[Foto’s] Spot gedryf met Bokke ná nederlaag

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Sosiale media-gebruikers het nie op hulle laat wag nie ná die Springbokke se skoknederlaag van 32-34 in Saterdag se Wêreldbeker-wedstryd teen Japan.

Gemanipuleerde foto’s, of meme’s soos dit bekend staan, het kort na die wedstryd op sosiale media begin opduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

gerrie ·

Niks mee fout om bietjie humor by die trane te gooi nie.Klippies en coke maak ook nie als reg nie!

Rynhardt ·

Gistraand se wedstryd was virvmy die hoogtepunt van die jaar en eeu! Vir jare word rugby en die goue beker (moderne “goue kalf) aanbid terwyl ons Afrikaner/Boervolk onderdruk word en geen toekoms mag he nie, maar rugby kan koning kraai! Die Japanese het die “Anc-Bokke” (hul gee hul steun vir Anc-leiers soos Mandela, Mbeki en omstrede Zuma) stukkend gespeel! Ek het die Here gevra om Japan te laat wen! Bok-ondersteuners, jou bokke het nie verloor omdat hulle swak gespeel het nie, hulle het verloor omdat die Here hulle gebreek het! Die Here het gewys dat hy is groter as rugby en die aanbidding van die moderne “goue kalf!”In die bybeltye, toe Moses van die berg kom met 10gebooie, het die Israeliete n dooie, goue kalf gebou en aanbid.Die Here wou hul vernietig, maar Moses het gesoebat en gesmeek! Raai wat? n Groot deel van ons volk is n kopie van die Israeliete.Afrikaner/Boervolk, ons gaan alles verloor in SA, omdat rugby en n goue beker aanbid word.Net opregtes sal kan insien , wat ek se! Die SABC en al sy sogenaamde eksperts was doodstil ggistraand, so ook die klomp grootbekke by Radio Helderber! Radio Helderberg het sopas op nuus die volgende boodskap van Heyneke Meyer oorgedra:”Die bokke gaan nog steeds die wereldkampioen word”.Ek het lekker gelag! Bokke gaan nie wereldkampioen word nie! Japan smul vandag aan heerlike Springbokshusi! Hul se die gereg gaan al hoe gewider raak by die wereldbeker.Raai wat? Dit is ook gewild by my! Te heerlik!

Winston ·

Wonder wie hoor wat jy werklik sê? Ek moet met jou saamstem. Lees maar alles oor die “goue kalf”. Mense ignoreer die waarheid.

GES ·

Siener v Rensburg het lank gelede reeds gesê die Afrikanervolk gaan slae kry oor hulle sportafgod en geldgod. Nou gebeur dit…. Die lewende God is ‘n jaloerse God en verdra nie afgode nie. Wees gewaarsku ……

Jakes Coetzee ·

Jy moet sommer die Here vra om jou bietjie te help spel ook, ou grote. Wanneer mens lief is vir iets, beteken dit nie dat dit noodwendig ‘n afgod is nie. Jy sê jy’t die Here gevra dat Japan moet wen……… maak dit dan dat jy Japanese rugby verafgod? Kry ‘n lewe. @ Ges. In die Bybel staan ook dat jy nie mag glo aan sieners en waarsêers nie. Julle Fariseers, julle witgepleisterde grafte. :) Go Bokke, bring die goue kalf” huis-toe.

GES ·

@Jakes, gaan lees gerus ‘n bietjie oor die lewe van siener van Rensburg. Dit was ‘n merkwaardige man wat baie na aan die Here geleef het. In die volksmond het bekend gestaan as ‘n siener maar was eintlik ‘n profeet vir die volk.

GES ·

@Jakes, gaan lees gerus ‘n bietjie oor die lewe van siener van Rensburg. Dit was ‘n merkwaardige man wat baie na aan die Here geleef het. In die volksmond het hy bekend gestaan as ‘n siener maar was eintlik ‘n profeet vir die volk.

