Foto’s: Talle beseer toe koeldrankvragmotor, ander bots

Foto: Verskaf.

Sowat agt mense is beseer ná verskeie voertuie in die weste van Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 op die kruising van Hendrik Potgieter en die R28 plaasgevind.

“Toe ons 07:12 by die toneel opdaag, kon daar vasgestel word twee vragmotors en drie voertuie het gebots en het tot stilstand gekom in die middel van die kruising,” het Meiring gesê.

Verskeie vragte koeldrank wat op een van die vragmotors gelaai was, het oor die toneel gestrooi gelê.

“By nadere ondersoek kon paramedici vasstel sowat agt mense is matig beseer; een van die beseerdes was ook binne ʼn voertuig vasgekeer.”

Reddingsdienste het die vasgekeerde beseerde bevry terwyl paramedici die oorblywendes behandel het.

Die beseerdes is na verskillende hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ai tog! ·

Die oorsaak is dat die trokke kom soos mal goed teen die bult af gejaag tot by die robot.

Julle tyd! ·

Ek dink julle tyd is heel wat uit, want my kollega is 07:45 daar verby toe was daar nog geen ongeluk gewees nie. Julle bedoel seker 08:00

Penellope Jones ·

Vragmotors het deesdae die ding om sommer net om te slaan of in iets anders vas te ry . . . . .

jaco ·

dit was net voor 11:00 gewees ek was op di toneel di oom met di groen trailer was by di sasol he het diesel ingegooi toe ek daar stop en di folla het saamet my gery heel pad vanaf brandvlei hulle is van di kaap

Lientjie ·

Maroela Media sal ook nie hulle berig regmaak na 11:00 toe nie.

Lee ·

Dankie Jaco. Dis terrible. Ek is bly niemand is oorlede nie want dis altyd vir my so erg. Mag almal spoedig herstel.

GM ·

My man sê ook die tyd is verkeerd. Hy was net na 11 daar, en toe het die ambulanse net daar gestop. My man se baas het hom gister gou teruggeroep om vinnig vir hom iets te sê voor hy ry. As dit nie vir dit was nie, was hy heel moontlik deel van daardie ongeluk gewees. Sulke gebeure laat my dikwels besef hoeveel wonderwerke daagliks gebeur, en ons is nie altyd eers bewus daarvan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.