Foto’s: Talle buurte sonder krag weens substasie-brand

Foto: City Power

Verskeie woonbuurte in Johannesburg is sonder elektrisiteit gelaat nadat ʼn groot brand Maandagmiddag by ʼn substasie in Eikenhof in die suide van die stad uitgebreek het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê die brand het veroorsaak dat kragtoevoer na Naturena, Kibler Park, Alveda Park, Glenvista, Eikenhof en Loughrin onderbreek is. Die Johannesburg-gevangenis is ook deur die kragonderbreking geraak.

“Tegnici van City Power is na die toneel ontplooi en sal daar die omvang van die skade kan bepaal. City Power vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is en sal geaffekteerde inwoners deurentyd op hoogte hou van die verwikkelinge,” het Mangena gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Vroeër vanjaar is inwoners van die ooste van Pretoria meer as ʼn week lank sonder elektrisiteit gelaat nadat ʼn brand die Wapadrand-substasie verwoes het.

Foto: City Power

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

marous ·

Die sekuriteits wagte wat die sleutel punt op en af patrolleer 24/7 kan sekerlik verklaar hoe dit begin het ?

Eish ·

Spontane verbranding?
Hoekom slaan die substansies met sulke reëlmaat aan die brand? Is dit n n diens en onderhouds aangeleentheid?

Dawid ·

DIe krag is vuil en die goed wat nie gediens word nie blaas nou op soos krakkers.
kry kragopwekkers reg

Groenie ·

‘n Kragopwekker is feitlik onontbeerlik, maar die brandstof daarvoor het ‘n pad ongelukke fonds en ander heffings op wat dit ontseglik duur maak om te gebruik

Groenie ·

Ongelukkig is die brandstof vir kragopwekkers nie vrygestel van die pad ongelukke fonds en ander heffings nie en is dit duur om hulle te laat loop.

GM ·

Eskom sny sekere plekke se krag as gevolg van wanbetaling (of altans GEEN betaling), nou ‘sny’ dié wat als verniet eis, seker ander buurte s’n op ‘n permanente basis.

barend ·

vroue het die ambag oorgeneem en daar word glad nie meer statutere inspeksies op die toerusting gedoen ,die olie moet ook gereeld geruil word en moet getoets word vir sure ,anders begin die olie afbreek

Theo ·

Dis waar wat barend skryf. Die anc stel vroue uit die anc aan wat nie n clue het oor onderhoud. Want anc lede wat aangestel is het ook nie clue oor onderhoud nie en hulle moes leiding geneem het. By ons in tshwane is n anc persoon, nie eers n elektriese kwalifikasie, in n direkteurs pos aangestel, en hy het reg uit gesê, hy het sonder elek groot geword die verbruikers kan ook sonder elek bly.

KP ·

So gaan substasies die een na die ander aan die brand slaan agv oorlading van die netewrk wat veroorsaak word deur onwettige verbindindings en die aanvraag na elektrisiteit wat al groter word. Daar word min of geen opgradering aan infrastruktuur gedoen, so die ou toerusting kan dit nie meer hanteer. Dan praat ek nie eers van instandhouding wat nie bestaan.

Geskok ·

Waar presies kry jy hierdie brokkie inligting vandaan Barend?

PNE ·

Die raak nou n algemene ding en daar is nie quick fix vir dit nie. Die toerusting is al lankal oor die muur en moes jare terug al vervang geword het. Maar die geld vir dit is seker ook met bak handjies agter die rug geneem. Ongeveer n jaar gelede het daar omtrent sewe plus mini sub stasies met n hengse bang die gees gegee in n raduis van 2 km. Na n dag of twee was daar kragopwekkers in hulle plek en na maande is die sub stasies vervang. Om die kragopwekkers te huur het seker miljoene gekos. Maar as jy nader gaan kyk die goed lek almal olie (uiters belangrik om die sub stasie koel te hou) die toerusting word nooit nagesien of geinspeteur nie. As hy bang maak sal ons n nuwe een na maande kom insit. Dit maak ook nie aan hulle saak of daar skade aan eindom of lewens verlies gapaart gaan nie. ‘n Paar maande terug het n sub stasie ontplof n bekomerde inwoner het geskakel en dit geraporteer dat sy vonke uit die sub stasie sien kom na ure het city power daar gestop en het net weer gery. ‘n oomblik later bang sub stadie op in rook en twee wagte het ernstige brand wonde opgedoen. Natuurlik is die deel van die beserings gou in die kiem gesmoor. Wag maar as die water toevoer af gaan en weer aan kom en kyk hoeveel pype gaan bars en daar sit jy weer sonder water.

bgj van der westhuizen ·

maak nie saak of goed ou is nie as dit gediens word hou dit alles gaan oordaar geen instandhouding gedoen word nie die mense wat in beheer is is nie bevoeg om werk te doen nie daar is baie daar is baie toerusting in die wereld wat al oor die 100 jaar ou is en in gebruik is en werk nog 100%

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.