Johan ·

Mnr Meyer dit kry ou nou daarvan as jy met die vorige werldbeker wenners wil ploeg. Neem die tehuis van bejaardes saam en jy word n ressep vir die Jap’s. Sterkte

Sollie ·

Hahaha! Baie goed – “it comes with the territory”!! Nou-ja wakker word, opskud en regmaak wat verbrou is!

Gerhard Bezuidenhout ·

Goedgese Johan en ek is seker dat daarbuite slimmer stutte as Coenie is wat ook n Bok wil wees.

Vic ·

Baie geluk aan die Bloeiseltjies – uitstekend gespeel, julle verdien die oorwinning! En die humor is n goeie manier om te cope – baie snaaks :)

Ook geluk aan die ANC – julle doelwit om die Bokke so irrelevant soos die Bananas te maak is bereik………

Siela ·

Vandat die span aangekondig is wat WB toe sou gaan het ek besluit om hierdie jaar maar liewer my besig te hou met ander dinge…liewers visvang as na d spul pensioenarisse en uitgewekenes en skrumskakels uit d jaar toet.. Die paar spelers v statuur is te min om d res te dra! Almal het gevra waarheen my liefde v rugby heen is… Maar sien hoekom ek so besluit het… Vernedering op vernedering… Mens kan ook net soveel verduur.

Anna ·

Soos met als in RSA gaan rugby ook n stadige dood sterf…RIP

fiki ·

… DA bokkies. dis wat jy kry indien jy transformsie saboteer. Ek glo was daar meer jong gekleurde spelers was het japan slae gekry. nie dai klomp geldbymekaar makers nie.

Philip Hanafey ·

Dit kon snaaks gewees het as dit nie so pateties was nie !

Rynhardt ·

Nee, MJL dit gaan nie oor jy hou van bokke of japan se truie nie.Hy het jou bokke gebreek, want rugby en die goue beker word verafgod! Dit is nie groter as die Almagtige nie! Die res van die wereld is nou ook agter daai goue beker! Springbokshushi gaan nou die hoofgereg word by die wereldbeker!Vir jare word ons mense gespeel met die snert terwyl ons vyande ons ondergang beplan.Die bokke speel om Anc gelukkig te hou, Anc is lankal nie meer gelukkig nie!n Goue beker gaan nie vir ons afrikaanssprekendes beskerm of n toekoms bied nie! Nog minder gaan dit die land op die regte pad plaas!

MJL ·

Rynhardt, ek wil nie in ‘n futiele argument betrokke raak nie. Die onderliggende boodskap in my kommentaar was net dat die God tot wie ek bid, nie een mens bo ‘n ander bevoordeel nie, met ander woorde ook nie een rugbyspan bo ‘n ander nie. Rugby is ook nie die enigste afgod in hierdie land nie. Wat van die TV god? Wat van die duur blink god wat in die motorhuis staan? Wat van die statusgod? Die geldgod? So is daar nog vele meer. Ek het nie gister se wedstryd gesien nie. So, ek het nie bokke nie. Nie die rugbyspelende soort of die vierpotige soort of van daardie groenes wat in die bank lê nie.

E.K. ·

MJL – so ‘n bek moet jam kry! Ai, dat mense so histeries kan raak. Ons God is ‘n God van liefde en Hy is baie besig met RELEVANTE goed. Regtig – om nou te dink Hy het jou gebed vir verloor verhoor? Wat dan van die wat gebid het vir wen? Hy is beslis nie kleinlik nie, dis ‘n menslike eienskap! ASSEBLIEF tog. Hou godsdiens en politiek uit sport. Ek stem wel saam dat daar te veel van rugby gemaak word in SA maar nou-ja elke diertjie het sy plesiertjie en as dit jou uit die moeilikheid hou en saam met jou gesin tyd voor die tv en langs die braaivleisvuur agterna beteken, dan is dit ook goed. Mense moet tog n et onthou dis ‘n sport, nie ‘n oorlog wat gewen MOET word nie. Geniet dit vir wat dit is en vat ‘n pak soos ‘n man en werk aan ‘n plan om te wen.

