Foto’s: Slang hou MTN-werker ‘gyselaar’

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Werknemer van MTN is Donderdagmiddag in ʼn selfoontoring vasgekeer nadat ʼn slang hom verhoed het om af te klim.

“Die man het in die toring naby die Port-beheerkamer in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, opgeklim,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Toe hy wou afklim, het hy die meter lange slang opgemerk wat sy uitgang versper het.”

ʼn Bestuurder van Netcare 911 is na die toneel ontbied en moes buite die toring opklim om die werknemer te bereik. “ʼn Toureddingstelsel is gebruik om die man veilig na die grond te bring,” het Botha bygevoeg.

ʼn Reddingswerker het later die slang gevang en in ʼn nabygeleë bos vrygelaat.

Dit is nie duidelik watter soort slang dit was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

So het my pa en ‘n vriend jare gelede in die bosveld naby Groblersdal ook op ‘n groot rots met ‘n boom langs opgeklim. Toe hulle wou afklim het ‘n slang homself om die boomstam gekrul. Gelukkig kon hulle ‘n stuk afgeskilferde rots loswoel op die klip en met net een kans is die slang raakgegooi en stadig het hy uit die boom padgegee en hulle het soos blits daar afgegaan grond toe.

Stefaans ·

Ek neem aan hulle het vir hom ‘n skoon onderbroek saamgeneem

Elfie ·

Rene – op die foto van die MTN boom kan jy hom darem opgekrul sien teen die “stam”!

pietertjie ·

En toe is dit nie ‘n geval van ‘n slang in die gras nie

pietertjie ·

En toe is dit nie ‘n geval van ‘n slang in die gras nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.