Foto’s: Sleepwa vol eetgoed toe gesteelde bakkie

Foto: SAPD

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes en beamptes van die departement van paaie en vervoer Woensdag in die vroeë oggendure ʼn bakkie met ʼn sleepwa op die N1, suid van Polokwane in Limpopo, voorgekeer het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voertuig is omstreeks 03:30 voorgekeer en deursoek nadat die polisie inligting ontvang het dat ʼn gesteelde voertuig op die N1 vervoer sou word. Die bakkie het ʼn waentjie gesleep wat hoog gepak was met peuselhappies wat met seile bedek was.

By nadere ondersoek het beamptes gevind dat die “vrag eetgoed” eintlik ʼn grys bakkie was wat op die sleepwa gelaai was en met die pakke eetgoed bedek was. Die bakkie is vroeër in Gauteng gesteel.

Die vier verdagtes, tussen 30 en 40 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklag van besit van ʼn gesteelde voertuig.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jou eens Geliefde Bakkie is onder ‘n plastic sak cheap Kaaskrulle ·

Ek het altyd geweet daardie cheap reusagtige sakke chips en fake kaaskrulle word deur niemand geeet nie. Die Ghost Pops Gang gebruik die sakke met cheap snoeperye om jou eens geliefde en nou gesteeelde bakkie toe te pak om oor die grens te smokkel.

Gemaskerde Sopbeen ·

Mense wil my nie glo nie…..maar jy moet die getal karavane sien wat binne-in shacks toegebou is in Mosambiek….

HPV ·

Suid Afrika, 24 jaar later, hoofstad en speelplek van moordenaars, verkragters, diewe, swendelaars, elke moontlike misdadiger en ons tel voort! As jy winkels wil stroop of my motor met klippe wil bestook dink net ‘n rede uit vir een of ander betoging, Die sogenaamde “beste grondwet ter wereld” beskerm jou as misdadiger, mens kan dit ook Afrika demokrasie noem. Ons as wetgehoorsame burgers moet magteloos staan en kyk hoe verander ons land in ‘n helhool, hoe stort die land oor ‘n afgrond onder leiding van die huidige regime… Sien julle nie wat gebeur nie, of wil julle nie sien nie…?

Creative minds ·

Gee krediet vir die “kreatiewe idee” ha,ha,ha

Dankie SAPD vir jul flinke optrede

IK ·

Briljant!! Selfs ek het té min tussen die ore vir so ‘n plan. Wys jou net dat mens altyd nóg iets kan byleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.