Foto’s: Talle ruk op oor Shell se planne by Wildekus

Omgewingsbetogers by die Muizenberg-strand in Kaapstad. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Honderde omgewingsbetogers het Sondag op strande in onder meer Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) bymekaargekom om te betoog teen die energiereus Shell se beplande olie- en gasontginning aan die Oos-Kaapse Wildekus.

Die aktiviste hou vol Shell se beplande seismiese opnames hou ʼn gevaar vir die seelewe in.

Die gasreus gaan nou voort om seismiese opnames uit te voer op soek na gas en olie op die seebodem. Dié opnames sal vir vyf maande uitgevoer word waartydens herhaaldelike skokgolwe op die seebodem afgevuur sal word.

Ekoloë sê die opnames kan diere se gedrag, voeding, voortplanting en migrasiepatrone versteur, met baie seediere soos walvisse wat baie op hul gehoorsintuig staatmaak.

ʼn Dringende interdik van vier omgewing- en menseregte-organisasies teen Shell om te verhoed dat hy met die seismiese opnames voortgaan, is egter Vrydag van die hand gewys. Shell het aangevoer sy planne is wettig en dat omvattende omgewingstudies gedoen is voordat die projek van stapel gestuur is.

Maroela Media het vroeër berig die saak is Woensdag in die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) aangehoor. Shell sou reeds op dié dag met sy opnames op die seebodem begin het.

Volgens Happy Khambule, senior klimaat- en energieveldtogbestuurder by Greenpeace Africa, het die hof geweier om die interdik toe te staan omdat “onherstelbare skade aan mariene spesies” nie bewys kan word nie.

ʼn Woordvoerder van Shell het verlede maand aan AFP gesê dié maatskappy doen alles moontlik om die impak van sy planne op visse, seesoogdiere en ander natuurlewe te voorkom of te beperk.

Omgewingsbetogers by die Muizenberg-strand in Kaapstad. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

Omgewingsbetogers by die Muizenberg-strand in Kaapstad. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

‘n Omgewingsbetoger by die Muizenberg-strand in Kaapstad. (Foto: RODGER BOSCH / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

Shell is dit gewoond en bitter min sal hul stop…maar, dit bly goed om te probeer. Eendag is eendag.

Keelvol ·

Môre het hulle almal COVID-19. Dan wil hulle huil as die inperkings nie gelig word nie.

Willem ·

Wat Jeepie gesê het en nog meer. Miskien moet daai betogers terugkeer na die steentyd toe. Geen moderne klere nie, net diervelle of jy loop nakend; geen vuur nie, eet jou vleis rou. Geen motors of elektrisiteit nie; loop as jy iewers moet heen en voel in die donker rond as jy iets soek. Geen medisyne nie, as jy siek raak dood jy. Tog te lekker om soos n dier te lewe.

Johan ·

Wat is die koste van jou wêreld Willem, hoeveel moet ons (die natuur) betaal voor dit te veel is? Om naby die kus te myn is geweldig destruktief, en die koste waarskynlik te hoog, dis waaroor dit gaan.

Jeepie ·

Willen. Ja. Sien my post is weg. Seker maar reg so. Dink die mense moet saam met Shell werk vir die beste uitkoms vir almal. Maar nou ja. Dis seker nie wat mense wil hoor nie. Ons soek mos maar altyd ‘n gemene enemy of een of ander conspiracy.

FBS ·

Wonder waar is die groot groep as kinders mishandel word, boere dood gemaak word?
Hoekom ry hulle karre en kla oor hoe pryse. Wys ons julle is ernstig en begin om perd te ry en dokkie karre te gebruik.

Nationalist ·

Weereens verraai die regering die mense van SA! Geen geld is ten koste van die natuur werd nie.

sans ·

Wonder net! Hoeveel geld het Shell die SA regering en vir die Hof aangebied hiervoor!! Shell jaag rykdom, geld en mag na. Verskil nie veel van ANC nie!

annie ·

‘n Lui visserman gooi ‘n handgranaat in ‘n dam en gou dryf baie visse witpens bo. Maar in die see bombardeer Shell, lees die ironiese naam, skulp, die seebodem duisende kere en geen vis sterf nie. En dit kan nie bewys word dat sulke erge skokke iets dood nie. Wat ‘n grillige groep.

Misky ·

Die geld is lankal in ANC se sakke, so sal nie sommer gestop kan word nie

Frank John ·

Ja, as daar goeie inpak studie gedoen is en die land se leiers maak die regte besluit wat goed is vir die lan en die see dan sal ek nie keer dat hulle die olie vind en ontgin as dit voorspoed vir die mense van SA bring.
O’ nie net vir die ANC-Mafia-base nie!!!

Dirk Mostert ·

Daar word deeglike impakstudies gedoen op sulke projekte. Die groenes is onbewus van die omslagtige prosedures wat gevolg is.

Petrus ·

Nou maar daar is mos ‘n makliker opsie as om sulke optogte te hou wat klaarblyklik onsuksesvol is. Boikot hulle net by die vulstasies. Maklik!

Johan ·

Die magtige Shall sal dit eers agterkom nie. Daai gas/olie gaan alles in die buiteland verkoop word.

B-Man ·

Ek dog dis vir gaseksplorasie, hoekom praat almal van olie?

Cedrick ·

Slaan hulle waar dit die seerste maak. Moenie Shell ondersteun nie.

Plaaskind ·

En is jy bly dat hulle ons laaste bietjie natuurlewe wil opfoeter? Skaam jou – alles gaan nie oor geld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.