[Foto’s] Stoomtrein-pretrit in die wiele gery

Die trein van Friends of the Rail wat tot stilstand gedwing is nadat die spoorlyn gesteel is (21 Maart 2017) Foto: Gemeenskapspolisiëringsforum, Cullinan

Die trein van Friends of the Rail wat tot stilstand gedwing is nadat die spoorlyn gesteel is (21 Maart 2017) Foto: Gemeenskapspolisiëringsforum, Cullinan

ʼn Stoomtrein van Friends of the Rail is Dinsdagoggend op pad na Cullinan tot stilstand gedwing nadat ʼn gedeelte van die spoorlyn gesteel is.

Alika Steyn van Friends of the Rail het aan Maroela Media gesê die spoorlyn is deur die aand gesteel en die treindrywers het onwetend met hul passasiers uit Pretoria vertrek.

Die pretrit vind daagliks tussen Hermanstad-stasie in Pretoria en Cullinan plaas. Die trein ry teen ongeveer 60 km/h en dit neem ongeveer drie ure om die afstand af te lê.

“Ons het busse ontbied en dit het reeds van die passasiers opgelaai wat steeds graag die dag in Cullinan wil deurbring. Die busse sal die passasiers weer later vanmiddag terugbring na Pretoria,” het Steyn verduidelik. “Persone wat eerder direk wil terugkom na Pretoria, kan ook met ʼn bus terugkeer.”

Volgens Steyn is dit nie die eerste keer wat die spoor gesteel word nie. “Dit het al talle male gebeur.”

Sy is in hierdie stadium net bewus van die twee drywers wat geringe beserings opgedoen het.

Karen Yssel, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Cullinan, het gesê ambulanse is tans op die toneel. Sy is ook net bewus van persone wat geringe beserings opgedoen het. “Nie een van die trokke het gelukkig omgeslaan nie. Persone het egter teen mekaar gestamp toe die trein so skielik tot stilstand gekom het,” het sy verduidelik. Volgens inligting het een persoon moontlik ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

47 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ekke

Wat nou nog! Gaan kyk bietjie aan wie is die spoorstawe verkoop.

willie

net in Afrka!

Theo

Oh wow. Ongelooflik. Net moonflik in Suid-Afrika. So bly daar was nie lewensverlies of erge beserings nie.

Johann

Ok, ek weet ek moet nie lag nie want dis diefstal maar rerig?????? WATS VOLGENDE???? Die.lokomotief se wiele? En hoe de moeeeeee vervoer jy treinspore sonder dat iemamd dit sien? En wie KOOP die spore? Soort van n logiese proses dat dit naby die plek waar dit gesteel is verkoop word? En nou is ek klaar gelag want waaragtag!!!!!! Doen dit seker omdat dit gekoloniseerde trein spore is? Die voorvaders het dit gelê soos dis hulle sin en dit tel as LAND GRABING! OF hulle voorvaders het die staal gemyn en geamelt en stawe gegiet so.dis hulle REG om dit… Lees meer »

Johann Marx

Skrootwerwe betaal goed vir yster. ‘n Spoorstaaf weeg 68kg/meter….dink ek.