Foto’s: Talle vragmotors op N3 gebrand

(Foto: Twitter)

Nege vragmotors met sleepwaens het Donderdagaand in die omgewing van Heidelberg in Gauteng aan die brand geraak nadat boosdoeners paaie versper en die voertuie glo met petrolbomme bestook het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê ’n wit Toyota Quantum en swart Volkswagen het omstreeks 20:30 paaie versper waarna petrolbomme glo na vragmotors gegooi is.

Sewe vragmotors op die N3 tussen Heidelberg en Vosloorus en twee vragmotors op die R103 is aan die brand gesteek.

(Foto: Twitter)

Die motief vir die voorval is in dié stadium onduidelik.

’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.

Patricia Rampota, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het versoek dat die polisie alle nodige hulpbronne inspan om die boosdoeners vas te trek.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Persheks Adri ·

Kwaadwillige saakbeskadiging? Nee ek dink dis terrorisme met die doel om dood te maak. Ons weet natuurlik van wie af dit kom pffft!

Pieter ·

Alles eff. Gaan kyk, die is terroriste en rassiste van eff.

Maggies ·

Só vroeg gee al die nuus gebeure vandag my al hoofpyn. Orals wil hulle net maak en breek soos hulle wil en ons word telkemale gevra om nie op te staan vir óns regte nie.
Wanneer gaan dit end kry?

Dries ·

Ons mag nie opstaan nie, ons moet op ons kniee gaan om te wys dat sekere lewens saakmaak. Dis mos die huidige narratief.

Maggies ·

Dries jy het iets beet hier. Laat my dink aan die Woord in JOSUA spesifiek.
En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;
JOSUA 6:4

Grassie ·

Kwaadwillige saakbeskadiging sê die polisie. Nou wonder ek wat is hulle definisie vir terrorisme.

Die Goodwoodianer ·

Dit is hartverskeurend en maak mens terselfdertyd verskriklik kókend om te sien hoe die pragtigste land ter wêreld (ja, ter wêreld vir my) inmekaar stort.

Sommige van ons is te jonk, ons kan nie saam praat oor die lewe in die 70’s en 80’s en vroeë 90’s nie. Natuurlik het elke generasie sy probleme gehad en alles het nie altyd glad verloop nie maar as ek so kyk na die ou Fuji- en Kodak-fotos, voel dit asof ek teruggeneem word in tyd en ek voel die lewe aan soos wat my verbeelding dit aan my probeer voorlê. En hoe lekker voel dit nie!

Ek lees die stories van die jollerige Johannesburg in die vroeë 1990’s, verbeel my ek is by ñ disko iewers in die Kaap in 1979 en ek verstaar my aan ou fotos van treine en stasies en “dink dan terug” aan hoe swaar dit moes wees vir die harde werkers en hul kinders in die 1940’s en 50’s.

Die kleurvolle geskiedenis van ons land Suid-Afrika hét bestaan. Eendag sál dit wéér kleurvol wees. God sal voorsien. Ons vertrou.

Andre ·

Ja die jare voor 94 was voorvaar iets anders.Alles het gewerk,ons het bevoegde mense in beheer gehad en die lewe was baie anders as wat dit nou is.Ons was trots om Suid Afrikaners te wees.Kyk maar fotos.Die dae is verby vir altyd.

Kokerboom ·

Wake up call mnre Cele en Polisiekommisaris!!!!Trokdrywers moet hulself bewapen. Ook gevolge van plakkerskampe op rand van snelweë.Nog ‘n spyker in die beleggersdoodskis

Anoniem ·

Ek sê al vir etlike jare dat die oprigting van plakkerskampe teenaan hoof roetes/dorpe se in en uitgange nie om dowe neute gedoen word nie……

Anel ·

TERRORISME, TERRORISME, TERRORISME!!! En hulle noem dit kwaadwillige saakbeskadiging. Die spul is baie vinnig om een bevolkingsgroep van terrorisme te beskuldig maar as our people erger doen is dit gewone misdaad. Daardie arme bestuurder. Die vrees wat hulle moes deurgaan. Om nie te weet of jy dalk gevang, gemartel en vermoir gaan word nie, net omdat jy werk. En wat van die mense wie se eiendom vervoer en vernietig is? Versekering gaan onbekostigbaar word en wat doen die regering? NIKS, NIKS, NIKS!! Waar is ou hoed nou? En wat is nou die rede vir die vernietiging? Of kan mens ander se eiendom nou maar vir die lekker vernietig want jy gaan in elk geval niks oorkom nie?

