[Foto’s] Swart Maandag: Rietbron hou gebedsbyeenkoms

Foto: Carien Matthee

Inwoners van Rietbron, ʼn baie klein dorpie in die Oos-Kaap, het Maandagoggend ʼn gebedsbyeenkoms in die hoofstraat gehou.

Carien Matthee van die Rietbron-landbouvereniging het aan Maroela Media gesê die gebedsbyeenkoms is gehou in solidariteit met die slagoffers van geweldsmisdaad op plase. “Ons het ʼn minuut van stilte gehou en die byeenkoms is afgesluit deur ʼn oudpredikant met gebed.”

Volgens Matthee is Rietbron, tussen Beaufort-Wes en Willowmore, nog nie self geraak deur plaasaanvalle nie. “Ons wou egter ook graag iets doen om vir die mense wat daardeur geraak word te wys ons voel vir hulle.”

Matthee het gesê daar is ook gebid vir reën. “Ons gaan tans deur een van die ergste droogtes nog. Die boere se gemoedere is laag.”

Dit is een van talle aksies wat Maandag landwyd gehou is ter ondersteuning van boere wat deur plaasaanvalle en -moorde geraak word. Mense is aangemoedig om swart aan te trek in solidariteit met die slagoffers.

Foto: Edmund Greeff

Foto: Carien Matthee

Foto: Edmund Greeff

Foto: Carien Matthee

Foto: Edmund Greeff

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.