[Foto’s] Stoomtrein-pretrit in die wiele gery

Die trein van Friends of the Rail wat tot stilstand gedwing is nadat die spoorlyn gesteel is (21 Maart 2017) Foto: Gemeenskapspolisiëringsforum, Cullinan

Die trein van Friends of the Rail wat tot stilstand gedwing is nadat die spoorlyn gesteel is (21 Maart 2017) Foto: Gemeenskapspolisiëringsforum, Cullinan

ʼn Stoomtrein van Friends of the Rail is Dinsdagoggend op pad na Cullinan tot stilstand gedwing nadat ʼn gedeelte van die spoorlyn gesteel is.

Alika Steyn van Friends of the Rail het aan Maroela Media gesê die spoorlyn is deur die aand gesteel en die treindrywers het onwetend met hul passasiers uit Pretoria vertrek.

Die pretrit vind daagliks tussen Hermanstad-stasie in Pretoria en Cullinan plaas. Die trein ry teen ongeveer 60 km/h en dit neem ongeveer drie ure om die afstand af te lê.

“Ons het busse ontbied en dit het reeds van die passasiers opgelaai wat steeds graag die dag in Cullinan wil deurbring. Die busse sal die passasiers weer later vanmiddag terugbring na Pretoria,” het Steyn verduidelik. “Persone wat eerder direk wil terugkom na Pretoria, kan ook met ʼn bus terugkeer.”

Volgens Steyn is dit nie die eerste keer wat die spoor gesteel word nie. “Dit het al talle male gebeur.”

Sy is in hierdie stadium net bewus van die twee drywers wat geringe beserings opgedoen het.

Karen Yssel, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Cullinan, het gesê ambulanse is tans op die toneel. Sy is ook net bewus van persone wat geringe beserings opgedoen het. “Nie een van die trokke het gelukkig omgeslaan nie. Persone het egter teen mekaar gestamp toe die trein so skielik tot stilstand gekom het,” het sy verduidelik. Volgens inligting het een persoon moontlik ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Ekke ·

Wat nou nog! Gaan kyk bietjie aan wie is die spoorstawe verkoop.

Theo ·

Oh wow. Ongelooflik. Net moonflik in Suid-Afrika. So bly daar was nie lewensverlies of erge beserings nie.

Paul ·

Theo, net omdat jy nie nuusberigte lees oor soortgelyke dinge in ander lande nie, beteken nie dat dit nie daar gebeur nie. Nie alles wat in die wêreld gebeur, word in die nuusbronne wat jy graag lees, oor berig nie.

In die VSA is daar in 2016 ‘n klomp spoorstawe gesteel in Luzerne County in Louisiana. In New York is daar in 2015 ‘n klomp koperkabels wat krag aan die treinspoor voorsien, gesteel in Queens.
In 2012 is daar meer as 3500 ton se treinspore gesteel in Engeland.Net laasmaand is twee mense in Engeland gearresteer oor die diefstal van treinspore in Yorkshire en die Midlands.

So kan mens aangaan. Ek gaan nie al die gevalle vir jou opsoek nie, maar regtigwaar, dit help niks om jouself net negatief te maak oor Suid-Afrika en te dink dat die res van die wêreld een of ander paradys is waar niks slegs gebeur nie.

Johann ·

Ok, ek weet ek moet nie lag nie want dis diefstal maar rerig?????? WATS VOLGENDE???? Die.lokomotief se wiele? En hoe de moeeeeee vervoer jy treinspore sonder dat iemamd dit sien? En wie KOOP die spore? Soort van n logiese proses dat dit naby die plek waar dit gesteel is verkoop word? En nou is ek klaar gelag want waaragtag!!!!!! Doen dit seker omdat dit gekoloniseerde trein spore is? Die voorvaders het dit gelê soos dis hulle sin en dit tel as LAND GRABING! OF hulle voorvaders het die staal gemyn en geamelt en stawe gegiet so.dis hulle REG om dit te vat? Nevermind as.iemand in n trein ongeluk.dood gaan nie!

