Foto’s: Spoggerig op die staatsrede-rooitapyt

Staatsrede 2020 (Foto: Maroela Media)

Junior en senior lede van die parlement, ministers, politici en ander hooggeplaastes het Donderdagaand op die rooitapyt geskitter voor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede.

Gaste en hoogwaardigheidsbekleërs het reeds van omstreeks 16:00 in Kaapstad by die parlement opgedaag. ʼn Rekordgetal lede van die media, meer as 800 joernaliste, het vanjaar se verrigtinge bywoon.

Net mooi ʼn uur nadat pres. Cyril Ramaphosa moes begin om sy staatsrede te lewer, is die huis verdaag weens EFF-lede wat geweier het om hom te laat praat, tensy die president vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, afdank. Die president het eers ná 20:30 met sy toespraak begin.

Lees alle berigte oor vanjaar se Staatsrede op Maroela Media.

*Alle foto’s deur Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DieKriek ·

Is die polka dot uitrusting n grap? Die pakkie is baie mooi gesny en pas perfek, in elk geval.

Strandloper ·

Die vere maak nie die voëls in die geval…meer n fools game…sou nou sweer dit is n Oscar geleentheid

Lizelle ·

Nar pakke met rooi neuse sou beter gepas het by die sirkus wat daar binne aangegaan het.

antieke antie ·

ek hou van die dasrok…maar die meeste ander wys hulle waardes …. haha haha

Jaco ·

Duur uitrustings. Maar nou ja, met n salaris van R1.3miljoen per jaar, n luukse motor, n vet petroltoelae en n vet onthaaltoelae, lewe ELKE parlementslid mos lekker.

lollapot ·

Paar lagwekkende outfits. . . en GROOT asseblieftog? MOENIE braloos gaan as jy nie redelik bedeeld en ferm in die bo lyfie is nie!

Nell ·

Nee wat al kry jy nou ‘n miljoen + per maand bewys dit maar net weer dat geld nie smaak kan koop nie – en dit geld vir die hele kleur spektrum. Daai dasrok van mev Groenewald vat waaragtig die eerste prys!

Wilhelm ·

Al dra ‘n aap ‘n goue ring…
‘n swerm see meeue het ‘n hoër gekombineerde IK as hierdie lot. Ek is telleurgesteld in die VF+ wat opgedaag het en ook probeer pronk. Die wat wil wys dat hulle gekant is teen die regering, moes dit gedoen het deur weg te bly, nie deur ook te probeer oulik lyk op ‘n rooi tapyt terwyl hulle vertel hoe sleg die ANC, EFF, ens is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.