[Foto’s] Talle militêre voertuie vat vlam

Die voertuie wat beskadig is. Foto: Verskaf

ʼn Interne ondersoek is deur die weermag van stapel gestuur nadat altesaam 83 militêre voertuie verlede week noord van Pretoria in ʼn brand beskadig is.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het gesê die brand het Woensdag by die voertuigdepot by die Wallmansthal-basis uitgebreek.

“Die eenheid se brandweer was besig met voorbrande om die basis toe sterk winde die vlamme buite beheer laat raak het,” het Mgobozi gesê.

Die voertuie wat beskadig is, is hoofsaaklik vragmotors wat nie meer in gebruik was nie. Die presiese omvang van die skade kan eers bevestig word as die ondersoek afgehandel is.

Die weermag hou Woensdagoggend ʼn media-ontbyt om verskeie kwessies in die weermag te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

SjN ·

Waarvoor n media ontbyt, die rede is bekend, hul het seker nie geweet dat jy manne en grawe gebruik om n brandstrook skoon te skoffel nie.

Lientjie ·

Soos ek se dis nie media ontbyt nie dis media groot “eet” en nonsens praat.

Lollie ·

As die weermag se brandweer soveel skade kon aanrig dan wonder ek in watse goeie hande is ons veiligheid met dié weermag!

Denise ·

“Too many chiefs too little soldiers….” Niemand wil meer skoffel nie….! Almal wil vandag net “in charge” wees!

Aubrey Vermaak ·

Ai dis jammer. In my weermag dae het ek dit geniet om met hulle te ry. Hulle was sterk en onbreekbaar. Nou is n deel van ons ou geskiedenis ook daarmee heen. Tog nie eintlik skade nie daar is tog nie meer werk vir hulle nie. Rus in vrede ou grotes- julle het julle deel gedoen.

Niccy ·

O genade nou moet die ingevoerde Diesel werktuigkundiges seker teruggestuur word… nie meer werk vir hulle nie…As mens so kyk na die rye en rye onklaar voertuie, lyk dit in elk geval nie of hul sogenaamde kundigheid gehelp het nie. Wat ‘n jammerte SA!!

vrikie ·

Hulle kon hulle blykbaar nie verwyder nie want al die batterye was gesteel

Eugene ·

As jy met vuurhoutjies speel gaan jy jou bed nat maak.Ons kan dankbaar wees dit is nie by n amunisie depo nie.

Swannie ·

Dit is nie waar dat die voertuie nie meer gebruik of benodig word nie. Die waarheid is dat die voertuie vir jare nie instand gehou is nie en daarom nie kon beweeg nie. Die gras onder die voertuie word nie gesny nie, omdat die voertuie nie eens gesleep kan word nie- lugrem stelsel. Soldate sal eerder rus en sokker speel as om hulle primêre taak te verrig deur uitrusting instand te hou.

Gerrie ·

Stem saam met jou, maar met n’ bietjie mannekrag kan jy die lug remme deaktiveer en die voertuig wegsleep, maar ek dink die bande was in elk geval pap…die wat nog bande opgehad het.

Wilweet ·

Hoe maak jy voorbrand as die wind waai?? Wys jou net hoe onnosel die spul is !!@

Swart Piet ·

Dit wil my voorkom asof die weermag meer stukkende voertuie het as voertuie in werkende kondisie. Red nou ‘n land met so weermag.

Afrikaanse Knaap ·

SA 0 – NZ 57.
Wanneer kry ons die brandweermanne en rugby spelers op meriette?

Johanna Botha ·

Kyk na die mense op die foto dis asof niks in die agtergrond gebeur nie ….totaal ongeerg van die brand wat alles vernietig ….daar gaan die belasting geldtjies maar weer op in vlamme en almal kyk net !

Anika ·

As iets so algemeen raak soos voertuie, treine en skole wat brand, dan skrik mens mos nie meer daarvoor nie !

Thomas John ·

Dr,.Verwoerd en daardie klas manne het geweet wat hulle doen… maar ag, nou ja dis polities nie korrek om dit te erken nie! Alles, maar alles gaan nou tot niet…

george patton ·

Gaan Maroela die inligtingsessie bywoon?. Vra gerus hoekom het ons weermag 250 generaals teenoor die wêreldvermaarde Duitse Bundeswehr se 117

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… En siedaar! Bleddie spul nikswerd soldate. Teer net op die belastingbetaler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.