[Foto’s] Talle huise aan Vaalrivier in puin gelê

Foto's verskaf deur Jessica Moreira

Foto’s verskaf deur Jessica Moreira

Talle luukse huise op die oewer van die Vaalrivier aan die Vrystaatse kant is Sondag in puin gelê toe ’n brand ontstaan het.

Lt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het die brand bevestig en gesê daar was nog geen berigte van beserings nie. Volgens Hani se inligting het 18 huise afgebrand. Sy het gesê die brand het omstreeks 11:00 ontstaan en dat dit nog nie duidelik is wat daartoe gelei het nie.

Jessica Moreira, wat op die rivier se oewer aan die Gautengse kant in Vanderbijlpark woon, het egter aan Maroela Media gesê soveel as 20 huise kan in die brand verwoes wees. Dit is nog nie duidelik of dit private huise of vakansiehuise was nie.

Foto's verskaf deur Jessica Moreira

Foto’s verskaf deur Jessica Moreira

Volgens Moreira het hulle rook gesien waarna hulle met ʼn boot na die oorkant gevaar het om te probeer uitvind wat aangaan. Volgens Moreira was een huis aan die brand en het die huis langsaan weens die hitte ook aan die brand geslaan. “Toe het die volgende een begin brand en so het dit aangegaan. Dit was almal houthuise met grasdakke.”

Volgens Moreira kon mense wat verder rivier af woon betyds ontruim en was daar mense wat water uit die rivier gepomp het en met tuinslange die huise natgespuit het. Moreira het gesê die brand was in die omgewing oorkant Stonehaven.

Volgens onbevestigde berigte het ʼn gasbottel wat ontplof het tot die brand gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Peet Schabort ·

Volgens Google Earth lyk dit asof die huise ongeveer 2,7km stroomaf is van die R57 se brug oor die Vaalrivier. Daar is sowat 25 huise gebou oor ‘n afstand van 540m, d.w.s. elke 22m is ‘n huis. Die afstand tussen die huise is ± 5/6/7m. Duidelik té na aan mekaar vir grasdakke. En die brandweer het glo opgedaag maar sonder water volgens ander nuusberigte. Motors het ook in die slag gebly. Die skade beloop maklik R100miljoen. ‘n Gasstoof waarop kos gemaak is het buite beheer aan die brand geraak.

Hermien ·

Was jy al op so toneel mnr? Vra eerder waar is oord se brand krane en was hulle goed als in plek….

Peet Schabort ·

Hermien, duidelik ken jy nie die geskiedenis van die Metsimaholo brandweer. Hier waar ek bly ook in dieselfde munisipaliteit se gebied is die brandkrane in ‘n chaotiese toestand. Hier het ‘n groot brandweerwa vir ten minste 7 maande agter in ‘n polisiestasie gelê sonder om herstel te word terwyl huise afbrand in daardie tyd.

Chris ·

Dit is iets wat nie meer bestaan nie hulle het seker gestrike !!!!!!

Pierre Celliers ·

Jy kry dit net oorsee. Soos ook, trein-en bus-dienste vir blankes

GL Human ·

Hoop hulle versekering is in plek en hulle “COC” vir hulle weerlig afleiers en gas instelasies.

RobC ·

Min versekeraars verseker geboue wat op die vloedlyn gebou word nie.

Dottie ·

Versekeraars gee nog verseker maar net nie vir vloede nie.

Mary anne ·

Daar is n dame deur Netcare 911 hospitaal toe vervoer met brandwonde

Hettie ·

Dis so jammer Paar keer met die boot daar verby gery Die plekke was n ware paradys

SNEL ·

Ai, dis nou jammer dat so iets moes gebeur het. Dit lyk na lieflike plekke en enige visser se droom. Hoop die versekering sal uitbetaal. Dankie Peet Schabort vir die ekstra inligting. Ek weet ook nie hoe kan n brandweerwa sonder water wees nie. Dis skandelik.

Michiel ·

SNEL – brandweerwaens sonder water is blykbaar die norm – in SA! Waarom hul enigsins nog opdaag by die toneel as hulle weet hulle het nie water is ‘n goeie vraag.

Dries ·

As almal net weet wat alles gebeur by Orkney Vaal,, geen Brand weer toerusting, huise 1 m vanaf mekaar, jy word deur prokureurs gedagvaar om te bou geen dienste,, en daar is geen hulp van enige instansie,, levy vir n staan plek van 10m * 10m beloop nou al R1100.00 dan is daar geen tariewe op die perseel,, maar jy moet betaal of die VENTER prokureurs dagvaar alle eienaars. Ons het al prober by alle politieke instansies vir help maar niks.

Eliza-beth ·

Dries – hene ou maat dit klink nie reg nie. Wat van die Ombudsman – jy sal moet google ou maat. Google iets soos Property ombudsman in Gauteng en kyk wat kom uit. As hul nie kan help sal hul jou moontlik na die regte plek kan verwys. Beste is om e-pos/faks te stuur, soms kom mens by iemand wat jou nie mooi “verstaan” en dan het jy swart op wit van jou navraag. Hoop jy kom reg. Of wag – hier het ek iets – kyk by http://www.toasa.org.za – dan klik jy op members (links) en dan kyk jy watter een mag van toepassing wees vir jou! Dit is die “Ombudsman site” in SA! Hoop Maroela laat toe dat ek die webwerf noem, andere kan gerus ook daardie webwerf hou vir ander probleme. Sterkte!

Patrys de Bruyn ·

Ek voel so jammer vir al die huis eienaars. Dit is ongelooflike groot skade!

Hoe op dees aarde kan die brandweer nie “water” he nie? Dis nou skokkend!!

Patrys de Bruyn ·

Voel so ongelooflik jammer vir die eienaars. Dis baie groot skade!

sarie van heerden ·

Weet nie van die ombudsman se hulp nie. Ons het eenkeer die ombudsman genader ivm banksake maar kon hul nie in die hande kry nie. Sterkte, en my innige simpatie aan die mense wat hierdie aaklige episode moes oorleef.

Bez ·

dankie Eliza-beth vir die inligting hoop ook ou dries kom reg

Roany ·

Daai was rerig ‘n mooi plek. Laasjaar was daar ook ‘n brand ma dit was op die rivier toe di grasdak afdak van ‘n boot vlam gevat op die rivier self. Soos dit blyk maar ‘n probleem te gewees het daarso

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.