[Foto’s] Stormsterkwinde in Durban

Foto: @TrafficSA, Twitter

Stormsterkwinde het die afgelope naweek verwoesting gesaai in en rondom Durban en verskeie bome het omgeval.

Die wind het met tye tot 140 km/h in Durban se hawe gewaai en die hawe is gesluit totdat die weersomstandighede verbeter het.

ʼn Boom het ook op die M13 naby Attercliffe-afrit in Westville omgeslaan.

ʼn Boom het ook op ʼn Mercedes Benz by Mount Edgecombe Plaza omgeslaan. Die bestuurder en insittendes het ongedeerd ontsnap.

Polisiebeamptes van Durban, Pietermaritzburg, Empangeni en Port Shepstone se soek- en reddingsdiens is na verskeie tonele ontbied. Verskeie strukture het inmekaargestort, dakke het afgewaai, bome het omgeval en daar was ook kragonderbrekings. Volgens ʼn verklaring deur die polisie het vaartuie ook omgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Nou wat gaan aan met die bome dat hulle so omslaan. Het hulle nie net omgeval nie ?.

Cherokee ·

Nee, ‘n boom wat omgesleur word deur winde soos wat oms ons wonings gedreunsing het die afgelope naweek en die palmbome laat dans het, val nie net om nie. Dit slaan neer. En daar is ‘n verskil…. tempoverskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.