nig ·

Ai tog… ek dink die is baie snaaks. Laat ons maar kyk wat gebeur – die spreekwoord se mos die beste stuurlei staan aan wal. Elke sportman/vrou/span het ‘n afdag – dalk is dit goed hierdie verloor het aan die begin van die beker gebeur dat die bokke wakkerskrik en kyk waar hul fouteer. Mense is darem vreeslik vinnig om te kritiseer. Ek is nie eers ‘n rugbyliefhebber nie, maar ek wens steeds ons span kan wen of ten minste ver kom, soos ek met alle soorte sport dit vir ons deelnemers wens.

suzette ·

Ek kuier tans in Skotland en ek en my dogter het gisteraand goed deurgeloop onder die Skotte wat saam met ons rugby gekyk het. Dit was vir my n hartseer ervaring om te sien hoe moeg, oud en planloos die Bokke gespeel het. Dit voel vir my of ons beroof is van die een ding wat ons aan die gang gehou het, ons wil en deursettingsvermoe om ons beste te gee! Ek moet egter saam met Rynhardt stem dat rugby ons Suid Afrikaners se afgod is en God is n jaloerse God en sal nie toelaat dat enige-iets of -iemand Sy plek inneem nie!

Pierre Celliers ·

Reinhardt, jy’s in die kol my vriend! Ons moet ons prioriteite reg kry!!!!

HEVW ·

Dit wil voorkom so gaan die son maar onder. Ja beslis tenspyte van al die interneprobleme in ons land is daar die oorbeklemtoning van dit wat nie saaklik is nie. Dit is heelmoontlik dat rugby by n te groort deel van ons volk n afgod geword het daarom ook die verslae gees van teleurstelling wat landwyd heers. In so n geval kan n nederlaag en daarmee saam introspeksie net goed wees. As alles verder net gaan skeefloop dan het die anc politiekegedrewenis beslis in hul doel geslaag, want die bokke was alreeds gevuisvoos met al die politieke wolk wat oor hulle koppe gehang het. Stem saam met die te ou spelers. Daar is beslis moontlikhede van bevoordeling van geldelike gewin. Geld het beslis ook nie naby die motiveringskrag as die van patriotisme nie. Dit is vir my onaangenaam om my lojaliteit met n regering en sy aanhangers te deel wat ondergrawers van my volk en kulturele erfenis is.

ig ·

Ek wonder nou sterk oor die term “Size does matter” en ” N goeie grote is altyd beter as n goeie kleintjie” .Dit laat my ook dink aan die gelag to die Japanese n Toyota Toyopet bakkie in die 60’s uitgevoer het na SA ,die res is geskiedenis.

Theresa ·

Ek dink nogsteeds die Bokke het goed gespeel en voel regtig jammer vir hulle…. Ek dink nie rugby word regtig verafgod nie, ma dink eerder dit was nog die enigste wat oorgebly het wat ons regtig nog ons sin kon noem, ma is ook bevrees dit is besig om ‘n stadige dood te sterf en voel mens meer terleurgesteld oor die feit dat die rolspelers wat die Bokke span soos die Bavana span wil laat lyk, dit gan regkry. Dit is vi my hartseer om dit ook prys te gee soos al die ander dinge insluitend ons taal…….

danie ·

Ek dink daar moet gekyk word na wedstryd knoeiery, daar ia probleme in japan wat die rugby aan betref en hulle moes iets doen om dit reg te ruk, of n hup stood te gee. Wat nou beter as n wen oor die bokke. Ps, dis maar net my opinie.

paul ·

Ek het n duisend rand gewed op die japanners,,,ek is vandag n 100000.00 rand ryker,,,Dankie bokke.. 100 teen 1..wie kan nou nie val vir so n versoeking nie,,,,ek hoor die bokke het hulle deel ook gekry… Hansie het julle mooi geleer,

