Foto’s: Sterftes ná trein ontspoor

[OPVOLG] Die dodetal het intussen skerp gestyg. Lees die opvolgberig hier.

Nooddienste op die toneel waar die Shosholoza Meyl-trein buite Kroonstad in die Vrystaat ontspoor het (4 Januarie 2018). Foto: Verskaf

Vier mense is dood en tot 100 mense is beseer nadat die Shosholoza Meyl-trein Donderdagoggend buite Kroonstad in die Vrystaat ontspoor het.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het bevestig dat vier mense in die voorval gesterf het. Volgens Magoro het die trein weens ʼn botsing met ʼn vragmotor en ʼn motor ontspoor.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ongeveer 100 mense is in die ongeluk beseer. Hy het gesê die beserings wissel van gering tot ernstig.

Volgens Meiring was die provinsiale nooddienste en brandweer eerste op die toneel en het hulle verskeie treintrokke aangetref wat omgeslaan het. “ʼn Brand het in een van die treintrokke ontstaan en het begin versprei. ER24-paramedici het saam met ander ambulansdienste begin om die trein te ontruim en die pasiënte te ondersoek, terwyl brandbestryders teen die vlamme baklei het.”

Paramedici het dadelik begin om pasiënte op die toneel te behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Tiaan Esterhuizen, wat een van die passasiers op die trein was toe die voorval gebeur het, het vroeër aan Maroela Media gesê passasiers kon hoor hoe die trein toeter blaas en voel hoe die trein ruk voordat dit skielik tot stilstand gekom het.

Die trein was van Port Elizabeth na Johannesburg op pad en was volgepak met grootliks vakansiegangers, maar dit is nog nie duidelik presies hoeveel passasiers ten tyde van die voorval op die trein was nie.

“Ons het dadelik na ons familielede toe gehardloop en toe uit die trein gekom om te probeer uitvind wat gebeur het,” het Esterhuizen gesê.

Maroela Media wag op amptelike kommentaar van die bestuur van Shosholoza Meyl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frans C ·

Hoe het die motor en vragmotor op die treinspoor beland? Was dit ‘n onbewaakte spoorwegkruising?

snoefie ·

n ongeluk wat met gemak vermy kon gewees het as almal reëls gehoorsaam het.

Rooiman ·

Snoefie, dit is maar so met amper elke liewe ongeluk, oral. Iemand oortree n reel en iemand anders kry seer.

wielie ·

Ai my hart gaan uit na hulle. Dis so onnodig
Ons het ook met vakansie gegaan op die trein. Ja ek sal weer die trein ry.

Cor ·

Frans ja dit is n onbewaakte oorweg, graan silos eenkant sowel as plaas grondpad.

Danie ·

Dit maak nie saak of dit ‘n bewaakte of onbewaakte oorgang is nie. Wanneer jy ‘n treinspoor oorsteek is jy veronderstel om seker te maak daar kom nie ‘n trein aan nie. Daarna kan jy dit oorsteek. Die gemiddelde mens (Suid-Afrika) steur hulle ongelukkig deesdae min aan reëls. Al is die reël juis daar om hulle te beskerm. Indien sommige reël geïgnoreer word is die gevolge noodlottig.

Pete ·

Daar is meer as 7500 spoorwegkruisings in SA. Dit is logies dat almal nie bewaak kan word nie; dit sou ook onnodig wees indien motoriste en voetgangers hulle by die reëls hou. Daar is ses sulke oorgange naby waar ek woon en en sien daagliks hoedat meer as 90 uit elke 100 nie eens spoed verminder nie, maar gewoon die spoor oorsteek asof treine geen gevaar inhou nie.

Onbewaakte oorgange is 100% veilig, maar die houding van motoriste maak dit gevaarlik. Ons het grootgeword met spoorwegkruisings en respekteer dit.

Selfdissipline, of die gebrek daaraan, is die werklike probleem.

Oud boervrou ·

Duidelik is dit ‘n gewone plaaspad wat na ‘n silo toe gaan. Sulke oorgange is nie bewaak nie – dis nuwe SA!! Jammer dat mense se vakansie so moet eindig maar ek glo dat dit net ‘n blote ongeluk was. Sterkte aan al die betrokkenes.

Passasierslys ·

My innige simpatie aan die oorledenes se familie. Kan iemand asb net vir my se hoe kan hulle nie weet hoeveel passasiers op die trein was nie? Bespreek jy nie kaartjies en hou jy nie boek van die goed nie? Dis soos wanneer ‘n vliegtuig val, weet jy presies wie op daardie vliegtuig was en selfs ook op watter sitplekke hulle gesit het .. geld dieselfde nie vir (LW LANGAFSTAND) treine nie?

John ·

There were 713 passengers on the train when the accident happened. Transport minister Joe Masangwanyi is at the scene #TrainCrash
2:35 PM – Jan 4, 2018

Lena ·

Dan moet hulle mos presies kan sê hoeveel en watter passasiers oorlede is…dis juis die doel van ‘n passasierslys.

Johannes ·

Die kruising is baie sleg uitgelê. Die pad kom op sowat 45 grade in op die spoor en is dit gewoon onmoontlik om die trein vanuit ‘n vragmotor te sien. Die mense wat gereeld die kruising oorsteek klim gewoonlik uit hul vragmotors en stap tot op die spoor om sodoende te kan sien of daar ‘n trein aankom. Hierdie was ‘n botsing wat al jare wag om te gebeur.

Libby ·

My diepste simpatie met die families wat deur die trauma moes gaan. Hy hart gaan uit aan die trein ingineur en sy assistent indien hulle die voorval oorleef het. Ek het groot geword as ‘n “spoorweg brat” en weet wat nou voorlê.

Ek stem saam dat onbewaakte spoorweg kruisings veilig is indien die motoriste net sal besef dat ‘n trein nie net 1 of 2 ton weeg nie maar honderde en dat hulle nie kan uitswaai of ‘n dood stop doen soos ‘n kar nie. Mense besef nie die krag wat in daardie wiele draai nie en dus dink hulle dat hulle nie ernstig opgeneem hoef te word nie.

Ek weet nie wat die rede was vir die trok nie en ek gaan nie bespiegel nie al wat ek dink is dat mense bewus gemaak moet word oor die gevaar van ‘n trein nes in die ou dae.

Ek bid die bloed van die Lam op almal wat deur die geaffekteer is insluitende die redings spanne.

Hannelie ·

Passasierslys ek verstaan nie die bedoeling met “LANGAFSTAND” treine nie, wat ek wel weet is dat die drywers op langafstande vanaf Kaapstad na Johannesburg op seker stasies “ruil’, dan neem ‘n ander drywer oor. So die drywers is nie moeg oor die langafstande nie, want hul word afgelos. Dit is net sleg dat dit moes gebeur het met die Shosholosha Meyl wat meeste mense gebruik as vervoermiddel. Sterkte aan die families en gesinne wat geliefdes verloor het asook die beseerdes.

Pete ·

ShosholozaMeyl is ‘n langafstandtrein. Andersins gestel, ‘n hooflyntrein. Dit verbind hoofsentra en baie bestemmings tussenin.
Metrorail is ‘n pendeltrein wat voorstedelik reis.

Amelita ·

Ek glo daar is n passasierslys beskikbaar maar dit is nie op die trein. Moontlik by die besprekingskantore op hul rekenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.