Niklaas ·

Nou wonder mens net waaroor word daar hierdie keer gekla ? Daar is diegene wat hierdie optredes vreeslik geniet.

Tanniepetoors ·

Wat op aarde het ‘n vragmotor op ‘n openbare pad wat waarskynlik noodsaaklike en broodnodige voorraad vervoer verkeerd gedoen dat dit geteiken word deur “boosdoeners”?

Juls ·

Dit is ‘n “free for all” deesdae in hierdie land, en die “all” het absolute GEEN waardes, skaamte of gewetens meer nie.

JM ·

Suid-Afrika is besig om in vlamme op te gaan en dan verwag Cyril Ramaphosa dat die buiteland hier sal belê! Hoe blind en naïef kan ‘n mens wees!!

SomeOne ·

maar cr y gaan le in die buiteland of probeer om ander lande se gemors oplos, hy kan nie eers sy “eie” land red van gemors nie

Adam Adriaan ·

Hoop die terroriste kom agter waar die probleem lê en gaan steek Lithuli-huis ook brand. Hoop dan sal die ANC wakker word.

Benita ·

Dit maak my woedend!! As ons durf waag ‘n voertuig aan die brand steek omdat ons kinders vermoor word is dit die grootste sonde ooit!!

Lee ·

Aan die een kant probeer ons n land op bou – en hulle brand af vir geen rede.
Ek eis om te dink waar ons oor 5 of 10 jaar gaan wees.

Andre ·

Soos met geldwaens is dit tyd dat vragmotors ook hulself begin verdedig.

Jaco ·

9 miljoen Suid-Afrikaners, meestal swart, meestal van ramaphosa se “our people”, is werkloos, maar buitelanders uit die res van Afrika wat sommer so oor die grensdraad SA binne stap, kry werk, spesifiek as vragmotorbestuurders. Iets maak nie sin nie.

N ·

n Paar jaar gelede was dit iets vreemd as daar meer as een keer per maand n protes aksie was. Deesdae is daar tientalle betogins per dag oor die land. Meeste van die betogings is agv ongeldige redes. Meestal klomp booswigte en kwaaddoeners wat opgestook word en self nie weet waarom hulle betoog nie. Daar word betoog en vernietig deur die werkloses daarna moet belasting betalers se geld net weer herstel.

Derek ·

Toe die NP in bewind was het die ANC groot kritiek gehad teenoor die NP en hulle blameer vir alles wat verkeerd geloop het, selfs die hoe brandstof prys. Na 26 jaar van bewind lyk dit baie slegter as destyds en is veral misdaad besig om die land lam te le en steeds blameer die regering die vorige regering vir alles verkeerd loop. Gedurende die vorige bewind was misdaad tot die minimum beperk, ontwikkeling was aan die orde van die dag ten spyte van sanksies, die rand was sterk met goedkoop brandstof. Dan maak n ANC politikus die volgende opmerking, ” die ANC is soos n magneet of hulle nou “loot” of nie en of hulle nou dienslewer of nie. Dit maak nou alles sin, die nuwe Suid Afrika brand as gevolg van wetteloosheid en misdaad! Geen respek vir die grondwet en mede mens nie.

Truthful ·

Ons moet nou maar een maal besef. En aanvaar.dat die land Suid Afrika net meer en meer agteruit sal gaan net soos ander Afrika lande…

Nico ·

Waar is die sogenaamde verkeers beamptes, hulle sit in die kantore en slaap. Hierdie soort gedrag sal in die oorsese lande gebeur nie omdat hulle opgeleides mense het.

Blomme ·

En ons eens florerende land sink net verder weg in die sand van armoede en wetteloosheid.

Isabella ·

Wat is ONDUIDELIK ??? WIE is onduidelik mensig ???? Our people!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.