Foto’s: Sneeu in Sutherland

Sneeu op ‘n plaas buite Sutherland. (Foto: Elke Van Wyk)

Bibberweer het sneeu in Sutherland in die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap meegebring.

Sutherland was Saterdagoggend met sneeu bedek terwyl sneeu weer in Matroosberg naby Ceres in die Wes-Kaap aangemeld is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan koue toestande in die suidelike dele van die Noord-Kaap, die suidwestelike binneland van die Wes-Kaap en dele van die Oos-Kaap verwag word.

“Sneeuval word verwag op plekke oor die hoogliggende gebiede van die Wes- en Oos-Kaap asook in die uiterste suidelike dele van die Noord-Kaap.”

Die weerdiens het ook gewaarsku teen swaar reën wat tot Saterdagmiddag in die suidwestelike gebiede van die Wes-Kaap kan uitsak.

Stormsterk winde van 62 tot 70 km/h word tussen Stilbaai en Plettenbergbaai verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Die skape is geskeer. Sonder hul wol-jasse moet hulle die koue trotseer. Volstruisboere doen dit ook.. pluk die volstruise in die winter. Veeboerdery en diereliefhebbery gaan nie hand aan hand nie.

Johan ·

Daai is nie wolskape in die foto nie Cherokee, dis ‘n
Vleisras met kort wol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.