
Hofmeyr word tot ridder geslaan. Foto: Verskaf
Daar is Maandag in sekere media na ʼn “geheimsinnige organisasie” verwys en geskimp dat dit, te oordeel aan die reaksie van die gehoor, maar net ʼn groot grap was. Dit het dadelik die rooi ligte by doemprofete en kakiejagters, wat dink dat daar ʼn nuwe Boeremag is wat besig is om te ontwaak, laat flikker.
Ander het weer met vrees in hul oë gesweer die Vrystaatse dorpie is die eerste waar daar nou, soos destyds met Ian Smith se UDI in Rhodesië, ʼn eensydige onafhanklikheidsverklaring gemaak is.
“Nonsens, in Parys maak ons nie grappies nie,” het die grootbaas van Koepel Stereo, Sakkie van der Schyff, aan Maroela Media gesê. “Dis ernstige sake hierdie.” Die feit dat Steve geglimlag het toe hy met ʼn swaard tot ridder geslaan is beteken nie dat dit ʼn ligsinnige aangeleentheid was nie.

Foto: Verskaf
Volgens Van der Schyff sit dit nie in ʼn ieder en elk in Suid-Afrika se broek om by die “Organisasie” aan te sluit nie. Daar is bepaalde kriteria waaraan voldoen moet word.
“Die Organisasie is gewoon lede van die Boervolk, Burgers as jy dit so wil stel. Mense of lede van ʼn bepaalde etniese groep in Suid-Afrika. Daar word seker gemaak en bevestig dat dit nie persone is wat bloot aanspraak maak op volkstatus nie en ons stel drie voorwaardes vir lidmaatskap,” het Van der Schyff verduidelik.
- Histories: Elkeen wat betrokke was in die aanwys en aanstel van Steve as tradisionele leier, moes in staat wees om per titelakte, transportakte of grafte van voorgeslagte te bewys dat hulle minstens vyf geslagte lank deel van die gebied was wat histories deur die “volk” bewoon is.
- Geneties: Elke lid moes kon bewys dat minstens een van hul voorgeslagte in die laaste vyf geslagte deel was van die “volk”, aan vaders- of moederskant.
- Kultureel: Die lede moes ook eers by wyse van hul uitsprake bewys dat hulle die “volkskultuur” oortuigend uitleef, onderskryf en bewaar.
Voornemende lede moet ook aan hierdie vereistes voldoen.
Van der Schyff het bygevoeg die leierskap word, soos binne enige hiërargie, aanvaar en daar word gehandel soos deur die tradisionele leier aangedui word.
Beteken Steve se ridderskap van die Koepel dat sy kop nou politiek toe staan? wou Maroela Media weet.
“Ons het vrede met wat Steve in sy persoonlike hoedanigheid aanvang en wil doen,” was Van der Schyff se antwoord. “Hierdie was die aanwys van ʼn tradisionele- of volksleier. Indien Steve die politiek wil betree, sal dit sy inisiatief wees.”

Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
75 Kommentare
Ai tog Steve. Wat weet jy van die organisasie?? Weer een van daai met verskuilde agendas. Vrymeselaars wat met hulle satanistiese arugansie dink hulle gaan die wereld beheer en die laaste se he. Ha ha. Surprise!!
Sir Steve!
Mmmm.
val heurlik op die tong, en nog sagter op die oor.
waar is my vorige post??
Nou ja Toe kyk nou net!!
Wie se perd het ge-erwe?
Indien dan nou so nuuswaardig is wat gaan volgende gebeur? Of is dit maar net weer organisasie met rituele vertoon ens. Sonder tande
Klomp ape.