Die nasionale dierebeskermingsvereniging (NDBV) en die Mangaung-nooddienste kon ná ʼn stryd van ses uur uiteindelik daarin slaag om ʼn perd, wat tot by sy nek onder water was, uit ʼn swembad te red.
Sr.insp. Reinet Meyer, woordvoerder van die NDBV, het gesê hulle het Woensdag ʼn oproep van die perd se eienaar gekry. “Volgens die eienaar het onwettige betreders op hul kleinhoewe die hek die vorige aand oopgelos,” het Meyer verduidelik.
Die perd het toe glo uit sy stal geloop en in die donker per ongeluk in die swembad geval. “Die eienaar het eers die volgende oggend agtergekom die perd is al heelnag in die water.”
Volgens Meyer was die perd vreesbevange en yskoud. “Ons het onmiddellik ʼn tou en harnas om hom vasgemaak en probeer oplig, maar die water was te diep en die perd te swaar.”
Die kleinhoewe is glo sedert Desember sonder elektrisiteit en kon dus nie leeggepomp word nie. Meyer het gesê ʼn “barmhartige Samaritaan” het gaan hulp soek en teruggekeer met ʼn masjien wat die water kon leegpomp.
Meyer het toe die Mangaung-nooddienste gebel.
In daardie stadium was die perd al baie moeg.
Die nooddiensbeamptes het ʼn laaigraaf saamgebring, onmiddellik in die water gespring en ʼn harnas om die perd vasgemaak. Die perd kon sodoende uitgelig en versigtig op die grond neergesit word.
Die perd is rustig teruggelei na sy stal toe en warm gemaak met komberse.
Baie dankie aan almal wat gehelp het.
Bly die perd is veilig. Ek wonder maar net oor die muskiet telery…
Wonderlike nuus na al die bittere hartseer die laaste week……
WOW WANNEER TERUG HET ONS SO WONDERLIKE NUUS GELEES. GEE MENS ‘N WARM GEVOEL DAT DAAR NOG STEEDS SOVEEL GOEIE MENSE IS !!! DANKIE AAN ALMAL WAT GEHELP HET.
Al die moeite en n redbull so net so goed gewerk het hehe . Dankie aan almal wat so mooi gehelp het en omgegee het.
Het niemand daaraan gedink om intussen die water uit die swembad te skep nie?
Dit is sommer wonderlike nuus om die Vrydag af te skop. Ek is so verlig dat die perd ongedeerd is. Dankie aan al die samaritane wat gehelp het. Julle is ieder en elk my held/in.
Dis ‘n lekker storie om te lees!
My swembad het trappe. Enige perd wat daar inval kan maar net uitstap….
Dankie Here vir mense wat nog omgee…so nodig op hierdie stadium in ons land. Mag die Here een en elk seën wat betrokke was.
Arme ou perdjie het seker amper opgevries maar dankie Vader vir hulp en goeie mense dat die mooi dier gered kon word. Pragtige perd. Bly hy is veilig!!!
Dankie Here vir mense wat nog omgee….so nodig op hiersie stadium in ons land.
As jy sien hoe lyk die swembad water kan hulle maar gerus die swembad leeg pomp duidelik word daar nie geswem broei nes vir muskiete.
Kan iemand help om daardie swembad skoon te kry
Dis goeie nuus , so dankbaar daar was mense om te help .
Help nie iemand help om swembad skoon te kry nie. Daar is nie krag om die pomp te werk nie. As daar nie krag is nie is daar def nie geld vir chloor nie. ??
Ouvrou….verkoop die perd. Betaal jou kragrekening en koop chloor…..en as bonus is daar nie ‘n perd wat in jou swembad kan val nie.
Hoera vir ou Wolraad, Wolraad Woltemade
Ou Wolraad het probeer om die mense te red
Maar sy swembad was te groen
En sy perd was te vet.
Die perd het nie per ongeluk in die swembad geval nie….hy wou daar gaan wei.
Die perd het gedink dis n lekker lappie gras as mens na die alge op die waqter kyk
Niemand vra hoekom is daar nie elektrisiteit nie? Dalk is kabels gesteel en nog nie vervang nie. Dalk nie die eienaar se skuld nie.