[Foto’s] Swart Maandag: ‘Genoeg is genoeg’

Foto: ANA

Die organiseerders van Maandag se konvooi van Kanonkop by Klapmuts naby Stellenbosch na Kaapstad sê die protesaksie is nie net oor plaasmoorde nie, maar vir almal wat jaar ná jaar vermoor word.

“Ons sê genoeg is genoeg,” het Daniel Briers, een van die organiseerders, gesê. Die protesaksie by Kanonkop het spesifiek daar plaasgevind aangesien dit naby die plek is waar Joubert Conradie van die plaas Uitkyk op 24 Oktober vermoor is. “Hy [Conradie] was ʼn pa, ʼn man vir sy vrou en ʼn werkgewer wat wonderlike mense gehad het en dan was hy ʼn boer.”

Foto: ANA

ʼn Emosionele Briers het gesê die organiseerders gaan nie ʼn petisie aan die regering oorhandig nie, aangesien die regering reeds weet wat aan die gang is in die land, maar niks daaraan doen nie. “Ons moet Suid-Afrika terugvat en ons sê genoeg is genoeg want dit eindig nie hier nie, dit is maar net die begin,” het Briers aan ʼn skare van duisende mense gesê in die omgewing van Kaapstad-stadion.

Die konvooi van honderde voertuie het vroeër van Klapmuts na Kaapstad beweeg. Hulle het op die R44 en R101 gery tot by Voortrekkerweg voordat hulle in die stad inbeweeg het. Optoggangers het plakkate met die woorde “Stop plaasmoorde” en “Kriminele het meer regte as slagoffers” vertoon.

Foto: ANA

Foto: ANA

Foto: ANA

Foto: ANA

Foto: ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris ·

Ek staan stomgeslaan. Ek het not nie een woord van die DA gehoor nie. Laat mens dink nê?

Gat Vol ·

Vermoed DA wil nie betrokke raak nie want ANC sal die optog verder politiseër!

willie jacobs ·

Sien julle 1 Desember by die unie gebou , dit gaan groot wees , dit gaan baie groot wees

Andre ·

MM,
Hoekom kan ons nie op die ander berigte komentaar lewer nie?

Dalene de Vente ·

Dagsê Andre
Dankie vir jou boodskap. Ons het ‘n tegniese probleem ervaar met ons kommentaarstelsel en jy sal vanaf vandag kommentaar kan lewer.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

kat ·

Ek is so trots op ons Afrikaners wat by ons boere staan!!!!!
Wat gebeur die 1ste Desember Willie? Jammer as ek oningelig is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.