[Foto’s] Swaar reën in Gauteng

Alberton. Foto: Karin Goosen via Storm Report SA op Facebook.

Alberton. Foto: Karin Goosen via Storm Report SA op Facebook.

Swaar reën het Donderdagmiddag chaos in dele van Johannesburg veroorsaak waar paaie gesluit is en verskeie kitsoorstromings voorgekom het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gister op Twitter gewaarsku dat oorstromings tussen 14:00-16:00 in die suidelike en sentrale dele van Gauteng kan voorkom.

Motoriste in Johannesburg is gister gewaarsku om eerder die M1- en M2-snelweg te gebruik nadat die N3-suid oorspoel is in Donderdagmiddag se erge storms.

Sr. Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê dat die Gillooly’s-wisselaar veral ook beïnvloed is deur die oorstromings gister.

“Motoriste kan die M1 en M2 as alternatiewe roetes gebruik en word gemaan om hul hoofligte aan te hou en stadiger te ry op nat paaie,” het Minnaar gesê.

Volgens berigte op sosiale media het dit meer as 80 mm in Alberton gereën.

Elsa de Jager, bestuurder van klimaatinligting by die SAWD, het aan Maroela Media gesê dat dit dikwels gebeur dat die reënval wat deur kitsvloede veroorsaak is in gebiede val waar hulle nie weerstasies het om die reënval te meet nie. Die enigste reënvalsyfers wat vir gister beskikbaar is, is die Johannesburg botaniese tuin wat 22 mm gemeet het, Vereeniging wat 8 mm gemeet het en Zuurbekom wat 9 mm gemeet het.

“Die voorspelling vir vandag dui aan dat daar steeds ʼn kans is vir buie en donderbuie in Johannesburg en Pretoria,” het  De Jager gesê.

Volgens die jongste syfers het die volgende plekke binne die laaste tien dae meer as 90 mm reën gehad:

  • Johannesburg in Gauteng – 98 mm
  • Graskop in Mpumalanga – 130 mm
  • Levubu in Limpopo – 137 mm
  • Marken in Limpopo – 119 mm
  • Thabazimbi in Limpopo – 137 mm
  • Frankfort in die Vrystaat – 104 mm
  • Mtunzini in KwaZulu-Natal – 143 mm
  • Richardsbaai in KwaZulu-Natal – 149 mm

Die onderstaande foto’s is op sosiale media gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karma ·

Nee man, Gautengers! Hou op die Wes-Kaap se reën steel!!!!

Speedguard ·

Ek dink hul moet onmiddelik ‘n kommisie van ondersoek instel, waarom sal dit dan nou so reen in Gauteng (in die reen seisoen) en nie in die Wes Kaap nie (nie reen seisoen), hul kan moontlik die ding omswaai met ‘n paar tenders!!

Cobus ·

As daar minder rommel rondlê, sal die reënwater dalk kan wegloop.

Varkie ·

Onthou tog asb om jou noodligte aan te sit sodat almal wat agter jou ry geen kop of stert kan maak oor wanneer jy links of regs wil gaan nie want niemand verstaan mos dat flikkerligte nie werk as noodligte flikker nie..

M A ·

Is Johannesburg nou die hele Gauteng? Die opskrif is misleidend.

Alida ·

Prys die Heer vir die reen. Die Kaap sal hulle beurt kry. Hou moed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.