Foto’s: Stakers ontwrig Liewe Heksie-vertoning by kunstefees

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Sowat 60 stakers het Donderdagaand tydens ʼn vertoning van Liewe Heksie in die Sand du Plessis-teater by die Vrystaat Kunstefees op die verhoog gestorm en die opvoering ontwrig.

Die stakers is, na verneem word, verbonde aan die Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs) en is glo lede van die Cosatu-geaffilieerde vakbond Nehawu.

Een van die teatergangers het aanvanklik gedink dit is deel van die opvoering, maar toe die polisie ook op die verhoog verskyn, was dit duidelik dat dit nie ‘n grap is nie.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Lt. Jim Seliane, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is tydens die voorval in hegtenis geneem nie, aangesien die polisie nie die vertoning wou ontwrig nie.

Margit Meyer-Rödenbeck, wat die rol van Liewe Heksie vertolk, het later die gehoor om verskoning gevra vir die onderbreking. Sy het in ʼn onderhoud met Radio Pretoria se Klankkoerant gesê daar sal Sondag ʼn ekstra vertoning wees…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Riet ·

waar was sekuriteit, moet toegang beheer dis nodig vir teatergangers. ASSEBLIEF

Adri ·

Riet, hulle was waarskynlik self die sekuriteit! Die oplossing lê in betroubare (lees: verantwoordelike en intelligente) sekuriteitsbeamptes.

Anita ·

Die gifappeltjies wou vir koning rosekrans kom kuier maar hy sit toe al die tyd by Nkaaaandla.

louise ·

Duidelik weet hulle nie wie “liewe heksie” is nie!!
Sy moes hul met haar besem bygekom het!

Z bc ·

Man……..dié mense was nog nooit eens in ‘n skoolkonsert toe hul kinders was nie. Hulle wou ook maar net voel hoe dit moet wees om voor mense te verskyn op ‘n verhoog en daarom het hulle nou gedink dat Liewe Heksie se opvoering, die aangewese tyd en plek is!!!!

Op ‘n ernstige noot – my hart breek vir die arme ou kleintjies (en die ouer garde dalk?) wat so daarna uitgesien het asook mense wat dalk van vêr gekom het. Kan nie glo dat groot mense so onvolwasse en kinderagtig kan optree nie. Ons land is ‘n groot grap vir die buiteland!!!!! Ons moet eintlik nie eens verbaas wees nie……….

pop ·

Sal iemand vir ons verduidelik hoekom hulle daar betoog het. Dis mos vreeslik as ons daaraan dink dat dit daaroor gaan dat dit wittes is wat n konsert geniet. Se asseblief tog ek dink verkeerd

Karen ·

Dit sal gaaf wees om te weet hoekom hulle NOU WEER gestaak het??!!

magriet ·

NOU WEER????? doen hulle dit dan nie aanmekaar sonder tussenposes nie. snaaks hulle het nie die plek afgebrand nie….

Gideon ·

Sjoe Dolla jy wat altyd so draak steek met Steve voel nou self bietjie hoe dit is om aan die ontvang kant te staan van die mindere aangename- moet nog maar net so paar keer met jou gebeur en ek sien hoe eindig jy ook jou vertonings met die Stem!!

Michiel ·

AG Gideon…watookal. Wat ‘n simpele kommentaar van jou! En wat ‘n kinderagtige spul is hierdie klomp nie. Om nou te dink hulle het indruk gemaak – ja wel, die verkeerde indruk verseker. Onnosel verby…

nig ·

Nee Leeutjie, dit gaan nie hier oor Dolla wat ge”spite” word omdat sy vervelig is of omd at sy oor Steve grappe maak nie, die feit is hierdie mense wat betaal het is ontwrig en mense is onnodig paniekerig gemaak. So dis nou onvanpas om Dolla hier te kritiseer – vervelig of nie, niemand verdien om so bestorm te word deur ‘n klomp onopgevoedes terwyl hul betalende mense probeer vermaak nie.

J.Z ·

Mense , dit is maar net n advertensie en n beeld van die wat die land nou regeer.miskien moet ek nie van n beeld praat nie ,hulle kan hom dalk begin verf of probeer afbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.