[Foto’s] Swart Maandag: Duisende trek by Kanonkop saam

Foto: Twitter

Duisende mense het by Kanonkop in Klapmuts naby Stellenbosch bymekaargekom vir ʼn optog teen plaasmoorde.

Die aksie vind spesifiek hier plaas aangesien dit naby is aan waar Joubert Conradie van die plaas Uitkyk op 24 Oktober vermoor is. Die optog maak deel uit van die landwye Swart Maandag-protesaksies

Die optoggangers gaan na Kaapstad beweeg. Richard Bosman, uitvoerende direkteur van die departement veiligheid en sekerheid vir die Stad Kaapstad, het gesê daar is ʼn permit toegeken aan die groep wat ʼn optog hou onder die vaandel van “Genoeg is Genoeg”.

Foto: David Griesel/Facebook

Bosman het gesê die stad het egter nie verwag dat soveel duisende mense sal opdaag nie. Die groep sal met Voortrekkerweg in die rigting van Joostenbergvlakte beweeg. Hulle sal deur Bellville, Parow, Goodwood, Kensington en die Maitland-gebiede beweeg.

Die polisie monitor die optog. Volgens Bosman is die optog vreedsaam. Hy het gesê erge verkeersontwrigtings sal na verwagting voorkom al word die N1 nie geraak nie.

Maroela Media het vroeër berig talle hoofweë en strate in Gauteng is vroeër Maandagoggend tot stilstand gebring weens optogte deur mense wat hul stem dik maak teen plaasmoorde.

Honderde mense het ook by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir ’n oomblik van stilte vir die slagoffers van plaasmoorde.

Foto: David Griesel/Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.