[Foto’s] Talle motors in water vasgekeer op N12

Een motor is heeltemal onder die water gewees. Foto: Verskaf

Een motor was heeltemal onder die water Foto: Verskaf

ʼn Dramatiese toneel het gisteraand voor motoriste afgespeel ná swaar reën op die N12-hoofweg naby die Snake-afrit aan die Oosrand groot skade veroorsaak het. ʼn Blokkasie in die dreineringspype van die hoofweg het veroorsaak dat die water in die linkerbaan opgedam het en motors tot by hul dakke onder water was.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die motoriste het vermoedelik die diepte van die water onderskat. “Die bestuurders wou vermoedelik deur die water ry en omdat die water so diep was, is die motors in die middel van die water vasgevang.”

Geen beserings is op die toneel aangemeld nie. Die bestuurders het hul motors verlaat en gewag vir ʼn insleepvoertuig om die voertuie uit die water te sleep.

Meiring sê die hoofweg was vir etlike ure geblokkeer weens die swaar reën. Woordvoerders van die Intelligence Bureau SA het intussen gesê ʼn inkopietrollie en komberse, vermoedelik van hawelose mense, het die blokkasie van die dreineringsstelsel veroorsaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Niel ·

Die stormwaterdreine word nie meer skoongemaak nie, ek is seker dis wat die probleem veroorsaak het.

Emile ·

Die tweede foto se onderskrif moet seker lees:

“Die hoofweg was glo geblokkeer deur komberse…” nie “gedreineer” nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Emile

Daar het inderdaad ‘n vreemde taalfout ingesluip. Dankie, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johann Marx ·

Kan julle onthou toe hoofwëe nog NIKS tussen die bane gehad het behalwe bome en bosse nie? Toe gaan een slim kader en besluit dat dit ‘n goeie plan is om sementwalle tussen die bane van die pad te pak. As daar nou ‘n ongeluk is, kan geen ambulans of insleep diens by jou uitkom nie, want hulle moet die naaste afrit soek, en dan tussen die stilstaande voertuie probeer deurkom. Tussen die 14de laan en Maraisburg afritte vorm daar ‘n dam elke keer as dit reën….as jy dit in die nag teen 100km/u tref, is jy dood. En natuurlik werk die straatligte ook nie daar as dit begin reën nie. Suid Afrika se hoofweë is “death traps”….

Peet Schabort ·

Beplande chaos Johann. Dreineringstelsels kan so ontwerp word dat dit nie verstop MITS onderhoud ook gedoen word. Ek glo dat kubaanse ingenieurs die probleem lag lag (oftewel giggelend) sal oplos. He he he . . .
Ook maar dom om oop oë in so ‘n dam water in te ry tensy die water opgestoot het met voertuie alreeds vasgevang.

Johann Marx ·

Peet, die akteur Jacques Loots (Oupa in Orknie Snorknie) het in een program die volgende waarheid kwytgeraak: “Onnoselheid kan nie uit geteel word nie”.

Gerda ·

Maar jul jok mos nou. Hoe kan die motors tot hul dak in die water wees? En dai wit kar staan in n gat

Frans ·

Hierdie afrit Snake Road en Tom Jones in Bebnni is berug vir hul diefstalle uit motors want
groot groepe leegleërs hang gedurig daar rond en slaan veral toe op motoriste en voetgangers wat wag vir verkeersligte om oor te skakel en verdwyn dan vinnig in die omgewing.

Alhoewel die polisie gereeld klopjagte uitvoer keer hul keer op keer terug.Wees dus versigtig as jy van die afritte gebruik maak en moenie goed in jou motor soos laptops ens
op sitplekke los nie ,sluit dit toe in die kattebak en hou jou vensters toe.

Frans ·

My vorige kommentaar is nie geplaas nie. Daar is twee afritte in Benoni wat bekend is vir leegleërs, nl die Snake road afrit en die Tom Jones afrit.Die Snake Road ontleen sy naam aan die ou slingerpaaidjie vanaf Brakpan. Ek ken die omgewing goed wants was lank werksaam daar.

Die mense slaap in die omgewing en die polisie het al waarskuwings uitgereik dat motoriste wat by verkeersligte wag om oor te skakel versigtig moet wees ,vensters toe hou en nie goed op sitplekke los nie.
Polisieklopjagte word gereeld uitgevoer en word dikwels gesteelde goedere gevind.

Hierdie diewe slaan toe soos blits en verdwyn in die omgewing.Dat die vloedwaterkanale verstop raak verbaas my nie want dit is ‘n gerieflike stortingsplek vir allerhande gemors.

nig ·

Onderhoud, onderhoud, onderhoud… hoe moeilik is dit? Ehhhh…eish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.