Foto’s: Só lyk Mej. SA se top-15

Sasha-Lee Olivier, die huidige Mej. Suid-Afrika, het Woensdagaand regstreeks op Instagram vanjaar se Mej. SA-semifinaliste aangewys.

Die vroue kom van sewe provinsies, met Gauteng wat die meeste (sewe) finaliste opgelewer het.

Onder die 15 semifinaliste is daar twee mediese dokters, ʼn bemarkingspesialis, internasionale modelle, ʼn voedselwetenskaplike en ʼn aktrise.

Maroela Media het vroeër berig dat vanjaar se Mej. SA-kompetisie later in die jaar sal plaasvind as wat oorspronklik beplan is en dat die publiek vanjaar vir die top-tien kan stem.

Hier is die top-15 in alfabetiese volgorde:

Anazarde Omar (21) het ʼn strategiese kommunikasiegraad behaal. Sy het verlede jaar ook aan die Mej. SA-kompetisie deelgeneem en onder die top-35 geëindig.

Anarzade Omar

 

Aphelele Mbiyo (24) is ʼn bemarker en model wat in Johannesburg woon, maar oorspronklik van die Oos-Kaap kom.

Aphelele Mbiyo

Busisiwe Mmotla (27) is ʼn onderwyser van Emdeni in Soweto. Sy bekwaam haar tans as persoonlike afrigter en is in 2017 as Mej. Soweto aangewys.

Busisiwe Mmotla

Chantelle Pretorius (24) is ʼn model en student van Pretoria. Sy is tans besig om haar BCom-graad deur Unisa te voltooi.

Chantelle Pretorius

Jordan van der Vyver (24) is ʼn internasionale model van Johannesburg wat tans in Durbanville in die Wes-Kaap woon.

Jordan van der Vyver

Karishma Ramdev (25) is ʼn mediese dokter van Chatsworth, KwaZulu-Natal, maar woon nou in Pretoria. Sy was in 2018 ʼn top-12-finalis in die Mej. SA-kompetisie.

Karishma Ramdev

Lebogang Mahlangu (24) is ʼn voedselwetenskaplike van Pretoria wat tans in Umhlanga, KwaZulu-Natal, woon.

Lebogang Mahlangu

Matsepo Sithole (21) is ʼn regstudent in haar finale jaar. Sy woon in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Matsepo Sithole

Melissa Nayimuli (24) kom van Butterworth in die Oos-Kaap, werk by ʼn bemarkingsmaatskappy en woon tans in Johannesburg. Sy het ook ʼn graad in rolprentverfilming en die skryf van draaiboeke.

Melissa Nayimuli

Natasha Joubert (22) kom van Centurion, Gauteng, is ʼn beeldpoetser en eienaar van ʼn sakeonderneming.

Natasha Joubert

Olin-Shae de la Cruz (26) kom van Claremont, Kaapstad, maar woon tans in Bryanston, Johannesburg. Sy is tans in haar finale jaar vir ʼn besigheidadministrasiegraad en het haar eie bemarkingsmaatskappy.

Olin-Shae De La Cruz

Palesa Keswa (23) kom van Sasolburg in die Vrystaat en is ʼn honneursstudent in ekonomie.

Palesa Keswa

Savannah Schutzler (24) kom van Durban en woon nou in Rondebosch, Kaapstad. Sy is ʼn aktrise en aanlyn onderwyser.

Savannah Schutzler

Shudufhadzo Musida (23) kom oorspronklik van Ha-Masia in Venda, Limpopo, maar woon tans in Johannesburg. Sy is ʼn honneursstudent in internasionale betrekking.

Shudufhadzo Musida

Thato Mosehle (25) is ʼn mediese dokter en deeltydse student. Sy woon in Stilfontein in Noordwes.

Thato Mosehle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarah ·

Hier is n paar mooi dames :) Nou gaan dit oor die persoonlikheid en nie net looks nie

katerinadiekat ·

Aphelele Mbiyo en Karishma Ramdev is vir my die mooiste, regtig stunning vroue. Matsepo Sithole en Savannah Schutzler is ook baie mooi.

JohanR ·

Kom ons op MM kies 1, 2, 3 net vir die pret. 3. Natasha Joubert (22) 2. Chantelle Pretorius (24) 1. Anazarde Omar (21)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.