Foto’s: Steve Hofmeyr tot ridder geslaan

Hofmeyr word tot ridder geslaan. Foto: Verskaf

Hofmeyr word tot ridder geslaan. Foto: Verskaf

Dit gis en gons behoorlik op sosiale media oor wat nou regtig gebeur het tydens daardie seremonie Saterdagaand in Parys toe Steve Hofmeyr tot ridder geslaan is. Was dit maar net ʼn tong-in-die-kies foefie of was dit ernstige volkstaatsake? De Wet Potgieter het by die oorsprong van die hele gedoente gaan kers opsteek.

Daar is Maandag in sekere media na ʼn “geheimsinnige organisasie” verwys en geskimp dat dit, te oordeel aan die reaksie van die gehoor, maar net ʼn groot grap was. Dit het dadelik die rooi ligte by doemprofete en kakiejagters, wat dink dat daar ʼn nuwe Boeremag is wat besig is om te ontwaak, laat flikker.

Ander het weer met vrees in hul oë gesweer die Vrystaatse dorpie is die eerste waar daar nou, soos destyds met Ian Smith se UDI in Rhodesië, ʼn eensydige onafhanklikheidsverklaring gemaak is.

“Nonsens, in Parys maak ons nie grappies nie,” het die grootbaas van Koepel Stereo, Sakkie van der Schyff, aan Maroela Media gesê. “Dis ernstige sake hierdie.” Die feit dat Steve geglimlag het toe hy met ʼn swaard tot ridder geslaan is beteken nie dat dit ʼn ligsinnige aangeleentheid was nie.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Daar was sowat 200 “getuies” wat die geleentheid Saterdagaand in Parys bygewoon het toe Steve as die tradisionele leier van die Afrikaner- en Boervolke ingelyf is.

Volgens Van der Schyff sit dit nie in ʼn ieder en elk in Suid-Afrika se broek om by die “Organisasie” aan te sluit nie. Daar is bepaalde kriteria waaraan voldoen moet word.

“Die Organisasie is gewoon lede van die Boervolk, Burgers as jy dit so wil stel. Mense of lede van ʼn bepaalde etniese groep in Suid-Afrika. Daar word seker gemaak en bevestig dat dit nie persone is wat bloot aanspraak maak op volkstatus nie en ons stel drie voorwaardes vir lidmaatskap,” het Van der Schyff verduidelik.

  • Histories: Elkeen wat betrokke was in die aanwys en aanstel van Steve as tradisionele leier, moes in staat wees om per titelakte, transportakte of grafte van voorgeslagte te bewys dat hulle minstens vyf geslagte lank deel van die gebied was wat histories deur die “volk” bewoon is.
  • Geneties: Elke lid moes kon bewys dat minstens een van hul voorgeslagte in die laaste vyf geslagte deel was van die “volk”, aan vaders- of moederskant.
  • Kultureel: Die lede moes ook eers by wyse van hul uitsprake bewys dat hulle die “volkskultuur” oortuigend uitleef, onderskryf en bewaar.

Voornemende lede moet ook aan hierdie vereistes voldoen.

Van der Schyff het bygevoeg die leierskap word, soos binne enige hiërargie, aanvaar en daar word gehandel soos deur die tradisionele leier aangedui word.

Beteken Steve se ridderskap van die Koepel dat sy kop nou politiek toe staan? wou Maroela Media weet.

“Ons het vrede met wat Steve in sy persoonlike hoedanigheid aanvang en wil doen,” was Van der Schyff se antwoord. “Hierdie was die aanwys van ʼn tradisionele- of volksleier. Indien Steve die politiek wil betree, sal dit sy inisiatief wees.”

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Philip ·

Ai tog Steve. Wat weet jy van die organisasie?? Weer een van daai met verskuilde agendas. Vrymeselaars wat met hulle satanistiese arugansie dink hulle gaan die wereld beheer en die laaste se he. Ha ha. Surprise!!