Hannetjie ·

Johann mens moet seker nie lag maar ek het ook. ..kan jy dink lekker rit Dan woop niks

Johann Marx ·

Skrootwerwe betaal goed vir yster. ‘n Spoorstaaf weeg 68kg/meter….dink ek.

Nick ·

Dit weeg 90kg per meter. Hulle sny die spore in hanteerbare lengtes.

Claudia ·

Julle, ek kannie help! Ek lag nou so! Wat nou nog?!! Ai tog:-) dankie dat die trein net tot stilstand gekom het!

Oosie ·

‘n Baie groot aantal van hierdie land se mense is psigies sieklik en gewetenloos…

Joe Olivier ·

Weereens groter koste om skade te herstel en trein weer op spoor te kry as wat diewe vir skrootmetaal kry. Mense se regte om die dag te geniet ook ontneem deur ander mense wat meer regte het.

pieterdp ·

Die berug is baie af gewater. Dit sê nie eets waar dit prisies ge beur het nie. Was die spoor op die hoof lyn of op die sy lyn ge speel.

Mike Tanski ·

Dit lyk asof dit op die taklyn tussen Raylton en Cullinan was. Dit is nie die eerste keer nie. Kyk ook na die spoorlyn tussen Pretoria en Magaliesberg verby die dam, hy was veronderstel om n toeriste lyn te wees, nou is die meeste van die hele lyn gesteel. Selfde met die ou Banana Express lyn in KZN, hy sal nooit weer gebruik kan word. Die werk van n siek tipe mens.

Marie Visser ·

Kan jy nou meer! Soos my ousus sal sê: As mens nie in jou pasoppens is nie, word jou tanne nog uit jou bek uit gesteel. Definitief kan kolonialiste nie die skuld vir die diefstal kry nie, ons het die spoor gebou.

Oosie ·

Spoorlyn al vantevore gesteel… Ek bly naby die trein se vertrekpunt en sien hom dus baie. Dit is hoofsaaklik indien nie net blankes wat hierdie trein gebruik. Wonder maar net…

Anell de Beer ·

Daar was mense van elke kultuur op die trein saam my, nee dus nie net blankes nie.

Johan ·

Die man wat spoorstawe koop moet ook beboet word waar kry jan publiek spoorstawe om te verkoop net reg denkende mense sal dit nie koop nie

JULIE ·

Dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie – en ‘n paar jaar terug is lokomotief 15F nr 3117 ook erg beskadig toe sy op ‘n draai op dieselfde lyn ontspoor en omgeval het nadat van die vuilgoed spoorstawe onder die spoor gesteel het. Die loko in die nuutste geval is Avril, ook 15F nr 3052 – eintlik eiendom van ene David Shephard, wat verlede jaar van ons depot, REEFSTEAMERS in Germiston na Hermannstad gestuur is – ek wens ek kon die vuilgoed in die hande kry wat sulke donge doen – maar die polisie doen ook niks om die skroothandelaars se persele te ondersoek en hulle vas te trek omdat hulle gesteelde goedere koop.

Willem ·

Julie
Jy is ‘n egte Sporie!! Ja, ‘n 15F is ‘n ‘sy’.
Ek het vakansie tye as student gestook op 15F’s en 15E’s. Tussen Bethlehem en Bloemfontein gooi ‘n stoker 15 ton steenkool in die firebox. En wanneer daar ‘n stop is. moet water opgevul word, vuur skoon gemaak word en die drywer soek dan ook koffie. Meisies wou later nie meer met my uitgaan die eerste 2 weke na vakansie nie omdat my hande hulle kouse ge-leer (ladder) het.

