Verskeie voertuie, waaronder ʼn vragmotor, was Saterdagaand in ʼn ongeluk op die N1-hoofweg by Pretoria betrokke.
Netcare911 is omstreeks 20:45 na ʼn ongelukstoneel naby die Lynnwood-afrit ontbied waar verskeie mense beseer is. “Met hul aankoms op die toneel het paramedici gesien dat ʼn vragmotor oor die pad geknipmes het, wat tot gevolg gehad het dat verskeie ander voertuie in die vragmotor vasgery het,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911. Volgens foto’s wat op die toneel geneem is, was meer as tien voertuie in die ongeluk betrokke.
“Dit wil voorkom of die vragmotor uitgeswaai het vir afsperrings in die pad wat vroeër daar geplaas is om ʼn misdaadtoneel af te sper.” Volgens Herbst het verskeie mense beserings opgedoen wat wissel van matige tot ernstige beserings. Die pasiënte is almal op die toneel behandel en met verskillende ambulansdienste hospitaal toe geneem.
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
- Wrakstukke op die N1 in Pretoria. (Foto: Netcare911)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Spoed.
Stem saam spoed het daai paf bja gery
Die probleem is nie noodwendig spoed nie, die mense wat die versperrings aanbring is die meeste van die tyd onkundig en dan doen hulle dit verkeerd. Hulle besef nie altyd wat die implikasies is nie dan plaas hulle die goed anderkant ‘n blinde hoogte of om ‘n draai so die aankomende verkeer het baie min tyd om te reageer en vragmotors het nog meer tyd nodig as ander verkeer
Elke plek in SA het seker sy bestuurders van gewoontes maar wat ek uit Pretoria uit gevat het, is dat bestuurder wil altyd van baie baie baie naby kyk wat jy in jou kattebak het. Ek wonder hoeveel rear en shunts daar elke maand in Pretoria is?
Daai stukkie tussen Rigel af oppand Lynwood toe is baie styl, die trokke kan nie in tyd stop as daar iets gebuer nie, dis presies soos by Van Buuren by Giloolys, Daar is amper elke dag chaos daar, dis n nagmerrie