[Foto’s] Taxi ploeg deur motorhandelaar

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Minstens 21 mense is beseer nadat twee taxi’s in Jan Smutslaan in Johannesburg gebots het voordat een van die taxi’s in ʼn motorhandelaar se perseel ingeploeg het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van verskillende nooddienste is omstreeks 16:00 na die toneel ontbied. Volgens Mathe het 21 passasiers ligte tot matige beserings opgedoen.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê altesaam 24 mense is beseer, onder wie ʼn vrou wat vyf maande swanger is. “Die vrou het matige beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Haar ongebore baba is gelukkig ongedeerd,” het Bodasing-Harduth gesê.

Mathe het gesê volgens inligting van omstanders op die toneel is vyf van die handelaar se voertuie tydens die voorval beskadig.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

popeye ·

Kyalami….hulle dink hulle is onaantasbaar hierdie Formule P (power) drywers!

Kobus ·

Minagting van verkeersreels,spoed en gekoopte lisensies…daar is die uitkoms van n Kyalami jaagtog….

Daan Erasmus ·

Ek het simpatie met taxi bestuurders. Taxi eienaars is die sondaars. Eienaars maak die geld. Maar hou nie voertuig in stand nie. Die bestuurder is ‘n werknemer met wrede baas.

Asjas ·

Maak die eienaars hulle ook altyd laat, oor Stop strate en Verkeersligte jaag? Nie by die pad reels hou nie en ander se lewens in gevaar stel?
Net enige plek stop en mense op of af laai?
Ek is seker die eienaar maak hom dit nie doen nie, en meeste keer sit die eienaar agter die die stuur.

pieter ·

Dis omdat hulle soos barbare ry en nie kyk nie .Passasiers moet die drywer en eienaar vd taxis bietjie dagvaar en eise insit teen hulle.

RC ·

Nee Daan ek stem nie saam nie, hulle bestuur onverskillig en dit het niks te doen met die kondisie van die taxi nie, die bestuurders is baie haastig om by hulle eind bestemming te kom, So haastig dat niemand in hulle pad mag kom nie. Dis of iets hulle jaag, miskien die duiwel self.

Daan Erasmus ·

Jy is reg. Maar dit is geld wat hul jaag. Reg of verkeerd. En ‘n tiran vir ‘n baas.

GES ·

Ek dink Daan is reg. Die hoof sondebokke is die eienaars. Ek het 1ste handse inligting oor die kontrole wat eienaars uitoefen. Die bestuurder moet letterlik elke 10 min rapporteer waar hy is en wat hy doen. Daar is natuurlik ook die swak en onbeskofte bestuurders, toegegee. Om die probleem op te los sal by die eienaars begin moet word.

Penellope Jones ·

As mens sien hoe taxi’s mekaar jaag, by mekaar verby vlieg om eerste by die taxi-staanplek uit te kom met die hoop om eerste passasiers te kry, is ek nie regtig verbaas nie.
Hulle druk voor mens in, vlieg voor jou oor die bane op die snelweg, wil sommer van die buitebaan oorvlieg na ‘n ander baan omdat die afrit wat hulle moet gebruik nader kom en hulle nie bereid is om in die korrekte baan rustig te beweeg nie.
Dis ‘n angswekkende ondervinding om naby taxi’s te beweeg op ‘n snelweg!!!
Hulle het absoluut geen respek vir enige ander bestuurder op die pad nie.

Ancara ·

Nerens is iemand meer veilig nie.Belaglik om te dink rowers skiet n werknemer in n restaurant.En daar jaag n Taxi in n motor handelaar in en dat daar weer n swanger vrou teenwoordig was.Dankie tog sy en haar baba en die res van die mense lewe.En wat van die werknemer wat met n klient se motor ook in die koffie winkel ingeploeg het en so die dood van die swanger vrou en haar baba veroorsaak het.Mens moet regtig die Here elke dag Dank as mens veilig by jou huis aangekom het.

piet ·

Stem saam met wat jul mense se om by te voeg di bribes wat taxi drywers betaal daarom kom hul met moord weg ,noudag in jhb spitstyd ry taxis in geel lyne metro jaag hom in met spoed natuurlik ,daarna kry hy sy cut taxi bestuurder stap weg met n lekke smile

RC ·

Ek het hierdie week Stellenbosch toe gery en my kleindogters was by my in die motor toe ‘n taxi ses motors verby gaan waar ons staan en wag vir ‘n robot om na groen oor te skakel. Hy het in gedraai in die baan langsaan wat net ‘n regs draai baan was en verby ons gegaan net om voor ons in te draai en oor die rooi robot te ry. Hy was net vreeslik arrogant wat my betref.

Liewe heksie ·

Ironies dat uit ten minste 30 ongelukke 29 daarvan taxi’s is maar so glo hul mos jy moet net padgee as hul besig is om onskuldige mense se lewe in gevaar te stel

Anoniem ·

Dankie Here, dat U my seën met my eie vervoer sodat ek nie my lewe hoef te waag in ‘n taxi nie. Hou U hand asb oor almal wat die paaie deel met taxis/dronkes/roekeloses, veral dié wat pas hul lisensies gekry het en nog nie soveel ondervinding op die paaie het nie.

Kobus ·

Anoniem jy hoef nie van taxi gebruik te maak om NIE in n ongeluk te wees nie….wees dankbaar vir jou eie vervoer…maar wees alert….ongelukke gebeur onverwags…

Simon ·

Ek het die voorreg om soms oor n naweek te kuier in Volksrust.
Ek weier botweg om So-middag via Standerton terug huistoe te ry.
Rede: By elke liewe aaneen streep op die pad wat wetlik dryers verbied om by verkeer verby te gaan kom daar van agter teen hoge spoed n “ongeluk-vol-met passasiers-wat-n-plek-SOEK-om-te-gebeur” by my verby met nie n verkeers-beampte in sig ooit nie.
As ek so n opmerking kan maak na aanleiding van geheel lukraak keuses van n datum, behoort die betrokke verkeersowerhede tog so veel te meer daarvan op hoogte te wees – tog skitter hulle elke keer in hul afwesigheid op die N3 tussen Volksrust en Standerton op So-middae.
Sou jy nou met jou ouerige motor wat in pad waar digest toestand is waar om deur Standerton te ry heeltemal binne die verkeersreels DAN SAL jy gestop word sodat die zettigheid van voertuig en dryer bepaal kan word, maar buite gedy onwettigehede.
Daarom verkiesing ek n lager maar duidelik veiliger roete via Amersfoort, Morgenson en Bethal en verder huistoe.

wirrim ·

Oee eh eh! Vanoggend weer gesien hoe ‘n minibussie op Allandale van die ‘slegs regs draai’ baan reguit aan voeter en ‘n ongeluk veroorsaak het….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.