Ina Soares ·

Phillip… ha ha ha… wie laaste lag lag die lekerste en dit gaan nie jy wees nie

Wolf ·

gaan kyk sy video Ons sal dit oorleef. die all seeing eye is daar in. hy is n free mason en klaar. . . en hierdie ritueeltjie is ook maar net n free mason gedoente.

gerrie ·

Sir Steve!
Mmmm.
val heurlik op die tong, en nog sagter op die oor.

Manie ·

Nou ja Toe kyk nou net!!
Wie se perd het ge-erwe?
Indien dan nou so nuuswaardig is wat gaan volgende gebeur? Of is dit maar net weer organisasie met rituele vertoon ens. Sonder tande

Philippe Lesage ·

Ek dink met die opslae wat Steve verig deesdae, gaan net een persoon al die pad bank toe…en dit is hy….opsweep van die afrikaner kos hom altyd nie net n appel en n uie nie!

Bruno Stef ·

Ag-nee Steve man al wat jy nou nog kort is net die leer voorskoot.Dit is n grappie van jou kant af. Net Liesbet No 2 wat nog sulke dinge doen daar in die Britse eilande en die bokryers maar hulle trek gumboots ook nog aan.In die 1950 was daar wel die ridders van die mielieblaar klub maar dit was die naaste wat ons nog aan ridderskap gekom het.

Elsabé Barnard ·

Ag nee Steve jy is mos meer as net dit. N spul goete en geite.

Albie ·

So ek is ‘n gebore Afrikaner. Ek praat Afrikaans. Ek glo in n God 3 enig. Ek het goeie Afrikaanse Christelike morele waardes. maar dit maak my nie deel van die boere volk nie………… hoe nou?

hannes ·

Vyf geslagte? Vaderland! De la Rey en Verwoerd was albei eerstegeslag Afrikaners… Tradisionele leier volgens die Bantoe-administrasiewet van 1951? Steve stel homself in die verleentheid om te assosieer met sulke denke. Volgende sal hulle seker vertel die Voortrekkerregering en Boererepublieke se regerings was ook selfaangestelde leiers van die ‘Organisasie’? Die ANC is ‘n groot genoeg sirkus, ons het nie nog ‘n eie Afrikanersirkus nodig nie.

Knersus D ·

Korreksie Hannes – Verwoerd was ‘n Hollander. Maar verder stem ek 100% met jou saam.

Marius ·

Steve, tong in die kies of nie, jy doen darem iets. Meer as wat ek van die swartgallers kan se! Ek sal jou ondersteun as jy die politiek betree, ons het in elk geval geen ander stem nie. Waar kan ek aansluit?

Louis ·

Ek en baie ander Parysenaars het nie eers geweet ou Steve is hier in ons dorpie nie… Ek glo ook in my God en my voorgeslagte hier al van die 1700 af maar ek is nie deel van die volk nie. Grootste grap wat ek in jare gelees het!

Johnny Botha ·

Ja Louis, Jou stelling is maar net ‘n getuigskrif van jou onbetrokkenheid by jou gemeenskap en veral van jou “volstruis” gesentreerde siening jeens jou voorgeslagte en die ryk geskiedendenis van die Afrikaner Boervolk. Ek hoop jy sal eendag (voordat dit te laat is) uit jou slaap ontwaak.

Pieter ·

Julle almal is naief man! Ek en julle weet nie wat hul doen en late is nie! Dus moenie naief wees met jul eerste denkwyse nie.

