasgekeer by die Springs Mall aan die Oos-Rand ná ʼn skietvoorval by die winkelsentrum, minder as ʼn uur nadat dit amptelik geopen is.

ʼn Joernalis wat by die sentrum is vir die amptelike opening, het aan Maroela Media gesê die skietery het omstreeks 11:00 plaasgevind.

“Ons het ʼn paar skote buite die winkelsentrum reg by die ingang gehoor. Verskeie polisiebeamptes was kort daarna op die toneel. Winkels se deure is toegemaak en honderde besoekers word nie toegelaat om die sentrum binne te gaan of te verlaat nie,” het sy gesê.

Dit is tans nie duidelik of die skietery met ʼn rooftog verbind word nie. Volgens gerugte is ʼn polisiebeampte, twee klante en een verdagte geskiet. Dit kan egter nog nie bevestig word nie.

Kapt. Thabo Sibuyi, polisiewoordvoerder, het die skietery aan Maroela Media bevestig. “Inligting is nog skraps. Die polisie is op die toneel en meer inligting sal deurgegee word soos dit beskikbaar gestel word,” het hy gesê.

Dit is nie duidelik hoe lank die winkelsentrum gesluit gaan wees nie. Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Magda ·

Kan nie verstaan hoekom storm almal ‘n nuwe sentrum wat oop maak nie. Dis wanneer hulle roof en steel.

LeonC ·

Dis die tweede roof daar. Gister is iincredible connection beroof . N dag voor opening.

Mariana ·

Wat het die bestuur nou te sê?
Vanoggend is die mense verseker dat hulle veiligheid die bestuur se eerste prioriteit is, sekuriteit is kastig opgeskerp, mense moet asb nie bekommerd wees nie!!!

Wat ‘n grap!

Net jammer vir die mense wat met hulle lewe moes betaal vir ander se agterlosigheid!
Sterkte aan al die gesinne wat betrokke is…

Anre ·

Ons land is in so gemors – na regte blameer ons nou die bestuur vir “agterlosigheid” want hulle het die mense nie veilig gehou nie. Maar ons moet eintlik kwaad wees vir die kriminele wat hier die dade doen. Dis hulle wat direk vir al die misdaad en moord verantwoordelik is. Sonder hulle sou dit nie nodig gewees het om extra veiligheid aan te stel nie. Ons leef in aaklige tye.

Stefan ·

Ek was in die middel van die storie. Daars was omtrent 200 polisie/sekuriteitsbeamptes op diens. Hulle was letterlik orals. Selfs waar die skietery gebeur het was daar polisie op daardie oomblik. Probleem is nie die feit dat hulle nie genoeg sekuriteit gehad het nie, maar die kriminele gee nie om nie. Hulle was vasberaat om te roof en niks sou hulle stop nie. Moenie bestuur blameer vir die nie. Blameer die gemors waarin ins land is.

Elsa ·

Sigbare betroubare polisie met honde en perde om booswigte en beplande roof en moorde uit te skake…wanneer luister mense? dan kan daar weer respek kom vir mense,tyd nou hier vir veiligheid eerste

amvi ·

Man los die arme honde en perde. Dis nonsens dat diere die vuilwerk moet doen omdat sekere kreature eenvoudig boos is.

t ·

Dis nou ‘n kans vir die winkels om ‘n paar rand te maak. Hulle kliënte gaan nie gou êrens heen nie.

humor ·

In die lig van die onduidelikheid wat daar heers, die misverstand kan dalk die gevolge wees dat die een breinselkreature n openingsplegtigheid nie mooi verstaan nie. Hulle gebruik net nie klappers maar hardeware.

Ellen Strydom ·

Ek was daar by woolworths toe dit gebeur het. Ons was nie lank vasgekeer nie ons het na die onderste vlak beweeg en by n ander uitgang uitgegaan en het huis toe gegaan. Baie mense aan die anderkant van mall was nie eers bewus van skietery nie en het rustig voort inkopies gedoen.

Louis ·

Dit is wat werkskepping, ekonomiese groei en vooruitgang vir die misdadiger in die land beteken. Hulle is tevrede as ons maar na ‘n afrika standaard daal. Misdaad is lank nie meer oor armmoede nie dit is nou ‘n saak van terrorisme teen die land en sy mense. Indien die regering dit nie so gaan hanteer nie sal dit vererger

Secret ·

Die land is regtig nou siek verby
Waarlik net God kan ons help!!!

Nico ·

Wonder of hulle n gee vuurwapen TEKEN buite op gehad het. Net soos die skelms sien en my wettige vuurwapen ook nie die tekens nie. Want niemand daar binne kan my en my gesin beskerm nie. Daaie tekens is gewoonlik net vir die wettige eienaars.

Louis ·

Dit is wat die misdager voel vir vooruitgang, werkskepping en ekonomiese groei. Misdaad in SA gaan nie meer oor armmoede nie maar eerder om die samelewing te destabiliseer. Die misdaad in die land is ‘n terroriste aanval teen ons mense en die land. Indien die regering dit nie so gaan hanteer nie sal dit vererger en sal ons uiteindelik word soos net nog een van afrka se mislukkings

Marinda ·

Die Mall het ge “open with a bang” – maar ek dink nie dis die tipe “bang” wat die bestuur voor gehoop het nie.

Tanya ·

Dis vreeslik.. so bly oom Hennie is okay en dat hy ongedeerd daar uitgestap het. Kan nie die Here genoeg dank nie.

Koeks ·

Die eienaars het baie hard gewerk om die Mall n sukses te maak. Daar is iets en iemand agter die skerms wat die Mall wil laat flop…

Murtle ·

Ons woon in n land waar kriminele meer regte het as ons. Moord,roof n AllerhandeBose Dade normals is.

onbekend ·

Ek is bly oor die mall dankie. Mens is nerens veilig nie nie eers in jou huis nie daar is en is nou nog baie polisie maar as hulle wil steel dan doen hulle dit niemand kan hulle keer nie want hulle kom niks oor nie. Al wat ons mall kort is n game en ster kinikor vir die kinder

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.