[Foto’s] Swaar reën in Noordwes

'n Straat in Zeerust. Foto: Verskaf.

‘n Straat in Mafikeng. Foto: Verskaf.

Verskeie paaie in Noordwes is gesluit ná swaar reën die afgelope twee dae in die provinsie.

Dr. Mpho Motlhabane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer in Noordwes, het gesê die R510 tussen Rustenburg en Mogwase is gesluit by Monakato, die alternatiewe roete daar is die R556 via Sun City-Mogwase.

Die N4-snelweg is gesluit by Groot Marico, die alternatiewe roete daar is die D114 via Pella. Die snelweg by Moedwil is ook gesluit en die alternatiewe roete om daar te gebruik is die R52 Koster-Lichtenburg-pad.

Die Moses Kotane-munisipaliteit het gesê die Kgetlengrivier is tans in vloed weens die swaar reën.

Beauty Makganye, woordvoerder vir die munisipaliteit, het gesê motoriste word aangeraai om die R556 tussen Maile en Ledig Sun City te gebruik. “Die pad tussen Ledig en Boshoek is tydelik gesluit tot die watervlakke daal,” het Makganye gesê.

Motlhabane het motoriste gemaan om versigtig te wees op die paaie ná die swaar reën in dié provinsie.

Motlhabane het ook samewerking gevra in die gebiede waar daar van alternatiewe roetes gebruik gemaak word. “In gebiede wat deur vloede geraak word, sal daar wetstoepassers wees om motoriste te verwys na die alternatiewe roetes. Kom ons ry nie te vinnig nie en gee vir mekaar genoeg ruimte om te bestuur. Kom ons maak ook seker ons voertuie is in ʼn goeie toestand,” het Motlhabane gesê.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het intussen op Twitter gewaarsku dat swaar reën wat vloede tot gevolg kan hê vandag verwag kan word in die noordoostelike Vrystaat, suidwestelike dele van Limpopo, asook die oostelike dele van Noordwes en Gauteng.

Die video wys die oorstroming op die N4-snelweg tussen Groot Marico en Swartruggens:

https://www.facebook.com/jacques.vanrensburg7705/videos/10212391016954994/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ekwilibrium ·

Die mag van die Skepping is indrukwekkend! Ek kan egter nie weerstaan nie; kyk die China Chop op die eerste foto onder!

Mafikeng ·

Wil net onder julle aandag bring, die motor in die foto wat onder water is, wat die opskrif sê dis in ‘n staat in Zeerust is verkeerd. Dit is inteendeel in Eerste Straat in Mafikeng.

Landi Slatter ·

Dagsê Mafikeng

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Adri van Niekerk ·

So ken ek die Marico rivier. Op 19 Desember 1957 het die rivier by die teerpad brug sowat 800 meter wyd geloop. Pragtig

marous ·

Hoop die kerke is so vol soos die riviere … van dankbaarheid

Pendoring ·

Marous, jy gaan ‘n paar mense kry wat dankie sê. Die res het al klaar weer begin kla dat alles nat is en dat hulle nie kan braai nie. Reeds al gehoor dat die naweeksport chaos gaan wees as dit bly reën ens ens. Dis presies hoekom ons so sukkel, ons reken die Here is op standby. Haal Hom van die rak af om te help wanneer dit droog is, wanneer misdaad hoog is, wanneer dit te nat is ens. Die res van die tyd, as alles goed gaan, wil ons niks met Hom te doen hê nie. Wee ons!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.