[Foto’s] Talle polisiebeamptes vas by grenspos

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Valke in Noordwes het 18 polisiebeamptes en twee werknemers van die departement van binnelandse sake in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê 16 van die verdagtes is polisiebeamptes wat by die Kopfontein-grenspos gestasioneer was, terwyl die ander twee polisiebeamptes onderskeidelik vir die voertuigidentifikasie-eenheid en die Swarturrgens-speurdiens werk. Die ander twee verdagtes is werknemers van die departement van binnelandse sake.

Volgens Mulaudzi het die verdagtes glo omkoopgeld van mense wat die grens oorgesteek het, aanvaar. “Die beamptes het glo mense en voertuie toegelaat om die land binne te kom en te verlaat sonder om te verseker dat hulle die nodige dokumentasie het,” het Mulaudzi gesê.

Lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, hoof van die Valke, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Wat gebeur het, kan nie gevier word nie. Dit is ʼn verleentheid vir die land, die SAPD, die departement van binnelandse sake en die families van die verdagtes. Die arrestasies moet as ʼn waarskuwing dien vir alle korrupte beamptes wat by die land se grensposte werk, dat ons hulle ook sal vastrek.”

Die verdagtes sal Donderdag in die Zeerust-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sandy ·

Wel gedaan Valke, hoop almal wat so korrup is word sommer gou vasgetrek.

CR ·

Net nog parasiete gevang. Dit is maar slegs ‘n druppel in die see.

Eddie ·

Great nog vrot appels uit die boks. Net jammer hulle gesigte word versteek sal nice wees as die hele land kan sien wie en wat hulle is. Maar weereens sal hulle vol pay kry tot en met die saak in die hof verskyn en vir hoeveel keer uitgestel gaan word. En soos baie ander kere uit die hof gegooi word deur onvoldoende bewyse. Ons weet mos hoe gaan dit in hierdie land van ons.

Annie Bester ·

Knap gegaan manne ( Valke), SAPD groot skande vir ons land skaam julle, julle is daar vir ons land se veiligheid. Wat sal hulle nie nog doen vir geld nie. Geld is nie alles in die lewe nie. Ek wonder hoeveel is daar nog van die SAPD wat trost is op ons land en om met hulle uniform hulle werk te doen. Plaas min vertroue in die SAPD want mens weet nie of hulle agter ander dinge sit nie. Kan dit nie glo van hulle nie.

Piet Pompies ·

Uitstekende werk, ons het gister terug gekom van die KNP af en in Nelspruit gestop by Mc Donalds vir middagete. Omdat ek ‘n sleepwa aan het parkeer ek eenkant agter Waltons by Crossing winkel sentrum. Terwyl ek in die motor was, is die enjin aangeskakel motor koel te hou en so ook die dash cam. Terwyl ek wag kom ‘n Mosambiek maatskappy bakkie en parkeer so skeef skeef met sy agterkant na die muur van Waltons. Ek vind dit effens vreemd maar steur my nie veel aan die saak. Na ‘n rukkie besef ek hier is misdaad besig om plaas te vind reg voor my neus, hier word onder meer onwettige Mosambiek sigarette verkoop, reg onder my neus en op HD dash cam. Die bakkie bestuurder besef hy word afgeneem toe ek die kamera in sy rigting draai, bokse word toegemaak en die transaksie kom tot ‘n einde. Die vrag het onwettig oor die Mosambiek grens gekom, hoe is dit moontlik?

winston ·

Piet. Nou weet jy. LML.
Dit het n leefwyse geword in SA. Niemand steur hulle aan die reg nie. Bravo Valke. Goeie veldslag gewen maar nie die oorlog nie.

irene ·

Goeie werk. Hoeveel is nie alreeds in ons land nie kyk wie doen die tiepe van werk in werksplekke dan wonder ons net. Ons land word a misdaadland hierdeur en ons hande is afgekap. Dit help nie ons bekommer oor ander lande nie hier gaan dit erger ons oe gaan te laat oop gaan

k

Amanda ·

Dink net hoe besig sal die valke by Lebombo wees! Glo nie daar sal een beampte oorbly na die arrestasies nie!

Willie ·

Dit is waarom ons bedreig voel as die polisie in die omgewing is.

Willie ·

Dit is waarom ons bedreig voel wanneer die polisie in die omgewing is , jy weet nie of dit een van die talle vrot eiers is nie.

Ben ·

Ek was amper aan die verkeerde kant van die gereg na skool. Ek wou ‘n polisieman word. Gelukkig gou wakker geword!

MM ·

Shame dis al wat mens kan se! Julle is baie lankal ‘n verleentheid vir ons land!
As hulle regtig almal in die SAPD moet vang wat betrokke is by skelm streke dan gaan daar nie genoeg lede wees om een stad te beman nie.

Johann Marx ·

Dit gebeur nou as jy wolf skaapwagter maak. Hulle arresteer mekaar…..sodat die kompetisie tussen hulle bietjie kan afneem…Daar is ook darem net soveel bribes, jy weet?

Ouman ·

Dit is waar- geen vertroue in SAPD nie en net kwessie van tyd voor Valke ook aasvoels word

GES ·

Ek sal graag wil weet hoeveel van die tronkbevolking polisiebeamptes was. Hierdie storie klink soos ‘n slang wat homself insluk sodat uiteindelik niks oorbly. Knap gedaan Valke, die oorlog is nog nie verby nie.

Gert Cloete ·

nou gaan `n sekere persoon die sogenaamde no 1 weer help en die valke ontbind sodat korrupsie kan aangaan en sy kaders voortgaan met hulle korrupte werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.