Karin ·

Kyk party mense kan net nie die goed in steve sien nie, wie weet hy het die ding gedoen met n plan , houop om die arme man so te kretiseer, en as steve soos my man is(hoe meer mense van hom sleg praat)hoe meer sal hy julle bewys dat hy iets in ons land kan maak, want die meeste van ons wit mense kan mos nie saam staan soos ons land se ander kleuriges ni.You go steve maak nie saak wat jy probeer nie ek staan 100% agter jou

pop ·

Ai en daar bars my bubble!!! Altyd gedink ou Steve is heimlik n slim man, hy skryf dan ook en so. Steve moet ons nou aanvaar jys eintlik nie so slim nie. Moet asb tog net nie n perd ook aanskaf nie.

Leeutjie ·

Mense met te feel tyd en gold wat julle ophou met ‘n soul bog. Kline as of jy moet aan soek doen om ‘n Afrikaner te wees. Ons is nie ‘n klub mie maar ‘n volk met een kultuur en taal nou wil julle jou keur en as jy in hulle eng corms pas is jy een. Die artiekel oortuig my dat ek noontime vir Steve sal kan stem as jy soy beslis om die polities te betree nie. Ek ondersteun egter sy aktifisme en geveg teen die onderdruking van die Afrikaner.

Leeutjie ·

Van Leeutjie aan Leeutjie!! Ek skryf ook op hierdie forum met Leeutjie as skuilnaam ‘n geruime tyd. Wat my kwel is dat jy nou ook onder die skuilnaam opereer met ‘n klomp spelfoute. Ek is gewoonlik baie gesteld op my spelling van woorde. Kan ek vra dat jy onder die naam Leeu skryf sodat onnodige verwarring kan plaasvind… of is dit voorbarig?

Leeutjie wat kan spel ·

Dis voorbarig Leeutjie, nie foorbarig nie!!! Ai tog….

Leeutjie ·

Leeutjie aan Leeutjie: Ek skryf al ‘n geruime tyd op hierdie forum en het nou ‘n naamgenoot gekry. Leeutjie, ek is ongelooflik gesteld op taal en spel en onder jou/my naam het jy nou ‘n paar spelblabse gemaak wat my leeuhare laat regop staan! Kan ons miskien ooreenkom dat jy onder die naam Leeu skryf om enige verwarring uit te skakel, of is dit te voorbarig?

Leeutjie ·

Leeutjie aan Leeutjie jy het kommentaar gelewer met ‘n klomp spelfoute. My maanhare staan regop!! Is dit baie gevra om jou naam miskien te verander na Leeu toe. Ek skryf ook gereeld op Maroela en dit kan baie verwarring veroorsaak as een van ons iets verkeerd se.

Leeutjie ·

Sjoe Maroela….dit lyk nou of ek sommer soos ‘n ou langspeler vasgehak het!! Jammer forumskrywers….ek het nou ‘n klomp insette gelewer. Hoop rerig my naamgenoot hoor my krete!!!!!!

Pieter dp ·

Baie kritieseer, maarself betekin niks en doen niks. Reg of verkeerd. Gou sal baie gal braak wat op pragtige wit eilande sit en ongeraakt deur die lewe stap. Die kos val op hul skoote en word vet uit die wat dag in en dag uit die pad van riesiekoe moet stap om die tafels van die op hul eilande te vul. Dankie aan die wat onbeskaamd hul kritiek vir die opregte mense wit of swart uit basyn.

Pieter dp ·

Baie kritieseer, maarself betekin niks en doen niks. Reg of verkeerd. Gou sal baie gal braak wat op pragtige wit eilande sit en ongeraakt deur die lewe stap. Die kos val op hul skoote en word vet uit die wat dag in en dag uit die pad van riesiekoe moet stap om die tafels van die op hul eilande te vul. Dankie aan die wat onbeskaamd hul kritiek vir die opregte mense wit of swart uit basyn.

kathleen ·

re minste het hy guts dis meer as wat baie van ons kan se

Elfie ·

Jinne maar die kommentators hier spel SLEG! En dan is dit nie eers ingewikkelde woorde nie, ai mense! Daar’s hy, nou het ek hul aandag van Steve se manewalesa afgelei!

