[Foto’s] Stappe kom oor rassistiese graffiti

Foto: UWK

Foto: UWK

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het gesê hy is gewalg van rassistiese graffiti en haatspraak wat op die kampus aangebring is.

Die UWK se bestuur het in ʼn verklaring gesê die graffiti is vermoedelik in die loop van Donderdagaand aangebring. “Geen poging om ons eenheid te bedreig, deur onenigheid onder ons studente en personeel aan te hits op grond van ras, sal geduld word.”

Die bestuur het ʼn beroep op die universiteitsgemeenskap gedoen om die rassistiese uitlatings ten sterkste te veroordeel. “Ons ondersoek die saak en sodra die skuldiges geëien is, sal daar toepaslike stappe teen hulle gedoen word.”

Werkers en studente het die afgelope twee weke by die universiteit betoog. Talle klasse is die afgelope week ontwrig en personeel en studente wat nie aan die betogings deelgeneem het nie, is geïntimideer.

Die universiteit het intussen ʼn bykomende hofbevel bekom wat die betogende werkers en studente verhoed om die akademiese program te ontwrig.

“Die hofbevel magtig die polisie om in te gryp en die universiteit by te staan. Die hofbevel is reeds op die betogers beteken en verduidelik.”

Volgens UWK is ʼn vergadering met die betogende werkers en studente belê vir Donderdag, maar die betogings het desondanks voortgeduur. Die betogers het onder meer universiteitseiendom beskadig. “Veiligheidspersoneel en die polisie moes weens hierdie optrede deur die betogers ingryp en dit het tot skermutselings gelei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

shirley ·

Skokkend!!!! Hulle moet defnetief n led geleer word as dit so aangaan is daar binnekort niks van die land oor nice!!!!!

chrisp ·

As jy saam met ‘n adder in die bed klim,hom eintlik uitnooi en dan vewelkom en hy pik jou is jy skielik verbaas,geskok en verstaan nie.
Steets glo jy ,kom wat wil ek sal van hom ‘n troeteldier maak deur te verduidelik dan toe te gee. Nee wat verwyder hom of vir jouself.Jy gaan binnekort ‘n serum tekort ondervind.

Dit se baie oor jou wysheid.

Liewe lulu ·

Wonder watter gedeelte van die fees het geval verstaan hulle nie.

Karma ·

Liewe Lulu, daar is maar min wat hulle wel verstaan …. Wel, met ‘n President wat net Graad 3 het??? Wonder wat sal die werklike rassiste sê as die blankes begin met ‘n #AfricansMustFall-veldtog?

Komaan Maroela, kom ons kyk of jul dié een plaas – ek het mos nou die “verbode” woorde van blank/wit en swart/African gebruik!

Veritas ·

Die sogenaamde ‘Fees must fall’ protesaksie is niks anders as ‘n aanslag teen blankes nie. Onder die dekmantel van ‘gratis registrasie’ en ‘huurarbeid’ , word ‘n veldtog teen blankes, in die besonder Afrikaners, gevoer. Word wakker en berei julle voor vir ‘n meer intensiewe aanslag. Dit gaan nie vanself doodloop nie en die regering skitter in sy afwesigheid.

Chris W ·

As die fooie “val” moet die universiteite se toelatings vereistes verhoog word en studente getalle drasties ingekort word.Dis al.

Chrisjan ·

Ek wonder of die “whites” ook liberale blankes insluit.

hans ·

Die skuldiges kan maklik opgespoor word deur die geslote baan opnames na te gaan. Ek vind dit baie vreemd dat die sekuriteitspersoneel niks opgemerk het nie!

Dan ·

As jy n kind aangese het om dinge te doen, en hom toegelaat het om daarmee aantegaan, en hom nog boonop geprys het daarvoor, wat verwag jy anderste. Kry vir julle.

jan ·

Ek verwag niks beters van die maaksels nie. Hulle is hulle eie grootste vyand.Die maaksels en hulle leiers.Gaan so aan want die swart persone wat n sukses van die land wil maak sal reg stem en dit is teen maaksels soos hulle.

Gerhardt ·

Die UWK se status is – in my oë – baie laag. Ek dink nie ek sal ooit ‘n student van UWK aanstel nie.

jj ·

sit hoê heinings om die kampusse en beheer toegang tot slegs studente en personeel

Frederiks ·

Alles gaan maar eintlik oor swak opvoeding. Daar is heelwat wat goeie opvoeding in hul ouerhuise gekry het en graag wil studeer, maar die onopgevoedes oorheers.
Die rektor by UWK het laas genoem dat die beskadigde geboue net so sal bly, want dis hoe die barbare dit wou hê. Baie goeie standpunt.

Oom Boer ·

Hhhmm…….pragtige “Graffiti” dit sê nogal heelwat van ‘n mens se mentaliteit. Wonder darem as alles dan nou so “Free” moet wees en moet val, wat dan van die werkers se “Salaries must Fall” of “Work for Free”, sal dit darem goeie ondersteuning bekom?

Xa ·

Maar sover ek weet is daar nie eintlik veel wit mense by UWK nie Behalwe net vir n Paar dosente. Dit was n voormalig bruin universiteit Wat nou meestal swart geword het, en daars nie eers wit studente nie, en dit is heeltemal Engels sover ek weet, so waarom sal hulle haatspraak teen witmense daar doen, Wat is die relevansie daar?

AmY ·

So hierdie is die “geleerde persone” wat oor ‘n paar jaar die arbeidsmark gaan betree? Ek sien ‘n diep donker toekoms vir SA, want as hulle Universiteite afbrand en vandaliseer en wegkom daarmee, wat gaan oor ‘n paar jaar in die werkplekke gebeur?

Nestus Venter ·

Dis dalk tyd dat die wat die hofbevel verontagsaam ‘n kriminele rekord kry.

jaco ·

daars nie een wit student op UWK nie en Afrikaans word ook nie as aanbiedingstaal gebruik nie. Alles by UWK is basies klaar “getransformeer”, Waarom dan rassistiese graffiti ens by UWK?

Pieter ·

Jeremia 13 vers 23: “Kan ‘n Kusiet sy vel verander, of’n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen” !!
( Onmoontlik kan ‘n luiperd sy vlekke verander……

Marous ·

Dit help nie om gal te braak as jy saam gestook het aan die brousel nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.