[Foto’s] Swart Maandag ook vanuit buiteland ondersteun

Ondersteuning vir #SwartMaandag vanuit Hamilton, Nieu-Seeland (30 Oktober 2017). Foto: Facebook via Jolandi Ford

Die #SwartMaandag-veldtog, wat Maandag talle paaie en snelweë in Suid-Afrika tot stilstand gedwing het, het ook aansienlike ondersteuning in die buiteland getrek.

Suid-Afrikaners is aangemoedig om Maandag swart aan te trek vir die slagoffers van plaasaanvalle en -moorde. Dit volg ná ʼn vlaag van 11 plaasaanvalle in net vyf dae wat die lewe van vier mense geëis het. In 2017 het daar reeds meer as 341 plaasaanvalle plaasgevind waartydens 70 mense vermoor is.

Verkeer is vanoggend landwyd tot stilstand gedwing weens optogte deur mense wat hul stem dik maak teen plaasaanvalle.

Jolandi Ford het vanoggend verskeie foto’s op Facebook gedeel van mense in Hamilton in Nieu-Seeland wat in swart geklee is ter ondersteuning van #SwartMaandag. Die mense hou plakkate vas waarop daar onder meer staan “SA farmers, we hear you in New Zealand”.

Ondersteuning vir #SwartMaandag vanuit Tauranga, Nieu-Seeland (30 Oktober 2017). Foto: Facebook via Kendyl Van Dragt

Christiaan Pretorius het foto’s gedeel van hom en vier vriende wat in Tyrone, Oklahoma, in die VSA swart aangetrek het in protes teen plaasaanvalle. Kendyl van Dragt het ʼn foto gedeel van ʼn groep mense in swart geklee in Tauranga in Nieu-Seeland.

Charlene Uys het ʼn foto gedeel van haar wat #SwartMaandag vanuit Saoedi-Arabië ondersteun, terwyl Jaco Kirsten ʼn foto gedeel het van ondersteuning vir #SwartMaandag vanuit Zambië.

Die Facebook-groep Ek love die Vrystaat het ook ʼn foto gedeel van ʼn banier in Arkansas in die VSA wat lui “Stop farm murders in South Africa”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Meeste Suid-Afrikaners sou nog hier gewees het en nie in anderland gaan nesskop het as dinge hier by ons n ie onuithoudbaar geword het nie. Baie dankie vir julle ondersteuning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.