Elfie ·

Oeps en toe skryf ek manewalesa – maar sien dit gelukkig raak! Moet wees manewales! En dit mense, noem mens ‘n vingerfout, NIE spelfout nie!

Elfie ·

Oeps en toe skryf ek manewalesa – maar sien dit gelukkig raak! Moet wees manewales! En dit mense, noem mens ‘n vingerfout, NIE spelfout nie!

Leeutjie ·

Ek sien dit ook en dan word my skuilnaam gebruik. Hierdie Leeutjie is erg verontwaardig!!

Elfie ·

Leeutjie en dan plaas Maroela sommer nie my verdere kommentaar – ek stem saam met jou, mense ploeg met ander se kallers! Mense moet hul eie name uitdink alla wêreld! En weereens dis nie ‘n blinde sambok nie Liesbet, dis sommer net vingerfoute – gebeur in enige familie!

Winston ·

Hahaha. Steve grap of nie, jy laat n paar mense wonder en wakker lê.

hester kuhn ·

Ai mense los Steve uit! Hy baklei vir wat reg is en het die moed om dit te sê! Het ons nie lankal so Ridder nodig nie? En ja, mense se spelling is verbasend pateties! Ek staan heeltemal agter Steve! “You go boy, you go!”

Fanie ·

As daar enigsins so ‘n organisasie bestaan sal ek graag wil aansluit. Wie doen iets vir die mindere bevolking asook d boervolk? Hoe gaan ons uit hierdie penarie uit kom wat ons nie verdien. Ek staan enigiemand by wat ‘n volhoubare verskil in hierdie land wil of kan maak. En hoekom kan ons mense nie saamstaan. Is daar ‘n rede of is ons net in die “comfort zone”.

Theresa ·

Steve, enige iets wat met jou gebeur (wat goed is), gun ek jou.
Daar is bitter min mense wat soveel doen vir ander waarin hul glo, maar nie ‘n platvorm het nie. Dan het jy nog ‘n skitterende sangstem en -loopbaan ook. Jy is ‘n besondere mens. Dankie vir als wat jy insit om ons nie ook te probeer onderspring nie. En as wat jy doen, mense kan laat glimlag – ag dankie tog daarvoor ook.

Michiel ·

Knersus D – ja ook nie êrens langs die Seine of by die Montmartre nie, hahaha, baie skerp van jou!

nig ·

Oi, Elfie, ek stem saam met jou. Mense, mense, probeer darem net reg spel, veral die maklike woordjies! Leeutjie ek verstaan jou frustrasie, sou nes jy voel as ek so na jou naamgenoot se aanmerkings kyk.

Leeutjie wat kan spel ·

Dankie nig… en die spelfoute het nog nie opgehou nie…. Ai nig!!!

Andries Erwee ·

Steve en sy makkers is duidelik bang dat Zuma en Malema hulle gaan wen as die mees belaglikste mense in SA. Jy hoef nie te vrees nie. Daardie titel sit veilig op jou en prinses Bridges se kop.

Michiel ·

Andries Erwee hahahaha! Ek sê niks verder nie. En die klomp wat altyd so wil aansluit aan alles ne! En wil emigreer – wat het van daardie klomp geword wat Europa toe wou trek agter een of ander dude wat namens “ons” gevra het dat Europa ons moet aanvaar. Hulle gryp na allerhande strooihalms in plaas van om te leer spel en te leer dat SA ons almal se tuiste is en dit te help maak werk!

Girts-Garts ·

Dit gebeur so baie dat mens lees, en dan verslae en stomgeslaan sit…van die hoofberig af tot by die laaste kommentaar gelewer!!
Dan dink ek partykeer, halloeeee, is daar rérig sulke mense daar buite??

CHRISTA ·

Is Seve ons blankes en Afrikaners se weergawe van Malema?

joe ·

Sjoe die mensdom het tyd vir snert om hulle eie kwas te poeier terwyl ons in nood verkeer . Die Steve gee my n pyn wens hy wil groot word . Dankie vir die wat weet wat hulle doen my hoop is op hulle gevestig !!

