Foto’s: Solidariteit stel nuwe Sol-Tech-fasiliteite van miljoene rande bekend

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit het vandag nuwe fasiliteite van sy private tegniese kollege, Sol-Tech, bekendgestel.

Die nuwe geboue en toerusting maak van Sol-Tech nou een van die bes toegeruste tegniese kolleges in Suid-Afrika. Dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit, het as spreker opgetree en gesê internasionale navorsing bewys dat Solidariteit op die regte pad is om opleiding in Afrikaans te verskaf.

Dr. Eloff het voorts gesê hy is beïndruk met die aantal studente wat Sol-Tech, die enigste tegniese kollege in Suid-Afrika met Afrikaans as voertaal, oplei. Sol-Tech, met sowat 1 000 voornemende ambagslui in sy opleidingspyplyn, is nie net een van die grootste tegniese kolleges in Suid-Afrika nie, maar met sy 96%-slaagsyfer boonop een van die beste.

Solidariteit het oor die afgelope aantal jare reeds sowat R34 miljoen in die aankoop van toerusting vir Sol-Tech belê. Die nuwe fasiliteite van Sol-Tech is een deel van ʼn R400 miljoen-opleidingsprojek van Solidariteit.

“Ons glo opleiding is een van die beste maniere om werknemers in Suid-Afrika – en oral ter wêreld – te beskerm. Vakbonde se nuwe rol in die inligtingsera is om hul lede en hul lede se kinders met kennis toe te rus,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HEVW ·

Voorwaar n saak om op trots te wees. My beste wense en baie,baie dankie!!!!!!!!!

Zelna Wassenaar ·

Dis so wonderlik om te sien wat julle doen en bereik! Baie dankie daarvoor. My seun studeer tAns aan n FET kollege en alles is in engels en daar word van hulle punte weggevat deur die departement agv weet nie wat en dit het die gevolg dat my seun sy N1 gepluk het en dit nou moet oordoen. Ek wens so iemand kan ons raad gee en bystaan in die verband. Dit voel so of mens nerens kom vandag se dae en dit maak die tieners baie negatief

Madelene Schutte ·

Fantasties!!! Het so ruk terug vir Dirk Herman op Radio gehoor praat ook oor SA se Ekonomiese probleme en OPLOSSINGS. Ek stem 100% saam met hom, maar SOOS GEWOONLIK WORD ONS AFR, en VERAL WIT MENSE SE STEMME, OPINIES EN SOMMER ONS LEWENS OOK GEIGNOREER DEUR DIE TANS ANC Government. Maar MOENIE VREES NIE, GOD IS IN BEHEER. Die PROJEK is OOK BEWYS DAARVAN. MOOI SO SOLIDARITEIT MANNE, HOU SO AAN. Moeder Madelene

Mike Erasmus ·

My seun studeer by ‘n kollege in Wes Kaap, maar party van die mense wat veronderstel is om klas te gee ken glad nie eers die vak gebied. Werklik onkundig. Dit het gevolg dat hy sy wiskunde moet herskryf. Maar daar is ook weer ander wat uitstekend is in hulle vakgebied. Daar presteer hy weer uitstekend. Ek probeer hom motiveer en ondersteun om te volhard in alles wat hy doen. Hy geniet egter die praktiese klasse en doen uitstekend.
Wens ek kon hom na so instelling soos Sol-Tech stuur. Dan sal hy presteer soos ‘n eersteklas student.

Jurie Kotze ·

Ag dis wonderlik !! Ek kry sommer hoendervleis om te dink daar is wel weer iets soos vroeer tye se “Atlas Aircraft” vliegtuig opleidingskool,of soos ons gese het “Appy skool”.Ons ouer manne het gedink dis maar iets wat verlore is vir ons kinders verder aan en jou waarlik daar is weer herlewing, Wonderlik en aan al die jongmanne (en meisies as hulle ook daar is), Byt vas en werk hard,daar is niks wat jou sal onderkry later nie !!! Beste wense vir die toekoms !!

Gerald ·

Sol-Tech is ‘n oase in die woestyn vir jong Suid-Afrikaners. Dankie Solidariteit vir wat julle doen. Ons sou vergaan het in die RSA as dit nie vir jul earlike, opregte en toegewyde leiers was nie. Hou so aan Flip, jy en jou span is ysters.

Opvallend hoe goed jul jong regslei oorkom. Hulle is op die man af en goed voorbereid.

Baie, baie dankie!

Grassie ·

Wel gedaan, Solidariteit. Hou so aan. Dit is die regte pad om te loop in hierdie land.

Jakes Bongers ·

Dankie Solidariteit! Wat ons Onderwys en die toelating in Tersiere Inrigtings in ons land inhou vir ons, veral Afrikaans sprekende blankes, het my baie benoud gemaak. Wat hou ons land se toekoms vir my twee seuns in? Maar wat julle nou doen, gee my vernuwe hoop en nog meer belangrik, TROTS AFRIKAANS! Baie dankie Solidariteit!

Heinrich Müller ·

Ek is bly om te sien ons kan nog iets goed doen…..Ek weet ons kinders wil leer en hulle maak n sukses van wat hulle doen…..Hulle weet hy moet werk om iewers in die lewe te kom..Ons kry niks verniet nie……Ek help al n paar jaar met opleiding in elektries…ek weet ons mense werk en jy kan hulle gebruik om n land te bou……. Die ander wil sy kwalifikasie verniet hê…..as hy of sy dit nie maak nie… dan is die instrukteurs rassisties… Die wat dit maak is net goed genoeg om iets aan of af te sit….
Ek werk nou in Saudi en dit gaan swaar om hulle te leer….Hier kry hulle geld as hulle gaan leer….maar leer, dit weet ek nie..Hulle het die geld om iemand te betaal om hulle werk te doen…want werk wil hulle nie….Al wat hulle wil doen is om toesig te hou….
Sonder ons en ons kinders sal ons land vinniger agteruit gaan…..Ons het dit in ons bloed om n plek op te bou….ongelukkig kry ons nie werk nie en die wat werk het, herstel net wat die ander afbreek….
Baie dankie vir dit wat julle doen.

Wilma Nel ·

Ag as ‘n ouma wil ek vir SOLIDARITEIT se baie dankie dat ons kinders ‘n AFRIKAANS kan ambag loop. Ons as grootouers van ‘n seun wat ons grootmaak, kan nie wag nie, want hy skryf std 8 en sien so uit om hom in te skryf vir die ambag, want anders weet ons nie wie gaan help voor ons, ons koppe neerle nie. Sal so graag wil weet vir wie kan ons kontak om aansoek te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.