[Foto’s] Taxi-staking: Motorfietsryer ernstig beseer

Foto: Twitter via @Ewnreporter.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het Donderdag gesê die taxi-staking wat wydverspreide chaos op Gauteng se hoofweë veroorsaak het, moes beter deur die owerhede hanteer word.

“Volgens berigte is sommige taxi’s al van 03:00 af besig om paaie te versper. Die vraag moet gevra word hoekom dit toegelaat is?” het die AA gesê.

Die AA het motoriste wat deur die stakings geraak is aangeraai om die areas ten alle koste te vermy. “Indien jy êrens vassit moet jy so kalm as moontlik probeer bly. Die eerste reël is om jouself nie in ʼn situasie te plaas waar jou veiligheid in gedrang kom nie. Gebruik sosiale media om die vordering van die staking dop te hou. Ons maan ook alle werkgewers om in gedagte te hou dat dit nie vir alle werknemers moontlik is om vandag by die werk uit te kom nie.”

Die AA het verder sy kommer uitgespreek oor die wyse waarop die taxi-organisasie Santaco sy planne met die publiek gedeel het. “Santaco het net genoem dat hy ʼn memorandum aan die direkteure van South African Taxi Finance in Kerkstraat in Midrand gaan oorhandig. Die boodskap is misleidend. Hulle moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die chaos wat vandag op die paaie losgebars het,” het die AA gesê.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het intussen aan Maroela Media gesê ʼn man is omstreeks 08:00 ernstig beseer toe sy motorfiets ʼn groot klip wat glo deur stakers in die pad geplaas is, getref het. “Die man is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Dollman gesê. Die voorval het op Allendaleweg plaasgevind.

Intussen kom daar steeds wydverspreide chaos op die paaie voor met taxi’s wat steeds talle kruisings en paaie versper.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

75 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tilla

Poging tot moord.

Dirk Breytenbach

Stakings op hierdie skaal grens aan sabotasie. Wat van die regte van nie-stakers?

Louese

Ek persoonlik dink daar moet drastiese stappe teen die taxi vereeniging geneem word hoekom moet daar toegelaat word eerstens om die hoofweë af te sper dit is nie die eerste keer en sal ook nie die laaste wees nie die land is in chaos gedompel en ons intillegente regering doen absolute niks daar omtrent nie

Piet Pompies

Die staking gaan oor die buitensporige pryse van nuwe Minibus Taxis wat volgens die wet voorgeskryf moet word vir gebruik. Die Sesfikile Toyota Taxi kos R401 000. Dit beteken vir enige persoon, besigheid of instansie wat ‘n nuwe Taxi op die wil sit kos dit R401K. Of jy nou kontant koop, huurkoop of die geld leen, die bedrag moet verhaal word. In kort, op huurkoop is dit omtrent R9K per maand sonder versekering. Werk maar gerus uit hoeveel keer moet jy op ‘n dag ry om R9K se wins per maand te maak, uitgesluit jou brandstof koste. Ek keur nie… Lees meer »

Astrid

Ek verstaan die is nie die regte platform om my navraag te rig nie maar ek kry nêrens anders antwoorde nie – ek wil graag weet hoe gaan dit ons vanmiddag affekteer opad huis toe? Soos ek verstaan is die staking tot en met 15h00 ”goedgekeur” en sal hopelik teen dan afgehandel wees maar hoe affekteer dit die paaie daarna??