Lisa ·

Steve moet grootword en dan praat meeste van julle verder oor spelling, is dit nou tipies die afrikaanssprekende mens se kommentaar gewoonlik? Ek dink julle moet wakker word wat nog van steve wat moet grootword! Hy stel sy eie lewe in gevaar in die land om vir ons mense op te staan wat bitter min van julle kan se julle doen en dan kritiseer julle hom, dis soos n klap in die gesig. Dis duidelik almal wat in kantore werk met papiertjies! Ek dink julle moet bietjie met die buitelewe in aanraking kom en ook koerant lees soms! Se lewer eerder niks kommentaar as jy net nonsens wil praat! Ek besef nou net weer hoeveel mense steeds blind in die land elke dag leef! Dis jammer! Sorry steve, moenie dat die klomp jou onderkry nie asb, ons kort iemand om op te staan vir ons, hulle weet nie wat dit vat nie en eendag as dit nodig raak gaan hulle lang trane huil vir hulp of as hulle families aangeval word! Ps: Jys nou bekend genoeg, los nou die singery al is dit baie mooi, jyt ook genoeg cds vir eers, ons kort jou aandag op baie ander belangriker plekke.

Leeutjie wat kan spel ·

Jy is reg Lisa….Ek verander maar my naam en “Maak vrede met dit”.

David ·

Gegewe die moord en doodslag wat op ons plase en ou mense toegedien word, dank ek vir Steve Hofmeyr dat hy die moed het wat baie Afrikaners nie het nie. Wie van julle het “nee” gestem in die referendum? Ek het, en ek staan daarby, want ek kan nie goedkeur wat in ons land gebeur nie en kan ook nie soos ‘n skaap na slagting gelei word nie. Vir almal wat opstaan vir ons boerevolk, dankie, en ons moet nie, soos baie ander, God se hand laat los nie. Soos al die volke, wit, swart, geel, ens. bewaar ons ook maar net ons boere ideologie.

Berhalet Beukes ·

As ‘n mens respek vir God het, raak jy nie by seremoniële boeremag snert betrokke nie! Daar is een mag, en dit is God die Vader!

Fanie ·

Dankie Lisa,David. Dit is duidelik dat die meeste mense in ons land dink alles is ‘n grap. Hanswors Republiek? Is soos julle se; Wat gaan hulle maak as daar daadwerklik opgetree moet word. Papiertjies uitdeel met grappies op wat die hele wereld verstrooi le?

Isabelle ·

Dit maak ‘n absolute bespotting van ons volk se tradisies, en wat nog erger is, dit maak nog gekke van ons as volk ook. Gelukkig sien ek ‘n hele paar organisasies en individue distansieer hulle van die belaglikheid, ek is bly daar is darem nog mense met gesonde oordeel in die land oor. Dis ook opmerklik dat die ledetal op sy Miljoen Stemme vir Steve Facebookblad baie vinnig daal na hierdie hansworsery. Ek het nog altyd gedink Steve het “guts”, maar nou sien ek hy is net ‘n nar. Of dit, of so naïef dat hy hom deur ‘n klomp opportuniste laat misbruik vir publisiteit. Hoeveel luisteraars het hierdie Koepel Stereo? Hulle vang snaakse dinge aan vir publisiteit! En beslis gaan iemand iewers geldmaak uit hierdie bespotlikheid.

