[Foto’s] Skote klap tydens kitsbankontploffing in Pta-Oos

Die misdaadtoneel. Foto: Bull Security

Die misdaadtoneel. Foto: Bull Security

ʼn Pretoriase veiligheidsbeampte is geskiet nadat ʼn groep rowers in die vroeë oggendure ʼn kitsbank in die ooste van die stad opgeblaas het.

French Jooste, woordvoerder van Bull Security, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn onbekende hoeveelheid rowers het omstreeks 02:40 op die Cornwall View-winkelsentrum in Elarduspark toegeslaan en die kitsbank daar opgeblaas.

“Daar was twee groot ontploffings. Ons veiligheidsbeamptes het gereageer en met hul aankoms het die groep op die reaksievoertuie losgebrand,” het Jooste gesê. Jooste het gesê die groep was goed opgelei en op die voertuie gevuur “om kopskote te skiet”.

“ʼn Veiligheidsbeampte is in die arm geskiet en drie voertuie is beskadig.”

Paramedici van Netcare 911 het die veiligheidsbeampte, ʼn werknemer van Bull Security, op die toneel behandel en na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem. Sy toestand is stabiel. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Jooste het gesê die groep kon daarin slaag om te ontsnap. Dit is nog nie bekend of daar enige geld gesteel is nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genade ·

So dankbaar vir sulke ongelooflike manne soos dié van Bull Security. My kinders was heeltemal ontstig deur die geraas en die aanhoudende geweervuur, maar my jongste het gesê: “gelukkig is Bull Security daar”. Ironie dat sy nie eers gedink het aan die polisie nie…ek dink nie ons het eers ‘n enkele sirene gehoor nie. Wel gedaan, French Jooste en jou span!

Lana ·

Ek is ook wakker na die eerste ontploffing… het gele en vlak asem haal toe die skote begin afgaan. Dankie aan Bull Security… na die ontploffings was dit n kwessie van n paar minute voor hulle daar was. Vanoggend 5uur toe my man oppad werk toe is het hy laat weet alles is nog toe gekamp deur die polisie. Ons dink aan die sekuriteits man wat n koeel gevat het om ons wat snoesig le en slaap te beskerm… Sterkte en n vinnige herstel.

Lida ·

Ek bly al baie jare in Elarduspark en het gemerk dat die hekke of beams wat ookal by Cornwall View na ‘n sekere tyd saans toegemaak word. Hoe het die rowers toegang gekry om 2:40 in die nag? Was die hekke oop of is dit vir hulle oopgemaak? Wonder maar net.

Hoenou? ·

Opgelei om kopskote te skiet? Kyk ek verkeerd? 2 gate in die enjinkap, een laag op die ruit, 2 op passassier, een in die dak…. Klink vir my na spray & pray…. Hoeveel skelms geskiet/gearresteer? Daar is 3 voertuie beskadig, so daar was n hele paar veiligheidsbeamptes.

Sterkte vir die gewonde beampte, hoop hy is gou weer op die been.

Alien ·

Nou die oggend toe hulle weer die OTM hier by ons opblaas was dit ‘n kwessie van “toemaar hulle trek net gou geld, gaan slaap maar weer”. Nie die Polisie of Sekuriteit het opgedaag nie, geen skote en geen sirenes nie. Eerste keer is iemand dood, rowers is erg bewapen, nie jou lewe werd nie.

Zelda ·

Daar is gister ook n OTM opgeblaas in vereeniging . Smaak my dis die in ding deesdae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.