Foto’s: Sterkman sleep Transall-vliegtuig

Foto: XL-energiedrankie

Foto: XL-energiedrankie

Etienne Smit het Donderdag by die Zwartkop-lugmagbasis in Centurion ʼn C-160 Transall-vliegtuig gesleep.

Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum, in samewerking met XL, die energiedrankie, het Smit uitgedaag om dié vliegtuig man alleen te sleep.

Die vliegtuig, wat 64 valskermsoldate of 94 gewone passasiers kan vervoer, het bekendheid verwerf gedurende die SA/Angola Bosoorlog. Die vliegtuig het ʼn vlerkspan van 42 meter.

“Hierdie vliegtuig het ‘n geweldige groot breё band, aangesien dit ontwerp was om doeltreffend te land en op te styg van ongeteerde vliegvelde,” het SALM-verteenwoordiger, lt.kol. Mike O’Conner verduidelik.

Die Poolse energiedrankie XL, wel bekend in Europa, Asiё en die Amerikas, vier hulle Suid-Afrikaanse bekendstelling tesame met hierdie uitdaging van uitmuntende krag.

Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Mooi Ettas. Jy is soos goeie rooiwyn. Hoe ouer hoe beter.
Garth, dis tyd dat jou bicep aangroei dat jy weer saam met ons die gewigte kan vat.

Erich Goosen ·

Enuus het in hul 8 uur bulletin die berig gedra maar beweer dit was ‘n Hercules vliegtuig. Ek het toe gefrons want die beeldmateriaal het duidelik gewys dit was die twee-motorige Transall. Wat het van kundige verslaggewers geword?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.