Foto’s: Soektog na 6-jarige wat in rivier verdwyn

Foto: Rescue Care Paramedics

Polisieduikers is tans op soek na ʼn sesjarige dogtertjie wat deur die water van die Mlazirivier, suidwes van Chatsworth in KwaZulu-Natal, meegesleur is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, sê polisieduikers, die Durbanse brandweer en die plaaslike metro se soek-en-reddingseenheid is almal op die toneel om na die kind te soek.

“Vier kinders het glo in die rivier gespeel toe die dogtertjie deur die water meegesleur is. Die polisieduikers soek tans in die water na haar,” sê Jamieson.

Die ander drie kinders is ongedeerd.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GM ·

Ai, my hart raak so seer as ek sien hoe ouers nie hul verantwoordelikhede teenoor hul kinders nakom nie. Hoe laat speel jy jou 6-jarige meisiekind in ‘n rivier?

Mads ·

Dit wil ek ook graag weet. Hoe leef jy as ouer met jou gewete as so iets gebeur????
My kinders is my lewe!!!! Dis hartseer.

Onnodig ·

Alle kinders moet op n baie vroee ouderdom leer swem. Weet waar jou kind is.

Elsabe ·

En dit nadat dit so baie gereen het en al die riviere in vloed?????????????????????

waarheid1 ·

Ouers is te blameer – lyk my daar is ouers wat niks voel vir hulle kinders nie. Waarom het hulle kinders gekry wonder ek?
Ek hoop van harte die dogtertjie word gekry en dat sy ok sal wees.

Santjie ·

Mens kan ook nou rerig nie ALTYD die ouers blameer nie. Die kind se ouers werk dalk en was die kind veronderstel om in die veilige sorg van iemand anders te wees?

Santjie ·

Mens kan ook nou rerig nie ALTYD die ouers blameer nie. Die kind se ouers werk dalk en was die kind veronderstel om in die veilige sorg van iemand anders te wees?

Mads ·

Nogsteeds blameer ek die ouers. Sorg dan dat jou kind in VEILIGE sorg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.