Foto’s: Taxi ploeg in winkel in

Altesaam vyf mense is beseer toe ʼn minibustaxi Donderdag in ʼn winkel se muur ingeploeg het (Foto: Netcare 911)

Altesaam vyf mense is beseer toe ʼn minibustaxi Donderdag in ʼn winkel se muur in Ophirton, Johannesburg, vasgejaag het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het laatmiddag op die hoek van Garland-straat en Booysens-weg in Ophirton plaasgevind.

“Volgens berigte het die bestuurder van die minibustaxi beheer oor die voertuig verloor en in die winkel se muur geploeg,” bevestig Herbst.

Paramedici van Netcare 911 is ontbied en met hul aankoms op die toneel het hulle die bestuurder in die minibustaxi aangetref. Hy was in die voertuig vasgekeer en het matige beserings opgedoen. Paramedici en die brandweer moes gespesialiseerde toerusting gebruik om hom uit die voertuig te bevry.

“Nog vier mense het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle is daarna per ambulans na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Niks met spoed te doen nie, onbevoegdheid, enige iets vinnige as stap spoed is al ‘n gevaar.

Nie Verbaas ·

Hulle “besit” mos die paaie en doen wat hulle wil sonder enige oorweging vir mense se lewens wat hulle in gevaar te stel. Kyk hoe baie mense word beseer of is dood in taxi ongelukke.

Brett ·

So nou is die proebleem dat hy heheer verloor het…. Ai shame……. Jy kan beheer verloor as jy by die spoedgrens hou nie.
Takel die proebleem hou op om dit diplomaties te laat klink……. Die taxi doen net wat die drywer doen. Jy kan net heheer verloor oor iets wat sy eie denke het……. Iets waaroor jy nie altyd beheer kan uit oefen nie……….
Hyt gejaag punt!!
Nalatigheid, roekelose bestuur dus ‘n misdryf…..
Hospitaal toe……. hof toe……. tronk toe…. Dus hoe dit hoort……. MAAR NEE…….. dit moet geld vir ALLE misdrywe. Groot klein maak nie saak nie.

Debby ·

Was daar darm n stuurwiel en nie n vicegrip in sy plek nie…

Pieter ·

Los ons vuurwapens en maak die taxis minder. Hulle vir oorsaak meer sterftes as vuurwapens

JohanR ·

Waaneer gaan taxi bestuurders eendag leer hoe om te bestuur!

Sambok ·

Die klomp beweer mos dat hierdie dinge gebeur as gevolg van hulle werksomstandighede-alles en almal kry die skuld behalwe hulle-ga

Magda G ·

Die bestuurder het seker weer gejaag. Nou is hy sonder wiele.

Nico ·

Alweer die verskoning, het beheer verloor, wat ‘n groot klugspel is. Die taxi’s ry mos net soos hulle wil,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.