Dup du Plessis ·

Sê weer: Dr Danie Craven was nog altyd reg – rugby moes nooit amateurstatus verloor het nie. Dan sou daar nie spelers gewees het wat verby hul raklewe is nie ( in vandag se tyd beset een speler, omdat hy ‘n kontrak het, een posissie vir 10, 15, jaar wat baie ongesond is ) In die amateur-dae het spelers net vir ‘n ruk gespeel en dan aangegaan met hul lewens. Kwotas sou glad nie ‘n probleem gewees het nie want net manne wat regtig lief was vir die spel en bereid was om verniet te bloei (nie geld nie) sou gespeel het. Van ons bekendste spelers kom uit die amateur-dae……Frik du Preez, Jan Ellis, Mannetjies Roux, Piet Visagie, Gert Muller, tot so onlangs as Danie Gerber en Naas Botha. Die verskil is dat destyds het die manne vir hul land (volk) gespeel terwyl vandag vir geld gespeel word.

jaycee ·

Die insig oor die geldsake waaroor kommentaar gelewer word, ontbreek my en kan net erken ek was BAIE teleurgesteld en moes maar stilweg ‘n traantjie wegpink. Ek hoop dit sal vorentoe beter gaan met die Bokke. Ai tog.

Corrie Steyn ·

Laat die bokke eerder terugkom, voordat hulle verder verneder word, sekere manse in Suid-Afrika juig oor die nederlaag teen Japan.

Joa ·

Dit was die grootste teleurstelling wat ek nog beleef het in Suid-Afrika rugby. Ons het beter en jonger spelers wat nie gekies was nie. Ek stem saam, vergeet al die ou manne wat vir ander lande rugby speel. Hulle verdien nie meer om ‘n Springbok te wees nie. Gee die ander spelers kans.

Dan ·

Ag nee wat, vandat ek nie meer braai en drink nie, pla rugby my nie meer nie. Jy sien rugby gee vir baie n verskoning om te dop en tjop.

nig ·

Ag nee Dan! Niks lekkerder as ‘n braaitjie nie man! Rugby… nee wat was nog nooit groot ondersteuner, dis daar en sal ek maar ietsie kyk so dan en wan en ‘n wyntjie nou en dan om die spiere los te maak is ook goed, maar BRAAI, ag nee swaer! ;D

Griet ·

Kom ons hoop hierdie was hulle “WAKE-UP” call. Maar ek gaan nie asem ophou nie……….

Frans ·

Hierdie mense hier bo is ‘n klomp stoepsitters wat van Rugby NIKS weet nie. Nou gooi hulle met Godsdiens, Politiek en die ou Rassekaart. Julle moet liewer gaan bowls speel visvang.
Het julle nie gesien dis alweer ‘n maer Franse skeidsregter nie. Ons het twee wedstryde verloor as gevolg van slapgat Franse skeidsregtershierdie seisoen!!!

Cas ·

Dalk waar van die afgode storie selfs Maroela het net ‘n rugby afdeling, niks onlangs gelees van ons atlete soos bv die uitstekende prestasies oorsee van Wayde Van Niekerk ens hier nie. Dalk nie raakgelees maar ja.,..

Lynette ·

Mense, die wat glo daar was geknoei of dat die skeidsregter teen ons was, het julle ooit na die wedstryd gekyk? As die Bokke so goed soos die Japanese op hul verdediging was, het ons nie nou hierdie twak kwyt geraak nie. Die Japs het n pragtige wedstryd gespeel en ek is net so jammer soos julle dat ons nie gewen het nie, maar gee eer waar dit verdien word!!!!

Henry ·

Stem allie pad met jou saam.
Verstommend hoe maklik sommige siele dit vind om klippe te gooi, wanneer dinge nie volgens hul voorkeure verloop nie.
Preke oor afgodery, Goue Kallers, te oud, te veel geld, te veel kroekery, te veel rugby, te veel…
Die Veteroë het beter en meer gemotiveerd as ons ou blommetjies ge-djol.
Stop dit in jou pyp en rook dit my tjaaina!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.