Julie ·

Arme AVRIL, arme FOTR – ek is aan REEFSTEAMERS in Germiston verbonde en ons het Avril, die 15F nr 3052 verlede jaar na Hermannstad oorgestuur sodat Friends of the Rail haar vir pretritte kan gebruik, want hulle 15F, nr. 3117 is ‘n paar jaar terug erg beskadig toe sy ontspoor en omgeval het nadat die vuilgoed spoorstawe onder die lyn uit gesteel het. Ongelukkig kan daardie gedeelte van die spoorlyn nie met beton stawe vervang word nie – ek is nie 100% seker waarom nie, maar daardie oui houtstawe is ook baie geld werd. Wat my die harnas injaag is die feit dat daar nog nooit enige ondersoek na skrootwinkels gedoen is om gesteelde metaal van enige aard te vind nie – en die handelaars vas te trek, asook die vuilgoed wat die steelwerk doen … ek is maar net dankbaar dat niemand in die proses seergekry het nie… ‘n goeie vriend wat al self daardie lyn (Cullinan) voorheen -slefs so laat as November verlede jaar – gewerk het vertel daar is glo ‘n dienstrollie by FOTR beskikbaar – eintlik behoort daar ook een by Cullinan te wees – en behoort iemand met dié uit te gaan om die spoor te inspekteer alvorens ‘n trein soheentoe gaan… ek is net dankbaar dat niemand seergekry het nie… Daar is niks wat die misdadige vuilgoed sal uitlos nie……

willis ·

Beton en Hout stawe? Ek dink nie so nie. Dis beton en hout dwarsleggers Julie. Stawe is daai yster goed wat so oor die dwarsleggers le….

Johann ·

Die treinspore dien as draadpale op een se gesteelde plaas

"oop lippe" ·

Ek dink hier moet ons tonnel visie nie oordeelkundig wees nie, enige volk van Suid Afrika kan hier betrek word, kolonialisme of nie. Dit kan ook ‘n begin van sabotasie wees uit weerwraak van die pynlose moorde op ons volk.

lilla B ·

“Oop lippe” jy maak regtig nie vir my sin nie?? weerwraak? van watter pynlose moorde skryf jy nou eintlik?

Jaco Grobler ·

Goeie aarde! Iemant maak een van my geliefdes dood en ek prottesteer deur spoorstawe te steel!! Hoe op aarde kom jy by daai een uit?

Jacques ·

Ek reken dit is “X” hoeveel mense op die trein , poging tot moord ?????????????

Enid Britz ·

Hoe jammer dat ons in ons pragtige sonnige Suid Afrika nie eers n heerlike vakansie dag geniet sonder dat daar roof, dood, moor, ongeluk…. is nie. Waar is ons op pad heen en wat kan ons hieraan doen. Ek wonder net hoe ver dit nog moet gaan voordat ons reg in eie hande mag en kan neem? Ek voel op die stadium skaam om myself n Suid afrikaner te noem….

Wat van . . . ·

Wat van ‘n Spur-ete op die trein om die tyd te verwyl. . . ?

Ouma ·

Ja! As jy lank genoeg stil staan steel hulle jou valstande uit jou mond uit!! Enige iets: as die scrap net kan steel! Maar hulle sal ook eendag moet boed vir hulle dade!! Dit gaan nie so maklik wees om reg te maak nie! Te laat!!

Johanna Botha ·

Netso is die trein tussen George en Knysna buitewerking al vir jare ….was n groot toeruste aantreklikheid veral vir mense van oorsee wat baie Dollars en Euro’s het om te spandeer en werk te skep! Die lokomotief selfs buite die museum in George word voor die wagte geplunder …hulle gooi maar n blinde oog …..so word alles stukkie vir stukkie afgebreek en weggedra en niemand doen iets nie ….

Neville Paynter ·

Just checked their FB page. There’s recent reports of problems just before the train departed this morning, but nothing about this. The pictures of the engine on their site show a different engine to the one shown here.

