[Foto’s] So verloop Joost-gedenkdiens

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Familie en vriende van Joost van der Westhuizen het Vrydagoggend ʼn kerkdiens bygewoon voor die gedenkdiens wat by Loftus Versfeld plaasvind.

Die gedenkdiens begin om 12:30 en talle mense het reeds by die stadion aangekom om hul rugbyheld te groet. Volgens die program sal Stefan Terblanche as seremoniemeester optree en sal Van der Westhuizen se doodskis deur rugbyspelers wat saam met Van der Westhuizen in die 1995-Wêreldbekerfinaal gespeel het op die veld gedra word.

Gavin Varejes, uitvoerende hoof van die South African Rugby Legends Association (SARLA), Pieter van der Westhuizen, Joost se broer, Francois Pienaar, kaptein van die 1995-Wêreldbekerspan, Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, Amor Vittone, die ma van Joost se kinders, en Fikile Mbalula, minister van sport, is die sprekers.

ʼn Vlagdrapering sal plaasvind waarna die vlag aan Van der Westhuizen se ouers oorhandig sal word en die kis deur familielede van die veld af gedra sal word. Die Bala Brothers, Ampie du Preez, Touch of Class, Sumari Botha en PJ Powers sal tydens die diens optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

#Hartseer ·

Dit is so hartverskerend om dit te sien… My hart huil vandag vir Joost se famielie en daai 2pragtige kinders van hom… Ons weet ons verloor n goeie sportsman maar God wen een goeie sportsman vir my span daarbo… Joost is op n beter plek ja hy gan gemis word verseker… Die trane rol vandag oor my wange snaaks genoeg ek ken hom nie eers persoonlik nie maar ek voel die pyn waardeer sy famielie gaan… Ek het sy tribute (hoop dis reg gespel) gekyk en as hy van sy kinders praat kan jy die seer in sy oe sien… Dit bly n hartseer dag… Sterkte aan die famielie en naaste vriende… Ek weet dat God jul styf vas sal hou vandag en elke dag…

Ammi ·

Alhoewel stupid breinlose mense jou in n honeytrap ingelei het om geld te probeer maak, bly jy steeds die beste nommer 9 ooit. Jy sal altyd onthou word en met respek bespreek word. Se groete vir spiekeries daarbo. Jou familie sal altyd in my gebede wees.

sonja ·

Kon Steve nie maar ook vir ou laas deel van die kunstenaars gewees het nie! Steve jou plek was leeg agter die mikrofoon! Geen Bloubul liedjie vir Joost!

Ondersteuner ·

Aan al Joost se familie en kinders, daar is soveel ondersteuners wat die pad saam met jou gestap het deur die goeie en slegte tye! Ons het jou ‘n lang en gelukkige lewe toegewens, maar weet jy het op die ou end baie meer as net ‘n goue beker gewen! Nie ‘n plek in ‘n top rugby span nie maar ‘n plek in die Hemel. Mag jy rus in vrede en weg van die pers af. Ons weet jou kinders en familie sal deur die Here ondersteun word want dit was Sy besluit om jou weg te neem! Van der Westhuizen familie onthou die goeie tye en hoogtepunte in Joost se lewe wat opgeskryf staan in die geskiedenis boeke!

Dodds Pringle ·

Waarom slegs op DSTV, hy is ons nasionale held, hoekom nie op SABC ook nie. Nie almal kan DSTV bekostig nie. RIP Joost

heksie ·

yes, ek stem nie almal het dstv nie – kan ons dalk n herhaling sien op sabc 2 – maak nie saak hoe laat nie??

zeno ·

Ons almal het `n tyd om te kom en `n tyd om te gaan,maar Joost se dood bly vir my harverskeurend met trane in my oë.

Hannelie ·

Eerstens baie dankie aan Maroela Media wat ons so op hoogte hou. Ons sal vanaand op skottel dit kyk. Baie sterkte aan Joost se geliefdes….vandag kan jul sien hy was oral gewild. Dat hy so jonk moet gaan, maar God se tyd is nie ons s’n. Ons het almal geweet die siekte is uitmergelend en op die einde veroorsaak dit afsterwe….maar sy dood bly nogsteeds vir ons ‘n skok. RIV Joost.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.