Charlotte Powell, woordvoerder van die stad se eenheid vir ramp-en-risikobestuur (DRM), het gesê die oorspoelde huise is in twee van die stad se informele nedersettings. Sowat 100 huise in Khayelitsha is oorspoel en ongeveer 50 huise in Marcus Harvey in Philippi.
ʼn Sterk wind het ook die dakke van 36 huise afgewaai in Philippi, Schaapkraal, Lavender Hill, Imizamo Yethu, Houtbaai en Masiphumelele. Bome in Constantia, Belhar, Delft, Kloofnek, Vishoek, Wynberg en Glencairn is omgewaai en kraglyne is beskadig. Skade aan eiendomme in Kensington en Wetton is ook aangemeld.
Volgens Powell is die onderskeie departemente van die stad besig om aandag aan al die voorvalle te gee.
Intussen het ʼn woordvoerder van ER24 gesê paramedici is Vrydagmiddag na agt ongelukstonele ontbied waar botsings weens die oorspoelde paaie plaasgevind het. Arrive Alive het ʼn foto’s op sosiale media gedeel van twee vragmotors, een naby Worcester en een by Villiersdorp, wat glo deur rukwinde omgewaai is.
En vanoggend is daar nie n wolk in sig en geen wind nie. Kalmte na die storm.
Snaakse weer kom soms as droogte wyk
“Cabo das tormentas” oftewel “Kaap van storms” aldus Bartolomeus Dias toe hy in 1488 omgevaar het. Inteendeel was hy nie verkeerd.
Sjoe, dis baie erg – ek dink maar aan die arme mense wat se beddegoed, klere en allles nat is, dakke afgewaai is – ag jinne mens kan nie eers jouself indink as jy nog nie in so ‘n situasie was nie. Sterkte aan hierdie mense.
Weskus? Daardie skade en stoms was darem ver van die Weskus af! Hier aan die Weskus het ons gisterdaand en verlede nag so 8 mm reèn gehad, sonder stormgeweld. Daardie skade was in die Kaapse Skiereiland. Ek weet waarvan ek praat, want ek is daar gebore en het veertig jaar in Constantia gewoon voordat ek ‘n Namkawalander geword het. Hoe ook al, ons jubel en juig van dankbaaheid oor die reën, want sake het al kritiek begin raak hier by ons langs.
Ek dink ons verwar Weskus en Weskaap.
Dagsê Ludwig
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die berig is gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media
Daai hoof foto lyk net soos Kusweg in die Strand. Laas wat ek gehoor het is die Strand aan die Noorde kant van Valsbaai en ‘n 100km+ van die Weskus.
Maroela, die nuus is darem skaars vanoggend. Lekker Saterdag, en n heerlike blaaskansie. Dit word julle gegun. Geen nuus is in elkeval goeie nuus. Baie goed om sover vandag nie in z se gesig vas te kyk nie.
Jammer daar kom dit. Dag na dag moord, moord. n Aaklige wereld waarin ons woon. En dit deur mense toedoen. Mense sonder God en die beginsels van Sy Woord.
Humor, is jy gerook?
Humor , net toe ek ook bly word om nie vas te kyk in daai gesig met die alewige (grin ) op toe sien ek die berig zumatjie laat molshope berge word. eich
Jy en ‘humor’ weet seker dat niemand julle dwing om nuuswaardighede hier, of waar ookal te lees nie.
Die Wes-kus is nie ‘n stad nie, dis ‘n streek . Ons woon in die Overberg en dit het woes gegaan hier.
Aaaaag pieta, of is dit piepertjie, wie het gekla.?????
Wil mos lyk asof jy gerook is – soos Meraai sê.