Hendrik vd Westhuizen ·

Dis vir my baie hartseer dat ons nou nog sulke dinge as snaaks en lagwekkend beskou. Dit tesame met die feit dat ons elke dag se gemors wat strek van dienslewering tot miljarde rande wat verduister word, sommer goedsmoeds aanvaar, gaan my verstand te bowe. Misdaad vier hoogty maar ons wil tog net nie iemand se menseregte aantas nie. Is reg tot vrye beweging nie ook deel van ons menseregte nie. Kerke word nou al beroof. Mense ons moet wakker skrik. Dis net snaaks as dit met ander mense gebeur, In een nag word 3 hekmotors gesteel in n blok. Snaaks? 20 miljoen by OR Tambo – Snaaks? 50 mense elke dag vermoor, snaaks? Lankal nie meer nie. Wanneer daardie trein ontspoor het en verminkte lyke verstrooid gelê het, sou dit nog snaaks wees?

Hendrik vd Westhuizen ·

Maak saak oop van poging tot moord.
Laat skuldiges aan pen ry

Scalla ·

Hier steel hul spoorlyne om te verkoop as skroot, as dit op is gaan hul seker soos in zimbabwe ystervarke vang en as scrap aanbied, lmga

thelsa ·

Spoorstawe kry jy nie sommer in die hande soos wat jy ‘n brood gaan koop nie. Hele sindikaat met vragmotor, hyskraan, hoekslypers ens. Skrooteienaars moet swaarder as diewe gestraf word want hulle skep die mark

Hannelie ·

Julle, ons was op die trein vandag. Die trein het net na Rayton, omtrent 8km (per motor) van Cullinan af gestop by ‘n kruising met ‘n grondpad sodat die treinwerkers wat almal vrywilliger treinentoesiaste is, ‘n hoop grond van die spoor kon afvee/spit. Die trein het net weer begin ry toe dit skielik met ‘n ruk tot stilstand geruk is. Almal het vorentoe geval, maar gelukkig geen ernstige beserings nie. Die werkers het almal rondgeskarrel en na ‘n paar minute die passasiers ingelig dat die spore omtrent 200m vorentoe afgesteel is en dat die lokomotief (Avril) van die spoor afgery het en op die gruis beland het. Dit was nie die spoorstawe nie, maar die eintlike spore aan beide kante. Ons het almal afgeklim na omtrent 15 min en bene gerek, maar ons kon nie naby die lokomotief kom nie, ingeval van gevaar van ontploffing, omval, ens. Friend of the Rail mense het onmiddelik 6 busse van Pretoria af bestel om almal te vervoer en sommige het Cullinan toe gegaan om die res van die dag te geniet. Sommige het terug Pretoria toe gegaan. Die busse het geduldig gewag vir almal tot omtrent 4h en toe terug Pretoria toe geneem. Die treinmense was baie professioneel en het die passasiers se belange ter harte geneem. Die polisie het omtrent eers 45 min later opgedaag. Die spore was wel die vorige dag met ‘n trollie geinspekteer, maar volgens gerugte was hul dopgehou deur diewe wat geweet het wanneer om toe te slaan.

Hannelie ·

Ek wil ook net bysê dat die stoomtreine deur privaat mense herstel word en baie goed opgepas word en met liefde behandel word soos hul eie kinders. Ek kry hulle vreeslik jammer dat hul geliefde treine weereens die slagoffer geword het van skurke. Ek wens ek kan die boewe self aan die pen laat ry vir die skade wat hulle aan die lokomotief gedoen het, maar veral oor die potensiële gevaar wat hulle amper 500 mense se lewens in gestel het..

Andre Kruger ·

PAul, is dit nie dalk SANERS wat so steel reg oor die wereld nie? Vra maar net

Hakie ·

Dalk is dit deur die anti Kolonialiste verwyder om Afrikanisme te bevorder………….wonder maar net

WitBlits ·

Saam met kolonialisme het 1000e kilos se gratis staal hier aangekom, maar dit was verkeerd en moes eerder van hout gewees het!

Paul II ·

Paul, daar trek jy goed uit van 2012. Niemand se dit gebeur nerens anders nie, as jy naif wil bly, great. Maar die, en alle ander crime gebeur baie, baie meer in daai land as erens anders.

madels ·

Pasop, hulle gaan nog ons melk uit ons koffie steel… dit is absoluut belaglik, nie eers n treinspoor is nou meer veilig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.