[Foto’s] Talle sterf in gru-ongeluk

[OPVOLG] Die dodetal van die ongeluk het intussen gestyg. Lees die opvolgberig hier.

Foto: ER24

Minstens 12 mense is Dinsdagoggend dood in ʼn gru-botsing buite Machadodorp in Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die botsing het omstreeks 06:00 op die R541 ongeveer ʼn kilometer buite die dorp gebeur. Volgens Mabuza was drie voertuie by die botsing betrokke.

“ʼn Vragmotor het vanaf Badplaas se rigting gekom en reg van voor teen ʼn minibus-taxi gebots wat vanaf Machadodorp se rigting gekom het. ʼn Midibus het toe van agter teen die taxi gebots,” het Mabuza gesê.

Nooddienste is tans bedrywig op die toneel waar sommige mense steeds in die voertuigwrakke vasgekeer is. “Altesaam 16 van die beseerdes is reeds na ʼn hospitaal in Belfast gehaas, terwyl nog ʼn persoon per helikopter na Nelspruit geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wilma ·

Dis erg. Daarom is dit uiters belangrik vir my om my huismense te groet voor ek / hulle op die pad gaan. Mens weet nooit. :(

marlene ·

Ons is daagliks op die Gauteng paaie en die N1 – die taxi’s bestuur roekeloos en arrogant. As almal in die aande veilig tuiskom, kan ‘n mens net “dankie” sê.

Pieterlewismuts ·

My eerste gedagte toe ek die fotos sien was dat miskien was die taxis wel aan hulle kan van die streep en maybe die vragmotor verkeerd.
Wat opval is dat die perd vd die vragmotor links van die pad.gestop het (soos ek na die to eel kyk).
Vir n kombi om n swaar perd.so uit sy rigting te stamp gee my die indruk dat een of maybe al twee taxis uitermate vinnig moes gery het.
Die getal oorledenes dui na my mening ook daarop.
Dit is my beskeie mening en ek mag duidelik die gegewens verkeerd opgesom het

Speedguard ·

In die transport bedryf word die voorspan motor ‘n perd genoem, net vir verdere inligting dit is die gedeelte van die trok wat die enjin in het en die trek werk doen!!

Speedguard ·

My antwooed lyk nou bietjie dom, vorige komentaar was “wat is ‘n Perd” die is nou egter verwyder !!

Gina ·

Speedguard – ek verstaan wat jy bedoel met perd. Dis hoe die ouens in transport verwys na n vragmotor. Ons praat ook van n perd.

T ·

Dis was vanoggend heeltemal toe met die mis, in en om Belfast en Machadodorp.

Piet Pompies ·

Die pad uit Machadodorp op pad na Badplaas is vir omtrent 1km ‘n 60 km/h sone en daarna vir 3 km ‘n 80 km/h sone tot by die afdraai na die smeltery. Die pad is maar smal en die gedeelte waar die ongeluk voorgekom het is afdraende vir die Taxi en opdraende vir die swaar voertuig. Soos in vorige kommentaar wil dit voorkom of die Taxi / Bussie nie by die spoedgrens en padreels gehou het nie.

Tolla ·

Dit was op die Badplaas pad gewees nie die Carolina pad nie. Dit is ook Nkomati myn se werkers se werks bussies gewees.

Kobus Ehlers ·

Ek is gister van Gauteng na Nelspruit met die N4. Dit is onrusbarend om te sien hoeveel taxi’s hulle hoegenaamd steur aan die pad reëls. Ek is telkemale verby gegaan op die onmoontlikse plekke deur hulle, dubbele sperstrepe, blinde hoogtes, ens. Geen wetstoepassing slegs twee spoed kameras by Middelburg.

T ·

Sit maak sin! Dankie Piet pompies. En boonop dink ek daar was mis 6uur vanoggend.

Nita ·

Waar’s die dae toe jy dit nie sou gewaag het om oor sperstrepe verby ander motors te jaag nie. N verkeerskonstabel spring net daar agter n bos uit en beboet jou R250 vir elke wiel oor daardie streep. Dis die dae toe jy n trollie vol kruideniersware vir daardie geld koop. Hierdie manier van wetstoepassing waar 30 metropolisie saam staan en kloek op n hoek is nonsens. Gaan uit op die paaie. Skuil agter n bos en vang die jaagduiwels en die wat reels verontagsaam.

WILMA ·

En nou gaan ons belasting geld weer gebruik word om hulle te begrawe.

Andre ·

Die begrafniskostes is nog niks, miljoene der miljoene sal deur die derdepartyfonds betaal moet word

c ·

Ek ry gereeld daai pad in die pik donker en mis dis varbasend hoe baie trokke in die pad staan sonder enige ligte aan en dan praat ek nie eers van die taxis wat verby ons jaag nie hulle ry so vinnig lyk of ons parkeer plek soek! Sterkte aan al die families

Philip Koen ·

Niks om oor te huil nie, daar was ook weer ‘n plaasmoord.
..

jannie ·

Verbeel ek my net of is dit toevallig OF WAT dat sulke ongelukke gebeur net na n plaasmoord

Carel ·

Julle is almal verkeerd
Geen bussie was oorlaai nie
Geen witstreep was verontagsaam nie
Alle voertuie was binne die spoedgrens
Alle voertuie was padwaardig
Dan moet dit seker apartheid se skuld wees

Jeannette ·

Dankbaar daarvoor! Minder wat my belastinggeld opvreet.

Mariska ·

Geen taxi. Permanente vervoer maatskappy wat kontrakteure na die myn vervoer het.

Saartjie ·

Jeannette, dit is darem ‘n baie hardvogtige stelling. Ek word ook woedend vir taxibestuurders, maar die feit bly dat hulle passassiers gewoonlik nie ‘n ander keuse het as om van openbare vervoer gebruik te maak nie. As ‘n mens nie ‘n motor het nie en daar loop nie ‘n trein of ‘n bus nie … hoe gemaak? By die huis sit en die belastingbetaler se geld ‘opvreet’? As mense vroeg in die oggend in ‘n taxi op pad is, is dit gewoonlik omdat hulle op pad werk toe of skool toe is – mense wat ‘n eerlike bestaan probeer maak en brood op die tafel sit of hulle daarop voorberei om eendag te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.