Foto’s: Strate, winkels kry weer lewe

‘n Vrou loop Vrydag met haar honde in Kaapstad. (Foto: Nardus Engelbrecht, AP)

Talle Suid-Afrikaners het vroeg Vrydagoggend die strate ingevaar om vir die eerste keer in weke buite te kan oefen met die inwerkingtreding van vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk.

Talle winkels het intussen hulle deure oopgemaak met klante wat in lang rye staan om noodsaaklikhede soos wintersklere, babaklere en komberse aan te koop.

Winkels soos Pep, Ackermans, Edgars, Woolworths, Truworths, Mr Price Home, Pick n Pay Clothing, Identity en Cotton On is weer oop vir sake.

Mense staan in ‘n tou by ‘n Pretoriase winkelsentrum. (Foto: Verskaf)

Kitskos word ook weer vir die eerste keer in weke verkoop. Restaurante soos Steers, Debonairs en Spur het sommige van hul takke heropen terwyl KFC Saterdag sy bedrywighede sal hervat. Dié kitskosrestaurant sal voorlopig slegs bepaalde items op sy spyskaart aanbied.

Die afsonderingsregulasies tydens vlak 4 bepaal egter dat wegneemetes afgelewer moet word. Volgens die regulasies moet Suid-Afrikaners maskers in die openbaar dra. Sosiale afstand en handhigiëne moet ook ten alle tye gehandhaaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ou toppie ·

Herinner my aan my kinderjare. Die koerante was vol van die arme mense wat in Rusland in toue by die winkels staan.

Jannie van Niekerk ·

Dit was vanoggend lekkerder as braaivleis en biltong om vir ‘n keer buite die erf te gaan draf in plaas van die vevelige 200meter roetetjie in my erf.

Strandloper ·

Dit het gelyk of die skool vanoggend uit kom…glo nie dit was wys!

Willem ·

Dis heerlik om buite te wees ,mense stap ,draf ,ry fiets nou is cele kwaad Hy gister gese dis maklik om vlak 4 terug te skuif na 5 toe. Sy hysbak kom nooit bo uit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.