Foto’s: Talle beseer toe brandblusser in bus ontplof

Foto: ANA.

Talle passasiers is Maandag beseer toe ʼn brandblusser op ʼn Algoa-bus in Port Elizabeth ontplof het.

Die voorval het net voor 08:00 op Mendiweg buite New Brighton plaasgevind.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het gesê een van die passasiers het die ambulansdienste se kontrolekamer geskakel.

Volgens die verslag van die departementele ambulansdienste het die ontploffing aan die voorkant van die bus plaasgevind.

“Daar is vasgestel ʼn brandblusser het ontplof. Die wit poeierstof het die hele bus verswelg en tot paniek en chaos gelei.”

Die passasiers het volgens die ambulansverslag die noodvensters van die bus gebreek en uitgespring om te ontsnap. Ander passasiers het na die agterkant van die bus beweeg en dit het ʼn stormloop tot gevolg gehad.

Sommige passasiers het asemhalingsprobleme ervaar as gevolg van die poeierige stof wat hulle ingeasem het.

Altesaam 16 passasiers het verskeie beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daantjie ·

Waar koop ek die filmregte vir die film. Voor Leon Schuster dit in die hande kry.

SUE ·

EN so blaas alles in ons gesigte op. Niks word onderhou nie .. alle geld word geblaas in plaas van om fasiliteite, voertuie, busse, hospitale te onderhou. Wanneer laas is hierdie brandblussers gediens? Seker weer te suinig gewees om dit te doen. SUE HULLE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.