Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme

Foto: Ina Strijdom

Foto: Ina Strijdom

Talle woonbuurte in Centurion is sonder elektrisiteit nadat ‘n substasie in die omgewing onder vandale deurgeloop het.

Die Tshwane-metroraad sê daar is kragonderbrekings in The Reeds, Rooihuiskraal, Amberfield, Noordwes, Thatchfield en Wierdapark.

Volgens die metro is die kragonderbreking as gevolg van diefstal en vandalisme by die Brakfontein-substasie. Tegnici werk glo aan die probleem maar die metro kon nie ‘n aanduiding gee wanneer die elektrisiteitstoevoer herstel sal wees nie.

Ina Strijdom, DA-raadslid, het die substasie Sondagoggend besoek en sê diewe het miljoene rande se skade aangerig. Volgens Strijdom kan dit tot drie dae neem om die kragtoevoer te herstel.

Strijdom het die onderstaande foto’s van die Brakfontein-substasie geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

tom ·

Dit is omdat tswene metro raad so slim was om CPI die trek pas te gee. Hulle het ten minstens die diewe gevang skuldig gekry in die hof. Nou is dit n free for all.

Lientjie ·

Was die sekuriteit weer deel van die vandale? Of is daar eenvoudig nie sekuriteit nie? Sekuriteit is tog goedkoper?

MissE ·

Is daar al enige ontwikkelinge tov die krag en wanneer dit weer gaan aankom?

Sollie ·

Ek hoop wraggies EISHKOM gaan moeite doen om die spul te vang – hier sukkel hul reeds om krag aan almal te verskaf weens hul swak diens/instandhouding/kragstasies wat nie klaarkom en dan gebeur sulke goed! Hulle beter GOEIE sekurteit by ALLE kragstasies instel want anders kan ek voorspel gaan daar groot probleme kom. Amper skryf ek ‘n lelike woord….

Paul ·

Dis nie Eskom se substasie nie, dit is die Tshwane Metro se substasie. Eskom het hiermee niks te doen nie.

AmY ·

Daar is moeders met klein babatjies. En mense wat op suurstof is.

Roer julle agterwêrelde ESKOM!!!

En stel beter sekuriteit in werking dat sulke dinge nie weer gebeur nie.

Paul ·

Dis nie Eskom se substasie nie, dit is die Tshwane Metro se substasie. Eskom het hiermee niks te doen nie.

Meisie van Dyk ·

Hoekom word sulke baie belangrike instansies nie opgepas nie???
Dit behoort beman te word.

Theresa ·

Sal baie graag wil weet hoe kry die “diewe” toegang tot die stasie……?? Dit gaan my verstand te bowe en almal staan met gevoude arms en wonder…………… WOW!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.