[Foto’s] Talle motors in water vasgekeer op N12

Een motor is heeltemal onder die water gewees. Foto: Verskaf

Een motor was heeltemal onder die water Foto: Verskaf

ʼn Dramatiese toneel het gisteraand voor motoriste afgespeel ná swaar reën op die N12-hoofweg naby die Snake-afrit aan die Oosrand groot skade veroorsaak het. ʼn Blokkasie in die dreineringspype van die hoofweg het veroorsaak dat die water in die linkerbaan opgedam het en motors tot by hul dakke onder water was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die motoriste het vermoedelik die diepte van die water onderskat. “Die bestuurders wou vermoedelik deur die water ry en omdat die water so diep was, is die motors in die middel van die water vasgevang.”

Geen beserings is op die toneel aangemeld nie. Die bestuurders het hul motors verlaat en gewag vir ʼn insleepvoertuig om die voertuie uit die water te sleep.

Meiring sê die hoofweg was vir etlike ure geblokkeer weens die swaar reën. Woordvoerders van die Intelligence Bureau SA het intussen gesê ʼn inkopietrollie en komberse, vermoedelik van hawelose mense, het die blokkasie van die dreineringsstelsel veroorsaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niel

Die stormwaterdreine word nie meer skoongemaak nie, ek is seker dis wat die probleem veroorsaak het.

Emile

Die tweede foto se onderskrif moet seker lees:

“Die hoofweg was glo geblokkeer deur komberse…” nie “gedreineer” nie.

Johann Marx

Kan julle onthou toe hoofwëe nog NIKS tussen die bane gehad het behalwe bome en bosse nie? Toe gaan een slim kader en besluit dat dit ‘n goeie plan is om sementwalle tussen die bane van die pad te pak. As daar nou ‘n ongeluk is, kan geen ambulans of insleep diens by jou uitkom nie, want hulle moet die naaste afrit soek, en dan tussen die stilstaande voertuie probeer deurkom. Tussen die 14de laan en Maraisburg afritte vorm daar ‘n dam elke keer as dit reën….as jy dit in die nag teen 100km/u tref, is jy dood. En natuurlik… Lees meer »

Peet Schabort

Beplande chaos Johann. Dreineringstelsels kan so ontwerp word dat dit nie verstop MITS onderhoud ook gedoen word. Ek glo dat kubaanse ingenieurs die probleem lag lag (oftewel giggelend) sal oplos. He he he . . .
Ook maar dom om oop oë in so ‘n dam water in te ry tensy die water opgestoot het met voertuie alreeds vasgevang.

Johann Marx

Peet, die akteur Jacques Loots (Oupa in Orknie Snorknie) het in een program die volgende waarheid kwytgeraak: “Onnoselheid kan nie uit geteel word nie”.