Foto’s: Staatsrede 2019: Gaste kom by die parlement aan

Gaste het Donderdag laatmiddag in Kaapstad by die parlement aangekom waar pres. Cyril Ramaphosa die eerste staatsrede van die sesde parlement sal lewer. Die verrigtinge begin om 19:00.

Die staatsrede sal op verskeie DStv-kanale aangebied word: eNCA, SABC News en kanaal 408, die parlementêre kanaal. Klik hier om die staatsrede regstreeks op YouTube te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Hou daai uitrustings sommer ook vir die Durban July = dis om die draai. Met al die geld wat die Parlementariers maak, kan hul dit dalk verdubbel op die perdjies!!!

Joe Olivier ·

Wonder of statistiek SA ons kan inlig oor materiaal verkope in Febr en Junie. Party van daardie rokke is darem groot en dit kos baie om die lywe daarin te pas.

Pim ·

Verseker. Hoe groter hoe meer kos dit so dis seker goed vir die ekonomie

Pim ·

Ek wil nou nie skimp, skinder of paniek saai nie, MAAR ‘n paar van die tannies se klere pas glad nie by hulle ouderdomme of figure nie! Kan net dink hoeveel hulle vir hulle uitspatseltjies betaal het. Al die geld en dan lyk hulle verspot….

Debbie ·

Liewe aardbodem! Is sommige siele se klere aan die lyf vasgewerk nadat hulle dit aangetrek het? Nee mense! Daar moet pas-spasie oor die boesems en in die sirkus se ringmeester-broeke wees. Als maak knoppe of is platgedruk deur swak-passende “uitrustings”. Argh! Ek skaam my simpel oor wat die wêreld van ons politici dink!

Ekke van PTA ·

Toe ek groot geword het, was ‘n tiener in die tagtigs, het ons geleer dat seuns/mans nie met hulle hande in hulle broeksakke staan nie want dit is “ongeskik”. Dit lyk my dit is ‘n reel wat uitgesterf het.

ANC ·

In die tagtigs kon my mense nie is broeke met sakke bekostig het nie, gun my die plesier! Beurt is beurt…

Dries du Toit ·

Intussen sterf hulle mense van die honger terwyl hulle uitrustings lewen kon verander. Walglik tragies

Alki ·

Wys mens maar net, goeie styl kan nie gekoop word nie, lyk soos soustrein tannies en ooms

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.