Dan ·

Isabelle, jy is reg. Die Engelse, anderskleuriges, ens. lag hulle nou weer dood vir hierdie “kommin ” spul. Ek het nog nooit in my lewe so ‘n klomp snert gelees soos waaroor hierdie berig handel nie. Hofmeyr sal NOOIT ‘n leier van die Afrikaner wees nie, en ek is verbaas dat jou oë nou eers oopgaan en jy nou eers agterkom dat hy ‘n nar is. Laat Hofmeyr die leier wees van sy KomminKaner Party, dan kan hulle lekker dans op die wysie van “Pampoen” en “Blou Bul” en fantaseer hoe hulle die kommuniste en ANC afskrik. Wat ‘n spul belaglike snert!

Hansie ·

Steve is mos die ou wat sy kinders in Engelse skole sit en Christenskap misken en daarteen uitpraat? Altwee kern anti-Afrikanerwaardes laas toe ek gekyk het. Ek wonder wie bluf vir wie en of mense maar net onkundig is van Steve se geskiedenis.

Wilhelm ·

Ai tog, waar het sekere persone leer spel? Gebruik tog suiwer Afrikaans of sê liewer niks.

Philip de Vos ·

Waarom lyk dit nou vir my asof dit elke dag 1 April is in hierdie gekwelde land van ons?

Colette ·

Ai tog, mense! Steve vergat al hoe lank ons almal se name. Hou tog net op om die man te steun en maak bietjie julle oë oop. 1. Ons bly nie in Europa of Nieu-Zeeland of Australië nie. Ons bly in Afrika. Hier maak blankes ‘n geringe deeltjie v/d bevolking uit. So gebruik die paar breinselle wat julle oorhet en kom bietjie agter dat julle nie teen so ‘n oormag kan wen nie. 2. Het julle enige idee van wat die wêreld van rassisme dink? Dink julle wraggies enigiemand gaan hier kom help as julle julle sin kry en hier breek oorlog uit? 3. Lees bietjie daai groep wat Steve tot ridder geslaan het se vereistes.. Klink dit nie vir julle ook nogal baie na Hitler se vereistes vir sy klomp Nazi’s nie? Behalwe daarvoor, hoofman. Stevie Wonder is hoegenaamd nie eers ‘n Christen nie. Hy het net een godjie, en dis hyself. Neewat! Julle is absoluut belaglik!

Johannes Meintjes ·

Wie nie waag nie sal nie kan lei of wen nie. Niemand anders lei die Afrikaner nie.

david smit ·

dit is jammer regtig gedink steve sal nie utverkoop nie maar lyk my die vryemesselaars het hulle hande in alles. Steve sal nooit die BOER VOLK verteenwoordig nie maar kan gerus die afrikaner teenwoordig. Die BOER VOLK sal vir homself sy eie leier kies waneer die tyd reg is

DUP DU PLOOY ·

ja hierdie is maar een van die onbekende eienaardige optredes van die sogenaamde AFRIKANER. DINK en besin wat wag en waarmee is die ANC en aanhangsels besig.?
na ons gedink het(en dis nou) dan moet ons doen. Ek persoonlik dink ons manne het nie mooi na oom Angus geluister nie. Die vroue van hierdie land gaan die wa deur die drif trek.

Lydia ·

Al wat ek weet is dat n transportakte en n titelakte dieselfde ding is. En dat ridderskap darem ‘n baie Britse konsep is vir n Burger organisasie…. Het ons vergeet van die konsentrasiekampe?? Watse verraad is dit die??

Philip de Vos ·

Waarom laat hierdie affêre my dink aan die Middeleeuse Gekkefees? Dit herinner my nogal baie aan die manierwaarop Victor Hugo se boggelrug Quasimodo vereer is.

Lulu ·

O gaats maar ons kan baklei, geen wonder die ANC kry so baie reg nie, eers val ons in die spelfout gat, dan kry die ander party se mense dit reg om ons te verdeel en oorwin (divide and concquer). As ons so giftig is met mekaar oor ‘n koerantstorie dan kan ons beslis nie saamstaan as afrikaner boerevolk nie……..en julle hoef my nie ook aan te val nie, ek sal sommer my eie agterwereld skop om julle die moeite te spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.