Foto’s: Talle paaie in wildtuin gesluit weens reën 

Foto: SANParke

Swaar reënval in die Krugerwildtuin het tot gevolg dat alle grondpaaie gesluit moes word.

Volgens die wildtuin is sommige teerpaaie ook gesluit.

Verskeie laagwaterbrûe, insluitend die een by Sandrivier net buite Skukuza, het oorstroom en is ook gesluit. Die Balule-laagwaterbrug is ook gesluit.

Meer as 100 mm reën het reeds in talle dele van die wildtuin geval.

Die wildtuin het ʼn beroep op besoekers gedoen om uiters versigtig te wees op die paaie en om nie op paaie af te draai wat gesluit is nie.

Riviere in die wildtuin vloei sterk met reën wat ook plek-plek voortduur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lollapot ·

Ek sè net DANKIE HERE! vir elke druppel wat daar val . . . die laaste 5 jaar spandeer ek my jaarlikse vakansie in die KNP, en elke jaar het die droogte net vererger.

Hekwag ·

Goeie nuus vir ‘n slag. Ek is al so moeg vir ou Julius se gesig…

Vriendelike Frikkie ·

Dit is hoekom dit so sleg gaan met ons volk. Ons is nie meer dankbaar vir die basiese dinge nie. Ons is “geregtig” (entitled) daarop. Hoeveel sê nog dankie wanneer ons opstaan en nog ‘n dag van lewe het? Ons sal nie, dis ons reg. Ons het geen regte nie, alles is Genade.

ameli ·

Dankie Vader vir die wonderlike reën, ons diere in die wildtuin kan weer asemhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.